Afrikaans as geloofstaal in die kollig

afrikaans-geloofstaal-01

V.l.n.r. is Andre Keun (ATKV Applous), Conrad Steenkamp (ATR), Danny Titus (ATKV), Sakkie Kotze (ATKV Centurion) en Nico Botha (ATR). Foto: Verskaf.

“As jy my taal ontken, ontken jy my menswees.”

Dit was een van die menings wat die afgelope naweek, op die 15de Junie, tydens ʼn seminaar oor Afrikaans as geloofstaal geopper is.

Sowat 30 leraars en gemeenskapslede het by die AGS Eersterust, Pretoria, bymekaar gekom om te praat oor die taaluitdagings wat hulle in kerkverband beleef.

Met die vraag “Is Afrikaans ʼn probleem in die kerk?” het die deelnemers verantwoordelikheid geneem vir dit wat met Afrikaans in kerke gebeur of selfs nie gebeur nie. Die algemene gevoel onder die deelnemers was dat Afrikaans as sodanig nie ʼn probleem is nie, maar dat toenemende verengelsing van die gemeenskap en gemeentes wel tot spanning oor taal- binne kerkverband kan lei.

Audy Hendricks, ʼn gemeenskapsaktivis, het genoem dat kerke én skole in Eersterust vinnig besig is om te verengels en het sterk standpunt ingeneem oor die agteruitgang van Afrikaans in die nuwe bedeling.

“Hoe verseker ʼn mens dat almal die reg het om hulle in hul moedertaal uit te leef?” het Hendricks gevra.

Volgens dr. Conrad Steenkamp, die besturende direkteur van die Afrikaanse Taalraad (ATR) is die verskuiwing van meertaligheid na Engels-eentaligheid nie ʼn neutrale gebeurtenis nie, maar gaan dit gepaard met die verlies van die erfenistaal.

afrikaans-geloofstaal-02

Groepfoto van seminaargangers. Foto: Verskaf.

“Afrikaans is ʼn waardevolle kulturele en maatskaplik-ekonomiese hulpbron waarmee ook die kerk sy pastorale verpligtinge beter kan nakom,” het Steenkamp bygevoeg.

Die voortdurende stereotipering van Afrikaans as ʼn wit taal maak dit soms ook moeilik om taalkwessies in interkulturele kontekste te hanteer.

“Die oomblik wanneer ons aanspraak op Afrikaans maak, word dit as rassisties ervaar,” verduidelik ʼn leraar. “Hoe kan ʼn mens dus die angel uit die taalkwessie trek sonder om Afrikaans daarmee te na te kom? Wat kan gedoen word om die negatiewe stereotipes oor Afrikaans af te breek?”

“Afrikaans is nie ʼn wit taal nie, maar word deur ʼn meerderheid bruin, swart en Indiërs gepraat. Meer moet gedoen word om mense hiervan bewus te maak,” het dr. Danny Titus van die ATKV deelnemers herinner.

Prof. Piet Meiring het verduidelik dat die NGK se grootste uitdaging is om te verduidelik dat die kerk nie die laaste bastion van ʼn taal of kultuur is nie, maar om die evangelie te verkondig. Die ervaring wat kerke soos die VGK reeds opgebou het, kan die NGK ook help om die uitdaging van meertaligheid beter te hanteer.

Carlton Weber, ʼn ingenieur wat ook die geleentheid bygewoon het, meen dat Afrikaanssprekendes self beheer het oor hul taal en hoe om Afrikaans binne ʼn meertalige konteks te plaas. Hy meen verengelsing word nie van buite afgedwing nie, maar is gewoonlik ʼn plaaslike besluit.

Steenkamp noem dat meer effektiewe bestuur van taal en meertaligheid kerke en skole kan help om deel van die oplossing te wees.

