Ace raadpleeg regspan, lasbrief verwelkom

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC (Foto: Simphiwe Mbokazi/African News Agency/ANA)

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, gaan sy regspan raadpleeg nadat dit Dinsdag bekend geword het dat ’n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik is.

Pule Mabe, woordvoerder van die ANC, sê Magashule het reeds sy regspan versoek om die geldigheid van die inhegtenisneming by die betrokke owerhede vas te stel.

“Die sekretaris-generaal het by meer as een geleentheid gesê hy sal sy samewerking verleen in enige proses wat deur wetstoepassingsagentskappe onderneem word.

“Die ANC sal hierdie verwikkelinge noukeurig dophou en dienooreenkomstig verslag lewer, sou dit nodig wees.”

Hoewel Magashule nog nie in hegtenis geneem is nie, is ’n lasbrief onderteken vir aanklagte van korrupsie wat met die asbes-saak verband hou. Die lasbrief word vanuit verskeie oorde verwelkom.

Volgens John Steenhuisen, DA-leier, het Leona Kleynhans, DA-lid van die Vrystaatse provinsiale wetgewer, die saak vanaf 2015 onverpoos voortgesit waarna sy in Mei strafregtelike klagte teen Magashule ingedien het.

“Die [lasbrief] is ’n oorwinning vir die DA, maar belangriker, dit is ’n oorwinning vir Suid-Afrika.”

Steenhuisen sê verder dit is hoog tyd dat korrupte ANC-kaders die volle mag van die wet die hoof moet bied en tronkstraf opgelê word, sou hulle skuldig wees aan korrupsie.

“Dit beteken die wiele van geregtigheid draai, hoewel baie stadig,” meen dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, op sy beurt.

“Ondervinding het nogtans geleer dat wanneer die eerste domino in ’n ry val, die ander vinnig daarna volg.”

Die burgerregteorganisasie AfriForum het aangedui dat sy privaat vervolgingseenheid die saak sal monitor. “Ons hoop dat die vervolging van Magashule geregtigheid sal laat geskied en daarom sal die privaat vervolgingseenheid die saak ook nougeset volg,” sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.

Maroela Media het vroeër berig Magashule word ondersoek vir sy beweerde rol in die toekenning van ʼn R255 miljoen-kontrak om ʼn oudit van asbesdakke in die Vrystaat te doen. Die tender is tydens Magashule se termyn as Vrystaatse premier toegeken, maar dit is glo op bedrieglike en korrupte wyse gedoen. Dit was bedoel om asbesdakke in die Vrystaat te identifiseer en te verwyder, maar die nodige omsigtigheidsproses is nie gevolg nie.

Die omstrede sakeman Edwin Sodi en verskeie ander vermeende betrokkenes is reeds in verband met die kontrak in hegtenis geneem. Sodi se Blackhead Consulting en oorlede Igo Mpambani se Diamond Hill Trading 74 het die kontrak in 2014 losgeslaan.

Magashule sal na verwagting Vrydag in die Bloemfonteinse landdroshof op die aanklagte teen hom verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Spyker ·

Dit sal nou interesant wees om te sien hoe hy gaan beskerm word deur sy kaders in die sisteem

Sarel ·

Uitstel op uitstel tot daar niks van kom nie , of hy gaan een of ander siekte opdoen.

JohanR ·

Kan lesers asseblief bydra…..ek wil vir Ace ‘n gholfsak en stokke koop. Sy handicap? Hy is ‘n loopende handicap!

Snowball ·

Ek hoop dis dieselfde regspan wat Pieter-Louis Myburgh oor sy boek sou aanvat….. Ace, ek sien tralies in jou toekoms…

Strandloper ·

Man, man kan nie wag vir sy foto waar hy deur tralies loer nie!

Persheks Adri ·

Dit sal nou wragtag pragtig wees Strandloper ek kan nie wag nie jong!

Nie Verbaas ·

As ek n lasbrief teen my sou kry was ek direk agter tralies en moes vir borgtog aansoek doen. Nou wat is nou die verskil? Mnr mag homself by hof oorgee. Te lekker.

OW ·

As jy lid is van die groot ses,is die kanse ‘n ronde nul dat daar iets van gaan kom.

Andre ·

Nee wat ek sal nie my asem ophou nie.Hy sal met sy regspan alles uithaal om tyd te wen wat jare kan neem want ons belaglike regstelsel laat dit toe.Zuma het hom inderdaad mooi geleer hoe om die regstelsel te manipuleer.Kom ons kyk oor ‘n jaar waar die saak is.

Wondermaarnet ·

Hy gaan nou speel vir tyd soos die res van sy kaders en oor 15 jaar het hy steeds nie verantwoording gedoen nie.

Persheks Adri ·

Hoekom die geldigheid na gaan Ace? Is jy bang? O ek hoop jy sweet waar jy is en oranje gaan tog wragtag pragtig aan jou lyk! My tone krul al om jou pakkie te koop ek kan nie wag nie. Hoop ons kry ‘n vroeë kersfees met jou inhegtenisneming

Connie ·

ja wonder ek ook, malema sin is ook wit. Is hulle bang hulle eie mense kan hulle nie verdedig nie. of nie slim genoeg nie. Wens net al die wit regspanne wil hulle nie help nie.

Snowball ·

@Adriaan – Komies hoe vinnig BBEE by die venster uitwaai as hulle eie agterente op die spel is. ;-)

Natasha ·

Ek is jammer, maar ek het geen vertroue dat geregtigheid gaan geskied nie. Hoekom word hy nie geskors sonder salaris tot na die ondersoek nie. Sy salaris kan dan na die staatskas gaan om ons sukkelende ekonomie te help.

Suzette ·

Afriforum julle moet die saak met arendsoë dophou want ek kan julle verseker hierdie ou gaan alles doen om nie “skuldig” bevind te word nie. Stem saam met Sarel – uitstel, uitstel, uitstel, siek, vry, gholfbaan

Connie ·

Adriaan ek het myself ook daai vraag gevra. Hoekom kry hulle elke keer wit regspanne, en nie hul eie regspanne nie. Is hulle bang hulle verloor met hul eie mense.

Derek ·

Ons kyk die fliek en sien wat gebeur, geregtigheid sal geskied teenoor almal wat die ongeregtigheid nagejaag het.

Chris ·

Soos die Ingelse sal se, dit is nou “window dressing” as jy dit al gesien het. Ace het ‘n Joker in sy mou wat almal gaan fnuik flous en pypkan. Ons verstaan nie die Afrikaan se politiek nie. Ons weet nie hoe dit werk nie. Ons moet ook nie probeer nie. Dit is Afrika hierdie.

Anoniem ·

Ek is so bly die wiele begin nou te rol. Wat van Zuma, Carl Niehaus en CR ook!!!

J ·

Die AANKONDIGING van Magashule se arrestasie op die dag voor die tussen verkiesings is VERDAG!

ANC rampokker regime PROPAGANDA?

Publisiteitsfoefie!

Daar gaan niks van kom nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.