AfriForum vies oor duur inhuldiging

Duisende mense stroom na Loftus Versfeld vir die presidensiële inhuldiging. (Foto: SA Government via Twitter)

AfriForum het die presidensie se besluit om voort te gaan met wat die burgerregtegroep noem die “oordadige inhuldigingseremonie”, ten sterkste veroordeel.

Die organisasie het gesê ten spyte van die presidensie se versekerings dat belastingbetalers R100 miljoen minder gaan moet opdok, in vergelyking met die vorige presidensiële inhuldiging, is R120 miljoen steeds ’n reusebedrag om aan die geleentheid te bestee.

“Suid-Afrika se huidige ekonomiese toestand regverdig nie die reusekoste hieraan verbonde nie. Dit is logies dat wanneer ’n mens swaar trek, jy eerste op luukshede sny en dit is presies wat die inhuldiging is. Die presidensie se redenasie dat mense na die inhuldiging aangery moet word sodat hulle deel kan hê aan die feesviering is verder manipulerend omdat hierdie geld beter aangewend sou kon word om gewone mense se lewens op die lang termyn te verbeter eerder as om hulle vir een dag te vermaak,” het Natasha Venter, veldtogbeampte by AfriForum, gesê.

Die organisasie het vroeër ook protes aangeteken teen die aanry van mense uit die verskillende provinsies. Sowat 32 000 mense word met busse na die Loftus Versfeld-stadion vir die inhuldiging aangery.

AfriForum het gesê 2 500 polisielede is beskikbaar gestel om diegene wat die seremonie bywoon se veiligheid te verseker, maar dat daar “hierdie maand 170 plaasaanvalle en 20 plaasmoorde was en die polisiemag geensins gemobiliseer word om voorkomend in hierdie verband op te tree nie.

“As Suid-Afrika se regering nóg meer geld van skuldbelaste belastingbetalers kan mors op ’n ligsinnige byeenkoms soos hierdie, moet ons onsself begin afvra tot watter stappe die regering hom volgende sal wend om sy spandabelrigheid voort te sit,” het Venter gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

piet piet ·

Afriforum toets asseblief die regering se beleid oor die diskriminerende wetgewing teen minderhede na 25 jaar het dit tyd geword om dit af te skaf.

Elna ·

Piet piet ek stem 100% met jou saam jy moet asseblief sommer aan Afriforum n epos stuur met hierdie geskrywe.

kolla ·

Regstellende wetgewing word in baie lande toegepas en afgedwing. Google en leer.

Gert ·

@Kolla, die term is heeltemal verkeerd, dis nie regstelling nie, dis geforseerde ongeregtigheid, maar as dit afgeskaf is, mag jy natuurlik nog steeds onbevoegde mense bevorder bo bevoegdes, dit bly jou vrye reg, solank ek dit nie ook hoef te doen nie.

Mieliestronk ·

Afriforum CR is uit geslaap hy gaan net gou volgende maand petrol pryse verhoog. Oor plaas aanvalle die DA en VF ataan net teen die kantlyn en blaf . Afriforum julle het die vuur in julle vat vir CR en sy manne wereld hof toe Gaan wys die fotos vir die hof hoe word met boere en hulle vroue in die land behandel

Celeste ·

Jy kan vies raak, skree, huil of op jou kop staan, hulle sal nogsteeds voortgaan om geld te mors soos hulle wil. Hulle voel n veer soos altyd

Agnes ·

K staan vir Kannie
Ek verwonder my dat daar nog steeds geld in die kas is

Liza ·

BELAGLIK….Jou uitgawes kan nie meer as inkomste wees nie…kraan gaan nog leeg loop.

