AfriForum wil vervolg ná ‘ongegronde klag’ oor k-woord

Ernst Roets.

AfriForum wil ’n werknemer privaat vervolg wat glo bedrieglike klagtes van rassisme teen sy kollega by die polisie ingedien het.

Volgens Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, weier die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) om die klaer te vervolg en het AfriForum se privaatvervolgingseenheid om ’n nolle prosequi-sertifikaat aansoek gedoen.

Die klaer het ’n klag van rassisme teen sy kollega André Fourie ingedien en AfriForum wil die klaer nou privaat vir crimen injuria vervolg aangesien die burgerregte-organisasie meen die klag is vals.

“Dit volg nadat die klaer by die werksplek ná ’n meningsverskil met Fourie valslik aangevoer het dat Fourie hom ’n ‘bobbejaan’ genoem het – hy het dit ook skriftelik aangedui in die werk se griefskrifprosedure.

“Daarna het die klaer egter sy weergawe verander toe hy op grond van die voorval ’n klag by die polisie gaan lê het en in sy eedsverklaring valslik aangevoer het dat Fourie hom die k-woord genoem het.”

Fourie het AfriForum se privaatvervolgingseenheid genader wat hom geadviseer het om klagtes van crimen iniuria teen die klaer by die polisie in te dien nadat Fourie se werkgewer hom afgedank het en die polisie hom in hegtenis wou neem.

“Die polisie het die saak ondersoek en na die NVG vir vervolging verwys. Die NVG het egter geweier om die klaer te vervolg ,” het Roets gesê.

“Die NVG se versuim om vervolging in Fourie se saak in te stel, is nie net ’n verydeling van die reg nie, maar ’n bedreiging vir sosiale samehorigheid in die land, aangesien valse aantygings soos hierdie rassespanning in die land verder aanvuur.”

Volgens Roets het Fourie se reputasie daadwerklik skade gely as gevolg van die klaer se valse aantygings.

“Dit is onaanvaarbaar dat mense wat valse bewerings van rassisme maak skotvry daarvan afkom, terwyl dit verreikende en nadelige gevolge inhou vir diegene teen wie dit gerig word.

“Dit stuur die verkeerde boodskap aan die samelewing uit en kan aanleiding daartoe gee dat nóg sulke ongegronde aantygings gemaak word,” volgens Roets.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Natascha ·

Jy sal verbaas wees waarmee hul als wegkom.
Sterkte Agriforum, hoop jul kry iets reg.
Die mense het ALTYD n getuie, sodra hul in n hoek gedruk word. Die getuie word natuurlik omgekoop om als te bevestig, en hul word geglo. Al was daar geen getuie kry hul wel iemand wat as getuie kan optree.

Ekke ·

Nuwe leuse in SA – as jy in n hoek gedruk word, speel die ras kaart – mits jy die regte skakering is! Dis baie effektief en almal glo jou, of jy nou verkeerd was of nie maak nie saak nie. PS: Daar is altyd n getuie of tien teen jou al was hulle nie eers daar nie.

Sakkie ·

Dit gaan nog baie gebeur en die Blanke sal altyd aan die korste end trek. Vermy liewer konfrontasie en draai die ander wang al is jy reg.

Herman ·

Dit is asgevolg van draai die ander wang, wat dinge in ons land gaan soos dit gaan en mense soos Sakkie wat te slapgat is om by sy mense te staan

Dan ·

Sakkie,
Draai die ander wang gaan nie vir sy en sy gesin werk en voedsel voorsien nie. Veral nie as niemand jou gaan wil aanstel omdat jy kamtig iets gesê het wat die klaer net wil gebruik as ‘n ekstra geldbron.
Intussen lei ons eie mense skade, kultuur, menswaardigheid en op die ou-end staan ons maar verleë en gedweë terug? Die tyd is NOU om op jou regte te staan – ons is ook mede landsburgers. Vlug of veg? Ek dink veg is hier die beste opsie. Dankie vir instansies soos Afriforum – trots op julle dat julle ons mense bystaan!

