Regering gaan appelleer teen Aarto-beslissing

Fikile Mbalula, minister van vervoer (Foto: Twitter / @MbalulaFikile)

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het bekend gemaak dat die regering sal appelleer teen die  hooggeregshofbeslissing dat die omstrede Wet op die Administratiewe Beregtiging van Padverkeersoortredings (Aarto) ongrondwetlik en ongeldig is.

Mbalula het die aankondiging Dinsdagoggend gedoen tydens die bekendmaking van die jongste padsterftes.

“Aarto is die laaste stuk van die legkaart in die inwerkingstelling van ʼn nuwe padverkeerbestuurstelsel deur die demokratiese staat. Die belangrikheid van Aarto in die verandering van motoriste se bestuursgedrag en wat onbetaamlike gedrag ontmoedig, kan nie genoeg beklemtoon word nie.”

Die Pretoriase hooggeregshof het Aarto én die Wysigingswetsontwerp op Aarto verlede week as geheel ongrondwetlik en ongeldig verklaar.

Aarto sluit in ʼn strafpuntstelsel vir motoriste en het onder meer ten doel om minder ernstige verkeersoortredings aan administratiewe prosesse te onderwerp, terwyl die hof steeds strafregtelike verkeersoortredings sal hanteer.

Aarto is al langer as 10 jaar as ʼn proeflopie in Johannesburg en Pretoria van krag en sou op 1 Julie vanjaar landwyd in werking getree het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Kobus ·

Ag aarde, hy is darem lief om geraas te maak. Beveel aan hy lawaai minder en werk meer

Kortbroek en plakkies ·

Ek hoop dat as die appel onsuksesvol is die minister persoonlik verantwoordelik gehou sal word vir al die onnodige kostes. Darem te maklik om ons belastingbetalers se geld te mors.

Swerwer ·

Nie Demokratiese Staat nie Mbalula maar ‘n kommunistiese staat. Spits jul eerder daarop toe om wet en orde af te dwing op die ANC Kader en ons land weer te probeer normaliseer.

Dirk Mostert ·

Nog beter. Maak seker hy en al die kaders is ingeent (nie placebo’s nie).

Marius ·

Natuurlik sal daar geappeleer word. Die staat erken nie die gesag van sy eie howe en regstelsel nie. Die aarto stelsel is dood gebore en nou moet dit kunsmatig aan die lewe gehou word.

Dirk Mostert ·

SAA was nie doodgebore nie. Die ANC het dit vermoor.

Jack ·

Korreksie: hulle kan aan niks beter dink om te doen nie. Daar is eintlik ‘n magdom dinge wat daarna smag om beter gedoen te word.

Dr Pieter ·

Ondemokratiese wetgewing wat allerlei regte wegneem in ‘n “demokratiese” staat?
Die stukke pas nie mooi in hierdie “legkaart” nie.

Genis ·

Fikile Mbalula- gebruik ons belasting betalers se geld om die Taxi industrie mee te paai…. O ja Taxi’s is mos ook gevrywaar dan nie?

Andries ·

Leer die oningeligtes motor bestuur, laat die lui verkeersmense hul werk doen en nie onder bome slaap nie, beboet die roekelose taxi’s en verwyder al die korruptes wat omkoopgeld aanvaar voor jy nog ‘n geldmaakskema laat PROBEER werk.

henndrik ·

Ek het nuus vir jou minister Mbalula, die probleem met die huidige padsterftes het niks met die wet as sulks te doen nie. Die huidige wet moet net streng toegepas word. Mens sien daagliks bestuurders met groot vinnige karre en taxis wat alle padreels verontagsaam soos verbysteek teen ‘n sperstreep (want wat hulle nie kan sien nie is nie daar nie) want hulle weet nie hoekom die streep daar is nie (en ook die mense wat dit aanbring nie), stopstrate en verkeersligte word ge-ignoreer, selfs deur die polisie en verkeersafdeling.

Samuel ·

Slegte verloorder. Sy appèl gaan baie belastingbetalersgeld kos. Miljoene.

JohanR ·

Suprise suprise…..dis al wat hulle kan doen…..appeleer!

Suzette ·

So nou gaan mors julle nog van die belastingbetalers se geld! Julle dink dis ‘n bodemlose put – wat gaan gebeur is dit ook die dag opdroog?

Pieter ·

Tyd dat julle sleg anc menisters self vir julle regskoste betaal. Nou moet ons die belasting betaler betaal want julle dink julle is slim.

Blikkies ·

Ag hou Asseblief tog net op. Dit werk nie, watter deel daarvan verstaan jy nie!!!

Pietertjie ·

Ek wag nog vir die dag dat die regering teen homself gaan appelleer.

Anoniem ·

Dit moet darem baie moeilik wees om te weet jy moet iets doen, maar is nie verstandelik daarvoor toegerus nie?

Nico ·

Dit is die enigste manier hoe die regering kan geld maak, omdat die ANC regering bankrot is.

Charl ·

Kan en wil maar net nie mag verloor anders is hy magte(loos) nes hy brein(loos) is !

Klip ·

Watter demokratiese staat,Mbalula? Wys vir ons die staat en sy reels asb.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.