MAPSTIEKS...!! ·

DJJAAAA…ês banja lekkor hier bydi tgeltmatien…ons party lekkor mos!
Eíshhh…very rich goverment,eishkom skêld niks ons eat for free today

Anoniem ·

Liza – ek stem saam met Jou, maar vir my en Jou h e e l maklik om te verstaan né, maar ai TOG ek is bevrees nie ALMAL wil dit verstaan nie – rooi ligte flikker

Gert van Wierdapark ·

Meeste belastingbetalers is de moe. in oor die geldmors. Wat my egter vanoggend omstreek 06:00 beindruk het op pad vanaf Centurion na die Boeremark in Silverton, is die vertoon, teenwoordig he’d van die verkeers-mag van Gauteng! Sjoe – op die R21, die Pietersburg-snelweg, Simon Vermoote en afdraaipaaie stad toe ens. As die voorbeeld daagliks nsgevolg sou word, sal ongelukke en padsterftes drasyies kan verminder, en pad-varke ook aangekeer kan word!!

Cheryl ·

Hoekom is Loftus goed genoeg vir die inhuldiging? Hoekom het hulle dit nie in hulle eie stadion in Soweto gedoen nie?

Karolis ·

Dit sal ‘n groot skaamte wees as een van die besoekende Presidente geroof word daar in soweto. Dalk gehijack word?

Philippus Janse van Rensburg ·

Stuiwer in die armbeurs!
Nou het die spandeerders ” in overdrive” gegaan! Openlik gaan hulle nou al die “hard verdiende” geld “spend”,dit is tog waarom hulle verkies is, dan nie?

Wimpie ·

Belastinggeld + politisie = KORUPSIE. Eerste van vele geleenthede wat gaan volg.

Adam ·

Wat my die meeste verbaas is dat die opposisiepartye nie die groot geraas oor die geldmors maak soos wat ‘n mens van hulle sou vewag nie. Ten minste weet ons nou hoe om Loftus weer vol te maak.

Oom Jaco ·

En steeds stem onse Afrikaners steeds vir partye wat deel van hierdie regering wil wees! Plaas stem ons vir die enigste party wat hier wil uit kom… ( nie vf+ nie).

jaco ·

en afriforum mors geld op simpel hofsake soos dié teen Grace Mugabe en teen mense wat diere mishandel, terwyl baie van Afriforum se mede-witmense krepeer in plakkerskampe omdat hulle weens regstellende aksie nie kan werk kry nie. Eendag is eendag wanneer Grace Mugabe en die dieremishandelaars in die trunk gaan sit, maar dan sal Afriforum nie geld oor hê om hulle eie mense te help nie.

Dirk Breytenbach ·

Ek glo nie vir een oomblik dat Afriforum hofsake maak vir publisiteit nie, hul geld sal ook nie opraak nie want sy ondersteuners dra gereeld by vir sake van belang en hulle sal bestaan solank as daar nog Afrikaners in SA is. Afrikaners het oor baie jare heen sedert 1901 bygedra vir hul saak in bloed en geld. Die Grace Mugabe saak gaan oor misbruik van mag, die DKD saak gaan oor growwe diskriminasie onder van meer as een bevolkingsgroep onder die dekmantel van BEE, maw hulle maak sake oor onderwerpe van openbare belang en misbruik van mag oor kleurgrense heen, nie slegs ter wille van Afrikaners nie. Ek daag enige van die swaarmoedige kritici van Afriforum uit om die teendeel te bewys met feite.

Donderstorm ·

Wat worry hulle dit is mos nie hulle geld wat hulle spandeur nie.

willem Botha ·

De de klerk is daar die ou dikvel is glo uitgejou deur die skare wat ongelukkig nie nartjies gehad het nie.

Boerboel ·

Nou is daar nie eers vir ou Boeboel n’ lekker ou sappige been met vleis en vetjie aan

Dirk ·

Aag Afriforum julle blaas teen die wind. Dit is afrika kultuur dink net aan nou hier op die oomblik vandag more sal vir hom self sorg . Die res is n westerse begrip

Gemaskerde Sopbeen ·

Hou tog op om so te kerm….Hierdie is die beste regering wat geld kan koop!!!

Nico ·

Vergelyk hierdie “kitch” besigheid met die beskeie deftige inhuldiging van Keiser Naruhito van Japan, ‘n dag na die abdikasie van sy vader Keiser Akihito . Daardie mense was hiper netjies , skoon en beskaafd. Geen fanfare en luidrugtigheid nie, uiters deftig. Die koste was minimaal.