Spook ·

Nee man mens word wragtig moeg om altyd die wang te draai! Die man was onskuldig, gereg moet geskied! Sy werk verloor daaroor… Wie gaan hom help aan die lewe bly?

Anoniem ·

Stem saam dat ons verkieslik konfrontasie moet vermy, MAAR mense wat ander vals aankla moet asb vervolg word. Hierdie hele rassekwessie het nou in ‘n geld maak storie ontaard. Mense sien dollars as hulle iemand van rassisme kan aankla. Daar moet daadwerklike gevolge wees vir vals aanklagte. Anders gaan ons nog eendag te bang wees om vir mekaar te kyk!

barend v d westhuizen ·

verkeerd ons moet op ons regte staan wat hom hof toe en maak hom betaal al wat dit daar die persoon n leef tyd om te betaal dat hy betaal ons as wit mense moet stop om altyd net dir te los

Awie Opperman ·

Nee sakkie, ‘n mens kan nie so werk nie. As jy in ‘n gesagsposisie is moet jy soms die mense onder jou aantree indien hulle nie reg handel nie. Reg is reg en ek is bly dat afriforum die afrikaners help om hulle gemeenskaplike ruggraat te herontdek.

Dr Phil ·

Hierdie is maar net die eerste van baie sulke voorvalle wat gaan plaasvind: as iemand in argumente met blankes nie hul sin gaan kry nie, gaan dit die lat word waarmee blankes geslaan gaan word. Waarheid of nie, jou reputasie is aan flarde

KaterinaKat ·

Dan sal blankes wat n nie blanke werknemer of kollega moet tereg wys of terugvoer moet verskaf oor die persoon se werksetiek byvoorbeeld, maar liewer altyd die gesprek opneem, op n selfoon of ander wyse.

Anoniem ·

Dit is omdat ons elke keer die ander wang draai dat ons sit waar ons sit. Gaan lees Rigters 9 vanaf vers 8 dan sal jy sien dat ons volk leierloos is omdat daar niemand was/is wat wil opstaan as leier oor ons daarom staan ons nou onder die leierskap van die steekdoring.

Feite ·

Hierdie is beslis ongegronde aantygings, maar die ongunstige hofuitspraak teen afriforum in die saak afriforum vs UV vir die behoud van afrikaans by afrikaanse universiteite, was alles behalwe ongegronde aantygings, of hoe se ek nou, ou slimjan. Die ou met die fopkuif sou gese het dit is fopnuus. Julle het reeds probeer om gegronde aantygings af te maak as synde n samesweringsteorie. Soos Steve se, dis hoe dit is. Soos ek altyd se, doen die regte dinge reg, anders kom daar groot moeilikheid!

Wielspore ·

Gaan voort AfriForum, wen die saak en maak dit ‘n model saak vir toekomstige beslissings. Dit sal die weg baan vir enige persoon om twee keer te dink voordat hy iemand anders van rassisme beskuldig.

Lewis ·

Vra al lank vir ‘n toetssaak van hierdie aard en stem saam dat dit ‘n manier kan wees om geld te maak. Enigste manier om leuens te ontbloot en lesse te leer as die saak van AfriForum gaan slaag.

KrokodilBotha ·

As die NVG dan so dom wil wees. Lekker Afriforum gee gas . En die polisie wou Fourie in hegtenis neem. Die reenboognasie , en die een Suid Afrika operate nie so lekker nie.

Hasie ·

AgriForum, wat het van die Coliny twee se valse beskuldiging geword?

Skoonsus ·

Soos ek verstaan is ‘n nolle prosequi sertifikaat ‘n dokument wat aandui dat die staat NIE gaan vervolg nie. Ons weet nie wat die rede is nie, maar dit kan net sowel wees vir die redes wat swaer noem.

Noudat die staat nie vervolg nie (wat deur nolle prosequi sertifikaat bewys word), kan daar voortgegaan word met private vervolging vanuit kriminele hoek. Anders sou daar nie met private vervolging voortgegaan kon word nie.

Siviele saak het vanaf begin ‘n “plek gehad” maar ek dink die klaer wou kriminele aanklagte aanspreek waar die staat vervolg.

