AfriForum het met regstappe teen die SAPD begin om koste en uitgawes verbonde aan ʼn dringende uitsettingsaansoek in 2018 te verhaal.
Dit volg nadat die polisiediens versuim het om sy pligte na te kom tydens ’n grondgryp wat naby Onderstepoort in Pretoria plaasgevind het.
Die SAPD het in Augustus verlede jaar geweier om dr. Motodi Maserumule by te staan om betreders in hegtenis te neem wat sy grond wederregtelik betree het en begin het om bousels op te rig.
Maserumule het AfriForum genader, waarna die organisasie ’n dringende hofbevel bekom het wat gelas het dat die betreders verwyder word en die SAPD die balju daarmee behulpsaam moet wees.
’n Mandaat is toe deur Maserumule en AfriForum aan die Rooimiere gegee om die betreders se bousels te verwyder. Maar die koste daaraan verbonde beloop sowat R600 000; dit is die koste wat AfriForum nou van die polisie wil verhaal.
AfriForum maak van die daargestelde litigasieroetes gebruik om die SAPD en sy individuele lede vir hul versuim verantwoordelik te hou, sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.
“AfriForum sal aanhou om die nodige stappe te doen om wetstoepassingsowerhede, en enige ander liggaam of persoon wat grondgrype duld en hul pligte verontagsaam, te verplig om aan hul mandaat te voldoen, asook om die verontregte party te vergoed vir uitgawes wat aangegaan is, maar verhoed kon word.”
AfriForum sal regskoste wat gevorder is, aanwend om verdere grondgrype mee te beveg.
“Hierdie soort stappe moet toenemend gedoen word om te verseker dat die toepaslike owerhede persoonlik aanspreeklik gehou word as hulle hul plig versuim,” sê Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
32 Kommentare
Asb opregte Suid Afrikaners. Ondersteun die aksies. Maak nie saak vir wie jy stem, die tipe aksies gaan vir ons baie beteken in toekoms
Dankie Gerrie Nel, jy is die beste wat afriforum nog kon kry, hoekom dink julle gebeur al die deurbrake, n ” Genius”
Roei en tap die comrades en kaders.
Mooi so afriforum darem iemand wat vir ons opstaan
Verstaan ek reg dat die geld verhaal sal word teen individue en nie uit die staatskas (ons belastinggeld)? Dis dan wanneer mense eers reg sal begin optree, ook op skolevlak ens.