AfriForum vandag in hof oor aandklokreël

Nkosazana Dlamini-Zuma. Foto: @SAgovnews/Twitter

Die burgerregteorganisasie AfriForum se regspan sal Dinsdag ’n dringende aansoek in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria bring om die nasionale aandklokreël tersyde te laat stel.

Dit volg nadat dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, geweier het om te reageer op AfriForum se eise om die bewyse agter die aandklokreël te verskaf.

Die hofsaak gaan Dinsdag om 10:00 virtueel aangehoor word.

AfriForum se regspan het op 15 November ’n aanmaningsbrief aan Dlamini-Zuma gestuur waarin die organisasie aanvoer dat die voortdurende implementering van die aandklokreël as deel van die nasionale ramptoestand irrasioneel en ongeregverdig is. Suid-Afrika is sedert 15 Maart 2020 in ’n ramptoestand.

Die minister is versoek om op 19 November voor die einde van die werkdag op die brief te reageer, wat sy toe versuim het om te doen.

In die brief aan die minister het AfriForum die volgende versoek:

  1. Dat redes skriftelik verskaf moet word oor waarom daar ’n nasionale aandklokreël ingestel is sowel as bewyse ter ondersteuning van die doeltreffendheid van die aandklokreël as voorsorgmaatreël teen Covid-19.
  2. Dat die dokumente en ondersteuningsdokumente, deskundige verslae, bewyse en data wat die besluit om ’n aandklokreël in te stel ondersteun, beskikbaar gemaak moet word .
  3. Dat die implementering van die nasionale aandklokreël summier beëindig moet word.

Volgens Jacques Broodryk, bestuurder van veldtogte by AfriForum, is die aandklokreël en ’n ses maande lange kriminele sanksie wat vir die oortreding van dié reël opgelê kan word, irrasioneel, onwettig en ongrondwetlik en behoort dit hersien en tersyde gestel te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Quito ·

Sy het nie ‘n idee wat ‘n horlosie (watwou nog ‘n kalender) is nie, nog minder weet sy wat respek en eerlikheid is. Hoe praat ‘n opgevoede mens met so iets?

Alfred E Neuman ·

Ek weet nie waarom mense hulle aan dié arbitrêre magsbesluite van onbevoegde ongeletterdes steur nie.

Johnny ·

It’s mad, mad world . . .
Ek stem saam. Ons moet in ons massas hierdie onsinnighede boikot.

Pieter ·

Daar is klaar vir daai regter gese wat om te doen. Die brein dood anc maak net soos hulle wil

nikkel ·

Ondeurdagte onsinnige reëls soos die, maak dat mense naderhand begin om ook alle ander nodige maatreëls te begin minag.

Johnny ·

Geen van hierdie maatreëls is werklik nodig nie. Daar is oorweldigende getuienis dat hulle geen effek het nie. Ongelukkig sal jy nie hierdie feite in die hoofstroommedia sien nie.

bobmartin ·

Is daar ooit maatreels in die land as daar die is wat die maatreel opstel dit minag?

Stephen ·

Die regering is in my magsposisie met die “ramp toestand” wat nie vinnig sal eindig nie. Hulle speel met ons lewens en lag daar oor. Die aandklok reël betek hulle kan minder tyd spandeer om kriminele aktiwiteite te bekamp en meer groot nuus Skouspelle maak van aandklok reël oortreerders. Die enigste manier om hulle te stop is elke keer hof toe te gaan….. Maar met die ramp toestand kyk mense nie ernstig na die korrupsie sake nie……

Dirk Mostert ·

Die aandklokreel is wel voordelig vir nagtelike misdadigers.

Tersia ·

En vir die shebeens wat mens se lewe ondraaglik maak met hulle deurnag gedoef-doef.

Frank ·

Sy moet daai kopdoek afhaal sodat haar verstand, as sy het, bietjie kan asemhaal.

Tanniepetoors ·

Daar is regtig geen regverdiging meer vir die aandklokreël nie. Die probleem lê ongelukkig by “our people” en shebeens.

Yolandie ·

Maar dit is nou juis die probleem, die mense wat gestraf word is die mense wat by die belaglike reëls hou. Mamelodi het nog nie een dag se ramp reëls toegepas nie.

Koos Kookwater ·

Hulle (kopdoek) is magsbehep. Wil ons soos puppets beheer

Anel ·

Daar is in elke geval geen rede meer vir die ramptoestand in sy geheel nie. As al die goed wat hulle implementeer gewerk het, van aandklokreël tot maskersdra, moes niemand meer siek geword of dood gegaan het nie. So, ek sou sê, hef alles op en gaan normaal aan met die lewe.

Truman Burbank ·

Ongelukkig het die “ramptoestand” aspekte van die ekonomie totaal geruineer. En mense van hul reg om n lewe te maak permanent ontneem. Skade wat nooit weer sal kan herstel nie

Di ·

Die aandklokreël geld net vir sekere mense in die land. Vir die kriminele is dit “party time”

Dapper Patriot ·

Sterkte Jacques en die veldtogte span!
Wys hulle wie is baas!

gpsa ·

Ek hou baie van die aand klok reel, vir my part kan hulle dit permanent maak. Geen laat nag geraas en partytjies nie en wat soek mense elkgeval buite daai tyd van die aand?

bobmartin ·

Wanneer sekere mense n lekker nagrus vang in die aand werk anders weer n dubbelskof om brood te kan bekostig.

Erica ·

Laat jy my lekker lag! Dan het jy nog nie ons bure ontmoet nie.

Truman Burbank ·

Dit is dalk ongrondwetlik. Hulle is eker juis besig om die grondwet te herbesin

JohnnyS ·

Moet aan die ander kant sê dat die aandklokreël misdaad baie afgebring het.

Ansie ·

Ugh, sy is darem maar ‘n arrogante ou vrou. Geen respek vir enigiemand nie en beskou haarself verhewe bo ander en die wet. Daar bestaan in alle waarskynlikheid nie dokumente en data wat aangevra is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.