Covid-19: Absa-personeel in kwarantyn

Universiteit van die Witwatersrand

Van Absa se personeel is in kwarantyn by die huis nadat hulle in kontak gekom het met ʼn Spaanse kontrakteur wat moontlik die koronavirus onder lede het.

Absa sê Donderdagoggend in ʼn verklaring die kontrakteur is sedert Dinsdag op hul perseel in Johannesburg. “Die kontrakteur het by ons gesondheidsafdeling by die Absa-Toring-Wes met griepsimptome aangemeld. Op grond van sy simptome het ons mediese personeel hom onmiddellik gehelp om te toets vir Covid-19, in ooreenstemming met die nasionale riglyne, en hom aangeraai om homself in kwarantyn te plaas,” sê die bank.

Absa sê hulle hou die situasie fyn dop en let veral op vir enige simptome wat personeel mag toon. “Die personeel wat in kontak met die kontrakteur gekom het, is reeds geïdentifiseer en hulle is as voorsorgmaatreël onder kwarantyn in hul huise geplaas.”

Absa sê die geval is reeds by die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) aangemeld en die uitslae van die Spanjaard se toetse behoort binne die volgende twee dae bekend te wees. “Die stappe wat ons gedoen het, is bloot voorsorgmaatreëls om ons werknemers en hul families te beskerm”.

Intussen is die fakulteit van gesondheidswetenskappe by die Universiteit van die Witwatersrand óók gesluit nadat ʼn studente in kontak was met ʼn persoon wat positief  vir die virus getoets het. Die universiteit sê in ʼn twiet die student toon nog geen simptome van die virus nie, maar word gemonitor. “Die student is reeds getoets en die uitslae van die toets word later vandag [Vrydag] verwag,” skryf die universiteit.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Jack ·

Waarom neem dit DAE om vir die virus te toets????? Kan daar nie onmiddelik n uitslag wees nie??????

Anton ·

Want dit is hoe dit met virusse werk. En 48 uur max is eintlik vinnig. Meeste voorlopige uitslae klink my is binne 12 ure beskikbaar…

Juliet ·

Daar is ‘n verskil tussen “isolasie” en “kwarantyn” – Die berig moet eerder lees: ABSA personeel onders self-isolasie?

Bella ·

Isolasie is ‘n anglisisme. Die regte woord daarvan is soos Johan sê: afsondering en dit is tog wat kwarantyn is, jy word afgesonder.

Madeleine ·

Die kon gekeer word as ons Regenering van die begin af seker gemaak het GEEN mense wat getoer het na ander lande (waar die virus is) nie in kom ons land.
Kyk waarmee sit ons nou :(

BoerSonderRoer ·

Meer mense is al in SA vermoor hierdie jaar as wat wereld wyd aan covid-19 gesterf het.

Anton ·

Ons sit waarmee die hele wêreld sit… en ons sit met hoe sulke virusse maar werk. Die regering en NICD doen baie goed. Just saying

Anton ·

Nee dit kon nie gekeer word nie. Die simptome binne die inkubasietydperk maak dit haas onmoontlik. Doen moeite en lees ‘n paar goeie verslae vanuit mediese kringe. Ingeligte kennis uit professionele oorde help teen massahisterie, aannames en oordrewe negatiwiteit

Sean ·

Ons is afhanklik van onbevoegde personeel om ons teen die virus te beskerm

Strandloper ·

Halllloooooo hul is dan self siek…hoe anders verduidelik mens hul optreedes?

netekalleen ·

wat is die normale tyd in ander lande om die toets uitslae te kry? want soos als in ons land gaan gaan daar delays wees en loadshedding gaan ook seker die proses nog meer vertraag

Adele ·

Soos ek verstaan is die eerste 14 dae die aansteeklike stadium en aangesteekte mense het eers van dan af simptome. Daar is dan mos geen manier om mense hierteen te beskerm nie? Ons sal op die trant glad nie die ding kan keer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.