Adjunkburgemeester skuldig bevind aan hond se skietdood

Die adjunkburgemeester in KwaZulu-Natal wat sy lyfwagte opdrag gegee het om ʼn hond te skiet, is saam met een van die lyfwagte skuldig bevind aan die misdaad, het die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) Vrydag gesê.

Adjunkburgemeester Philani Ntombela van die Mthonjaneni- plaaslike munisipaliteit en sy lyfwag, Bongani Shabalala, is Dinsdag skuldig bevind nadat hulle in November 2017 ʼn hond verskeie kere in Melmoth geskiet het.

Volgens die NDBV is Ntombela gevonnis tot ’n boete van R4 000 of ses maande tronkstraf waarvan die helfte vir vyf jaar opgeskort is. Shabalala, wat die hond geskiet het, is tot ’n boete van R2 000 of ses maande tronkstraf gevonnis wat vir vyf jaar opgeskort is. Die vonnisse is opgeskort op voorwaarde dat die mans hulle nie weer aan die aandoen van onnodige leed aan diere skuldig maak nie.

Ntombela se ander lyfwag, Halalisani Biyela, is ook destyds aangekla, maar nie skuldig bevind nie.

Meg Wilson, woordvoerder van die NDBV, het gesê die vereniging is tevrede dat die adjunkburgemeester en die skieter skuldig bevind is. “Dit is hoog tyd vir die mense van Suid-Afrika om te verstaan dat dit nie saak maak wie jy is as jy diere leed aandoen nie. Jy sal die mag van die gereg voel,” het Wilson gesê.

“Ongelukkig kom vonnisse nie naby aan die lyding wat die hond moes deurmaak nie, maar twee mans, waarvan een ʼn hoë politieke amp beklee, het nou ʼn kriminele rekord.”

Maroela Media het vroeër berig beeldmateriaal van die voorval het destyds op sosiale media aan die lig gekom vyf dae nadat die hond geskiet is. ʼn DBV-inspekteur van Eshowe het vinnig op die klag gereageer nadat hy van die voorval in kennis gestel is. Die hond is lewend met verskeie skietwonde aangetref.

“In die video word ʼn hond wat aan ʼn paal vasgemaak is, herhaaldelik geskiet,” het Wilson gesê.

Die NSPCA het gesê die saak het hulle meer as R30 000 uit die sak gejaag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Msp ·

Baie dankie DBV vir julle opted teen die onskuldig diere moordenaars.

Hanna Hoekom ·

Verstaan ek nou reg: n adjunkburgemeester met n LYFWAG? Waarvoor is hierdie mense dan bang? Dalk hul eie mense? En sover die vonisse betref: die howe het hul tyd gemors. Hierdie ouens rol mos in die geld.

Trol ·

Jy lees verkeerd. Met minstens twee lyfwagte. Meg Wilson, R250 000 boete maar verkieslik vyf jaar tronkstraf sonder parool sou ideaal gewees het.

Herman G ·

Dit se baie van Suid Afrika dat ‘n adjunk burgermeester lyfwagte het!

SkofDrie ·

Tax payers betaal vir hierdie lyfwagte, en hulle almal kry wapens..gaan vir my lyfwagte kry, sodra ek dit kan bekostig.

Petro ·

Ongelooflik! Opgeskort. Die straf vir mishandeling van diere is te lig. Mense wat net die verkeerde word gebruik gaan tronktoe vir 3 jaar. Hoe kan die wette en vonnisoplegging van diere mishandeling aangespreek word en die straf swaarder gemaak word?

Nita ·

Vasgemaak en herhaaldelik geskiet???? En hulle kry n boete van R4000 en R2000. Dit is n grap. My hart is seer dat die hond die lyding moes deurgaan.

Boerboel ·

Hierdie goed maak my baie Kwaad. En die straf? nee wat dit gaan niemand afskrik nie. Teminste 10 jaar in die tronk

ne ·

Nou moet julle weet as hulle honde so behandel, hoe gaan hulle mense behandel?

Helene ·

Wat ‘n grap van ‘n boete! Ten minste 10 jaar tronkstraf! Hierdie land is regtig ‘n grap. Regstelstel is ‘n grap ens!!

Pampoen ·

Deel van hulle strafing moes wees om die Diere te gaan vetsorg en te sorg dat hulle geld en kos vir die dbv in gesmelt het

Netso ·

Geen aanklag van vuur van ñ vuurwapen in beboude gebied ? Dis absurd, wat ñ grap! Ag nee sies SA

Tammy ·

Pateties, sies dis n skande, wat se straf is dit? Ek wens ek kon n afspraak met die regter kry en hom/haar net vra om te verduidelik waarom so n wrede teregstelling nie behoorlik gestraf word nie. Neewat dis n skande sies man!!!!!!!!!!!! Hoe kom jy by so n swak straf uit, wat is die merite daarvoor?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.