Ace vandag in hof

Ace Magashule, beleërde sekretaris-generaal van die ANC. (Foto: Twitter)

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, sal Vrydag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op die aanklagte van korrupsie teen hom.

Dít nadat ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming vroeër vandeesweek uitgereik is.

Busse vol ondersteuners het reeds deur die loop van die nag hul weg na die Rosestad gemaak vir Magashule se eerste hofverskyning.

Magashule het vroeër gevra dat geen optogte op dié dag by die hof gehou word nie, asook dat geen T-hemde met sy naam daarop gedruk word nie.

Magashule word ondersoek vir sy beweerde rol in die toekenning van ʼn R255 miljoen-kontrak om ʼn oudit van asbesdakke in die Vrystaat te doen. Die tender is tydens Magashule se termyn as Vrystaatse premier toegeken, maar dit is glo op bedrieglike en korrupte wyse gedoen. Dit was bedoel om asbesdakke in die Vrystaat te identifiseer en te verwyder, maar die nodige omsigtigheidsproses is nie gevolg nie.

Die busse waarmee ondersteuners aangery is. (Foto: Carl Niehaus/Twitter)

Die omstrede sakeman Edwin Sodi en ses ander vermeende betrokkenes is reeds in verband met die kontrak in hegtenis geneem. Sodi se Blackhead Consulting en oorlede Igo Mpambani se Diamond Hill Trading 74 het die kontrak in 2014 losgeslaan.

Maroela Media het vroeër berig die saak oor die omstrede Vrystaatse asbes-ouditkontrak is tot volgende jaar vir verdere ondersoek uitgestel.

Die saak sal nou eers weer op 19 Februarie aangehoor word.

Die sewe beskuldigdes se borgtog is tot dan verleng. Die moontlikheid bestaan dat nog drie verdagtes by die lys van beskuldigdes gevoeg kan word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Dup ·

Nou wonder ek net,wie dra die koste vir al die luukse busse….? Waar kry die mense die tyd en geld om sulke aksies te loods?

Persheks Adri ·

Ons betaal natuurlik hoe dan anders Dup. Maak mens naar hoor

Androclus ·

Vra maar net seker van daardie miljoene van 10 % van mr 10%

Persheks Adri ·

Oe ee ee hulle gaan behoorlik toi toi vandag die klomp narre pffft maak my moeg tot my moeg is moeg vir die man pffft

ES ·

Ondersteuners word sommer met busse aangery. Dis darem maar lekker om ‘n “Hire-A-Crowd” tot jou beskikking te kan he…

Terloops, as hulle net hul werk gedoen het (tender bedrog of te not), dan sou hierdie hom nie so aan die bas kom byt het nie.

Ek hoop daar word van hom ‘n voorbeeld gemaak.

Rina ·

Ek sal dit glo wanneer ek sien hy word onthef van sy pos in die ANC EN hy gaan regtig tronk toe. Tot dan …. Jammer

Derek ·

Almal wat hom ondersteun bewys maar net hul eie skuld en deelname aan korrupsie en bedrog. Hierdie saak bewys net weer hoedat politici dink hulle is verhewe bo die wet en verstaan nie hul eie wette, demokrasie en die grondwet. Die meer skokkende feit is dat hulle die voorbeeld moet stel en dat juis hierdie leiers Suid Afrika in onguns bring. Korrupsie is niks anders as n gebrek aan kennis omdat hulle glo hulle kan maar opdragte uitgee omdat hulle politieke leiers is. Hierdie tipe van gedrag is n algemene gesig in SA en n meulsteen om die nek van ontwikkeling. Dit is hoekom baie mense nog nie sekere dienste het nie, die verhaal van onverantwoordelike leiers wie gevul is met eie belang en voorgee om om te gee vir die mense van SA.

Misky ·

Hy sal darem goed lyk in oranje. Ek hoop en bid daai dag breek vinnig aan

Maggies ·

Nog ‘n sirkus. Ek dog hy het gevra vir geen optogte.
As ‘n storie soos dié plaasvind weet ek hoeveel dit nou weer gaan kos om die stad weer op te ruim na vandag.

Smirre ·

en natuurlik word saak uitgestel, later weer uitgestel, later weer, en so gaan dit aan net soos Jakob se saak.

Susan ·

Ondersteuning vir diewe!!Wys net die mentaliteit van die klomp , dis ‘n saak vir die hof om te besluit nie die massas nie !

Heinrich ·

Dit gaan my verstand te bowe dat mense ondersteuning kan toon aan iemand soos Ace se waardestelsel; mens sou tog dink dat iemand met integriteit landsake moet hanteer. Hoop die busse is vooraf betaal…

Oom Hennie Pennie ·

En die saak word uitgestel, uitgestel, uitgestel en dan wanneer al die stof gaan le afgestel en uitgegooi.

LANA is ELANè ·

Net in Afrika veg mense vir die behoud van korrupte leiers, gaan my verstand te bowe, meeste van die mense het skaars lopende water maar ai, hulle bly stem vir hul party en sal selfs ‘n dag se loon opoffer om die gereg te forseer om anderkant toe te kyk as dit by hul swak korrupte leiers kom ????

Deon ·

Ek dink baie van hulle het juis hul dag se loon daae verdien

LiveAndLetLive ·

Wie se busse is dit, nuwe duur busse en deur wie is dit gereel?
Arme Bloem loop nou weer deur.
Dit raak so belaglik. Hierdie land is belaglik.

Bregterblom ·

Sien nou op die nuus dat almal wat so aangery is, lekker saamdrom sonder maskers of enige benul van afstand. Tipies van die dissipline en toepassing van reëls in die ANC!!

Cornelius ·

Dis alles net n vertoning. Niks gaan van sy saak kom nie. Ou Cyril moet nou maar baie versigtig wees.

Jaco ·

Die ANC se sekretaris-generaal is in ‘n hof wat deur die ANC regering beheer word met die minister van justisie wat n senior ANC lid is en wat definitief vir Ace baie goed ken. So dis mos nou logies dat daar niks van die klagte teen hom gaan kom nie. Sekerlik kan dié hele ding intern in die ANC huis opgelos word.
Wat net so vreemd is, is dat die ANC beheerde eskom ANC beheerde munisipaliteite se krag afsny. Hoekom doen die ANC dit aan die ANC? Dis alles goed wat die ANC intern kan hanteer, afskryf en oplos.

Hennie ·

En nog steeds stem hulle vir die korrupte en kriminele ANC… Darem lekker om jouself met belastingbetalers se geld te beskerm TEEN bdie belastingbetalers…. Net in Afrika.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.