Afrikaner-groepe, Mbeki-stigting praat vandag oor dié SA kwessies

minderheid-minderhede-rasse-ooreen

(Foto: Robert-Owen-Wahl/pixabay)

Belangwekkende gesprekke tussen die Thabo Mbeki-stigting, sommige van die instellings van die Solidariteit Beweging asook ander belangegroepe oor ’n verskeidenheid onderwerpe van belang vir Afrikaners, die Afrikaanse gemeenskap en die breër Suid-Afrikaanse toekoms vind Vrydag en Saterdag in Kaapstad plaas.

Die sameroepers van die byeenkoms is die voormalige diplomaat Chris Opperman van die organisasie Afrikaner-Afrika-Inisiatief (AAI), en dr. Vincent Maphai van die Thabo Mbeki-stigting.

Dit vorm deel van ’n langdurige en aanlopende kontakproses gegrond op die hantering van ’n gevoel van Afrikaner-vervreemding van en binne die Suid-Afrikaanse samelewing, sowel as ’n behoefte om by te dra tot die ekonomiese ontwikkeling van Suid-Afrika en Afrika deur die gebruik van hul vaardighede, netwerke en hulpbronne.

’n Verkennende gesprek is op 8 en 9 Februarie tydens ’n bosberaad by die KwaNdaba-natuuroord by Rust de Winter noord van Pretoria gehou, asook ’n byeenkoms op die Akademia-kampus in Pretoria, en punte voortspruitend uit daardie gesprekke sal die rigsnoer vorm vir die naweek se besprekings.

Ter sprake is die probleme wat die Afrikanergemeenskap asook die land in die breë in die oë staar, beginselgedrewe oplossings vir hierdie probleme en praktiese wyses om daardie oplossings te maak werk.

Ten einde die vele probleme te takel wat die land, en die Afrikanergemeenskap in die besonder, ondervind, sal die beginsels vervat in Suid-Afrika se Grondwet, sowel as die beste internasionale praktyk, gebruik word om wedersydse erkenning, respek en goeie verhoudinge tussen gemeenskappe uit te bou, en om regte te bevorder, veral waar dit deur sommige magshebbers geskend of bedreig word.

Die erkenning van diversiteit sodat eenheid in diversiteit beslag kan kry, is as belangrik geaksentueer.

Elf kernkwessies vir bespreking is geïdentifiseer, te wete:

* ’n Gevoel van vervreemding en ’n vertrouensgaping tussen Afrikaners en die regering;

* ’n Sukkelende land met ’n beskadigde ekonomie en ingewikkelde politiek;

* Die bevegting van diskriminasie in onderwys, vanuit ’n beskouing dat die Afrikanergemeenskap onderwys nie slegs sien as onderrig nie, maar ook as taal-, kultuur- en waardegerigte dissipline, en dat Afrikanergemeenskappe ’n mate van outonomie moet hê om Afrikaanse skole daar te stel.

* Die uitbou van die kultuur en erfenis van alle gemeenskappe;

* Die belangrikheid van ’n inklusiewe ekonomie om massa-armoede te bestry;

* Landbou-finansiering vir nuwe en gevestigde boere;

* Uitbou van landbou vir voedselsekerheid en werkskepping;

* Uitbou van inheemse tale;

* Die verbetering van munisipale infrastruktuur en munisipale bestuur;

* Uitbou van veiligheid en sekuriteit; en

* Die stem van die Afrikaner moet in die Suid-Afrikaanse politiek gehoor word.

By hierdie naweek se vergadering sal daar na verwagting enkele waarnemers wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Casper ·

Ag siestog en die ANC regering is aanbewind.Hoe gaan julle julle ideale bereid he.

Werner ·

Net so Casper hulle het nog nie agtergekom dat al die mooi beloftetjies dagdrome is nie.

Deon ·

Klink vir my na witvoetjie soek… Ek is mos hier,,, , ek is hier gebore,,,, , ek is afrikaans en n afrikaner,,,, ek dra by tot die ekonomie en sodoende die welvaart van SA…. Waarom moet ons gaan smeek vir erkenning, ons moet net begin ruggraat kry en regtig regop staan as daar teen ons diskrimineer word, maar nou ja

Dirk Mostert ·

Die werklikheid is dat ons gebonde is aan ‘n demokratiese stelsel. Die Grieke en Romeine het al 2,000 jaar gelede agtergekom dit werk nie. Ek ondersteun wel die inisiatief wat geneem word. Daar is verstandige en verantwoordelike swart mense met wie goeie betrekkings gehandhaaf moet word.

Werner ·

Dit is van al die gehandevat wat ons in die gemors het waar ons is vandag.

Dirk Mostert ·

Suid-Afrika sou beter gevaar het as Mbeki steeds staatspresident was. Hy sou nie vir die pandemie-propaganda geval het nie.

Lian ·

Mbeki bet die Hooglandeaterskema gestop . Hy het ook die bou van nuwe kragsentrales gestop . Staatskaping het ook onder sy neus plaasgevind . Tog ten spyte van hierdie negatiewe gebeurtenisse het die land die hoogste vertroue onder beleggers geniet

Casper ·

En Mbheli is mos van die VF plus nè so jy gaan na julle luister ha siestog.

Piet parys ·

Wel ek dink daar is nou al genoeg gepraat . Dit is tyd dat daar die dinge van belang vir die blankes afgedwing word .

Delarey ·

Voorgaande is ‘n goeie inisiatief, alhoewel niks sal verander nie.

Dit ANC diskrimineer onbeskaamd teen blankes. Onder Ramaphosa word nuwe raswetgewing amper daagliks deurgevoer. Hierdie wetgewing is uiters onbillik teenoor blankes (en skadelik vir die ekonomie), maar dit maak skynbaar nie saak nie want dit dra by daartoe dat blankes die land verlaat en hopelik nooit weer ‘n politieke rol sal speel nie.

Terwyl die NP destyds uiteindelik ‘n morele dillemma gehad het, waarvan hulle geglo het hulle nie kan ontsnap nie, is daar geen gewetensbeswaar by die politieke elite wat die land plunder en stroop nie.

Dat alles uiteindelik in duie sal stort en tot groot ellende sal lei vir almal en veral die arm massas, is skynbaar ‘n klein prys om te betaal vir “bevryding”. As laasgenoemde proses egter versnel soos nou tydens COVID sal ons egter moet sien of die ANC wet en orde kan handhaar in die medium termyn.

Sterk staan Afrikaners.

Soms net soms vang slim sy baas…

Isabella ·

Stem saam daar is niks om oor te praat hul ht weer planne ek vertrou ni di vrede

Isabella ·

Bly weg.. niks om oor te praat…vat bbee weg en begin di blankes se bestaan te herken en bring bevoegtheid terug

Isabella ·

Presies…glo niks wat hul se …27jr se bewyse…niks gan verander !!!

Yvonne ·

Die res van die ANC is nie tengunste van enige gesprek om iets te probeer red uit die chaos wat hulle veroorsaak het nie………in hulle oe doen hulle uitstekend

Klip ·

Belangegroepe? Hoekom nie almal noem nie? Dit is jammer dat hulle met die verkeerde mense praat.

Isabella ·

Wat is nou op hul agenda …blankes gan weer gevang word deur lee beloftes …niks om oor te praat…kyk na ons land ons verarming… plaasmoorde alles verval …wat gan verander …NIKS

Jack ·

Deur alles heen onthou net een ding: Ons het voorheen self en sal weer self. Hou goeie moed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.