Linda ·

Ons President het hierdie inhuldigingseremonie verdien !!! Ons is en bly n trotse Suid-Afrika !!!

Johan ·

Democracy (Greek: dēmokratía, literally “rule by people”) is a system of government where the citizens exercise power by voting. In a direct democracy, the citizens as a whole form a governing body and vote directly on each issue. In a representative democracy the citizens elect representatives from among themselves. These representatives meet to form a governing body, such as a legislature. In a constitutional democracy the powers of the majority are exercised within the framework of a representative democracy, but the constitution limits the majority and protects the minority, usually through the enjoyment by all of certain individual rights, e.g. freedom of speech, or freedom of association.

Magda van der Walt ·

Kan ons nou verkiesing, inhuldiging ens agter o s rug sit. Ons het vir jaaaare gesit en ons self vergaap aan die gedoentes van inhuldiging. Toe was almal wit! So… mens kon sien almal geniet dit en ek menige kind wat daar was, het hle self voorgeneem: eendag is eendag dan gaan ek ook ‘n vliegtuig bestuur. Nuwe President soek samewerking… kom ons probeer!!!!

Neels ·

Hi Magda ja ons steun die president en werk mos saam en betaal belasting vir hulle om te mors en te herverdeel vir eie gebruik en geen dienste word gelewer Goeie samewrrking en die res is net saam

Boerboel ·

Ek is ook vies. Nou het ek nie eers n’ ou been gekry met n stukkie vleis en vetjie aan. Boerboel is nou Sommer net moedeloos. Ek gaan nou maar loop le in my ou hok en wag vir my been.

Griet ·

Siestog,boerboel…my hart bloei v jou, so sonder n ou beentjie…maar daai geld is af met die makietie op loftus.

Connie ·

” Rent a crowd” wonder watter bedrag was daarvoor beskikbaar vir die geleentheid!

Kosie ·

Wie onthou nog daarfie ekshibisionistiese republiekfeeste van die 1960’s en 70’s? Daar is na elles niks nuuts onder die son nie. Vandag s’n was gewoon net die ‘Lite version.’ Dalk is sommige se geheue net kort of is hulle te laat gebore.

Andreas ·

Ek sal graag wil weet hoeveel het die kordaadstuk van die weermag se valskermspringer gekos! Dis nou die een wat die paal met Cyril se inhuldiging so kniehoogte ‘getackle’ het.

Bertie ·

Darem seker nie soveel as die drie peperduur HS-125 Mercuriusse wat in die 1970’s tydens nog ‘n republiekfees teen Duiwelspiek verongeluk het nie – met aansienlike lewensverlies daarby. Oeps.

Andreas ·

Dankie Bertie, ek is bly jy is hier om dit te vertel. Kan jy meer inligting verskaf, waar mens dit te lese kan kry, dit is mos nou seker Africana.

Bertie ·

Al wat ek wou se is dat ek die dag se vertoning aanskoulik gevind het want ek het nie gekom om politieke redes nie maar om die mooi aanbieding te waardeer. Maar ander sien net foute. En ek noem die vliegtuie om te wys “ons” faal ook maar.

Adam ·

Bertie, jy kan nog die koste van die tuislande en die grensoorlog ook byvoeg as voorbeelde van hoe geld destyds verkwis was. Wat die destydse SWA aanbetref het SA bloot ‘n mandaat gehad om dit te bestuur/regeer en was dit nooit deel van SA nie en ten spyte daarvan het dit ons baie geld gekos. Die Inligtingskandaal was nog ‘n voorbeeld. Die huidige regering het weliswaar in veral die laaste dekade korrupsie tot ‘n kuns verfyn en geld is wanbestuur op ‘n wyse en skaal wat onberekenbare skade veroorsaak het. Dit is egter goed om altyd na beide kante van die muntstuk te kyk en soos jy noem is “ons mense” ook nie verhewe bo kritiek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.