CallieL ·

Dit is erger as die Sparrow of doodskis saak. Dis totale leuns net om n witmens te na te kom. Tronkstraf met n groot boete is al wat gaan werk.

Dis Nou ·

Ek het ‘n paar jaar gelede ‘n egpaar van Zimbabwe ontmoet. Hy (‘n boer, wat later met geweld van sy plaas afgesit is) sy ‘n onderwyseres. Haar woorde was, die grootste fout wat wittes in Zimbabwe gedoen het, was stil bly. Ons moes ons misnoee gewys het, “even if we had to shout it from the rooftops”

Jr ·

Het met my gebeur op die myn. Die presiding officer het 60 verskille in sy 3 getuies se getuines gekry. Die presiding officier was ń swartman. Hy het vir die klaer gesë dat dit absolute skande was dat hy dit kon doen. Ek kan jou waarborg dat die NVK wou nie aanklaer want hulle kry die docket. ‘n legal expert kyk hom om te sien of hulle successful kan prosecute. As daar nie is weier hulle om dit te vat. Dis wat hier gebeur het in my opinie. Vat hulle Afriforum. Soladarity Carletonville het my verdedig. En het die vloer met ” hom en sy makkers ” geveë

Oud Tukkie ·

Dankie Afriforum en al die ander instansie wat ons mense help.

Die nonsens moet nou gestop word, want ons kan die regstelsel nie meer vertrou nie.

Die Van Damme- Waterfront saak sou kamstig deur die DA ondersoek geword het, maar so ver my kennis strek het niks gebeur nie. Lig my asb in indien ek verkeerd is.

Klara ·

Vrede wil bewaar?, draai die ander wang ? ONGELUKKIG is dit ‘n verskoning om nie te staan vir wat reg is nie. Dit gaan nie oor baklei en veg nie. Dit gaan daaroor om soos ‘n ordentlike mens jou man te staan en op te staan en standpunt in te neem en SAAM te staan teen onreg.
Selfs die Here sê – warm of koud. Maar nie lou nie. As ons nie kan staan vir klein sake nie, sal ons ook nie kan staan vir geloof sake nie.

Michael ·

Dis tyd dat ons so n saak in die hof kry. En wat van lefusi? In my kantoor word elke gesprek met elke werknemer of besoeker op video en op klank opgeneem en hulle weet dit nie – juis om dit wat hier gebeur te voorkom. Ons lo t raak korter by die dag….

Lewiesbokwa ·

Ek stem saam met “dis nou” via “ex Zim inwoner”, As weerstand gepaardgaan met feite, en die behou van die proses die morele hoegrond. Is dit moontlik om ‘n Zim-situasie in SA te voorkom. Die waarheid is dat SA as land ‘n morele aanslag op sy inwoners (klein en groot) beleef. ‘n Onsigbare mag wat verbete veg teen ontbloting en wat baaaie meelopers het wat onbewustelik en soms kortsigtig hulleself aanbied.

Lewiesbokwa ·

Ek stem saam met “dis nou” via “ex Zim inwoner”, As weerstand gepaardgaan met feite, en die behou van die morele hoegrond. is dit moontlik om ‘n Zim-situasie in SA te voorkom. Die waarheid is dat SA as land ‘n morele aanslag op sy inwoners (klein en groot) beleef. ‘n Onsigbare mag wat verbete veg teen ontbloting en wat baaaie meelopers het wat onbewustelik en soms kortsigtig hulleself aanbied.

Sonja ·

Ek is verheug! Kom ons maak voorbeelde van hulle, sleep die hof toe wat ook weier om te vervolg!

Maria Boshoff ·

Dis weereens ‘n bewys daarvan dat jy, as jy n werkgewer is, jou eie mense in diens moet neem! Einde van sulke probleme.

Pieter van Rensburg ·

Dis goed so. Die NVG het nou n presedent geskep deur vervolging te weier. Net so sal die uitslag van die Afriforum saak n maatstaf wees vir wat gedoen kan word.

Infanteris ·

Die NVG en die werkgewer wat hom afgedank het is rassisties omdat hy blank is, hulle moet ook aangekla word, die NVG tree hier heeltemal eensydig op.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.