Prof. Nico Botha, ʼn senior genoot van die ATR wat ook die gesprekleier van die geleentheid was, beskou die sterk deelname vanuit die Eersterust-gemeenskap as ʼn aanduiding van ’n behoefte om in meer diepte oor taalkwessies te praat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Andreas ·

Ons sien die afgelope 25 jaar hoe die ANC regering tewerk gaan om hul ideologie op die mense af te forseer, hulle promoveer dit by elke geleentheid en hou dit voor as die goeie vader wat vir sy kinders sorg, sosialisme, terselfdertyd moet die Afrikaner en die geskiedenis van die land afgebreek word, dus dit wat die Afrikaner na die tafel toe gebring het, want dit sal die mense die suksesse van die Afrikaner laat bly ervaar en die mense se gedagtes na daardie laat bly hunker, daarom word ons ook gedurig dit voor die kop gegooi dat al sou ons na apartheid hunker as mens hul ideologie en sosialisme kritiseer.

Die oue moet afgebreek word en die nuwe by die mense ingeprent word.

Die apartheidperd is nou al holrug gery, in effek is dit al vergeet in die geskiedenis begrawe, maar die Afrikaner praat mos Afrikaans, so is die taal nou die ‘nuwe’ vyand om die mens wat gediskrediteer moet word, op die voorgrond te plaas. Die Afrikaner se Taal moet geteiken word. Ek glo wat mens oor helderheid moet kry is, hoe ons vir die mense wat ons Taal haat of diskrediteer, lyk, ons kultuur, omdat ons dinge anders as hulle doen, wat is dit van ons wat hulle affronteer deurdat hulle dit nou nog nodig ag om ons deur Afrikaans by te kom.

Andreas ·

As Julius die ANC in die parlement wil bykom en hy voel hy word in die wegspringblokke nie ‘n kans gegee nie, sal hy hulle baie vinnig en driftig vertel, hulle gedra hulle as synde hulle verhewe is bo die EFF. In Suid-Afrika sit ons met ‘n eerste en ‘n derde wêreld land, hoe aanvaar elkeen dit, daardie spasie vir elkeen om sy droom en kultuur, sy Taal uit te leef?

Dirk ·

Die ANC/eff haat die Afrikaanssprekende witman se taal, kultuur en geloof. Die taal het reeds in die breer SA samelewing gesneuwel terwyl kultuur en godsdiens ook op die aanslag agenda is. Wie ookal die seminaar gereel het, besef terdee dat die aanslag teen ons geloof aan die opbou is en dat dit n kwessie van tyd is voor dit ook geteiken sal word!

Albert ·

Die probleem is ons as die Afrikaanses wil so graag almal tevrede stel i.p.v. om te hou wat ons reg is. As daar n Engelse persoon na ons kerk kom danmoet hy/sy in skakel met wat daar is. Die probleem is dat die predikante te veel Engels verwysegings gebryk in hul preke waar hul Afrikaans kon gebruik het. Met die sang is dit ook n probleem want Afrikaans is mos nou outyds.

Dirk ·

Suid Afrika het so n mooi taal wat hier ontstaan het uit al die tale hier. Nou gebruik baie mense nog die slawe taal ,en daar is nie meer slawe nie .Engels word wel as n internationale taal gebruik .

Attie. ·

Indien die jeug Afriels praat kan mens dit nog so effe verstaan maar ek kom nou die dag in ‘n AGS kerk en moes toe gedurende die preek woorde hoor soos felloship, worship en luister na ‘n hoop Engelse koortjies. Ek weet van geen Fransman of Duitser wat so lekker Engels sing soos ons Afrikaners nie. Tot in NG kerke oor die land heen…Quo Vadis Afrikanervolk….besef net dat ons taal het die Here vir ons gegee en on mors dit op.

Anita ·

Huil or die taal die Afrikaans sprekende is self hulle eie vyand wat taal afbreek. As ek telefoneer, in winkel waar ook al vra ek beleef vir iemand die afrikaans magtig is om my te bedien, ek dring daarop aan en word gehelp. My motto is dat as elke persoon dit doen MOET FIRMAS OOK ‘N AFRIKAANS SPREKENDE IN DIENS NEEM EN WORD IEMAND WEER GEHELP MET ‘N WERK, maar mense begin self in Engels praat, die kerk kan nie betrokke wees nie, want NG kerk word nie meer gesien as die enigste kerk nie, die jonger geslag soek ‘n kerk waar daar samewerking is om strate skoon te maak , projekte aan te pak, en dit doen die NG kerk nie(Sop en brood uitgesluit)

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.