Video: Afrikaners se finansies beroerd – opname

Hannie Viljoen, hoof van navorsing by Solidariteit Helpende Hand. (Foto: Verskaf)

Altesaam 60% van Afrikaners maak nie genoegsaam voorsiening vir hul oudag nie, terwyl ʼn vyfde in ʼn huishouding met ʼn maandelikse inkomste van minder as R14 000 woon. Soveel as 8% van Afrikaners se huishoudelike inkomste is boonop minder as R4 000 per maand.

Dit is van die bevindings in ʼn opname wat Solidariteit Helpende Hand onder meer as 15 300 respondente reg oor die land gedoen het. Die opname is tussen Augustus en Desember verlede jaar gedoen.

Die bevindings, wat Donderdag bekend gemaak is, dui daarop dat die finansiële impak van die Covid-19-pandemie só erg was dat 57% van Afrikaners finansieel slegter af is as drie jaar gelede. Dit blyk ook of skuld vir dié mense bly ophoop en 59% van Afrikaners landwyd het ʼn behoefte om uit hul skuld te kom. Altesaam 40% het aangedui dat hul inkomste nie voldoende is om hul uitgawes te dek nie en ʼn skrikwekkende een uit elke tien respondente het aangedui dat hulle desperaat is om uit drankskuld te kom.

Hannie Viljoen, hoof van navorsing by Helpende Hand, sê ʼn kommerwekkende tendens wat in die navorsing opgemerk is, is onder meer Afrikaners se geneigdheid vir swak finansiële beplanning en ʼn hoë skuldlas.

Slegs 18% van die respondente het aangedui dat hulle geen skuld van enige aard het nie.

“Die grootste skulditems is kos, kredietkaartskuld, munisipale skuld, asook motor- en huisverbandskuld. Die tweede grootste groep skulditems is banklenings en skuld wat aangegaan is om lewensmiddele soos huur, klere, skool, medies of ander finansieringsitems te finansier,” lui die verslag.

“Die mees algemene agterstallige skulditem is egter kredietkaarte en banklenings.”

Die hoeveelheid respondente wat na ander volwassenes moet omsien, is ʼn verdere aanduiding van die finansiële las waaronder Afrikaners verkeer, met 17% wat aangedui het dat hulle na hul bejaarde ouers omsien. Altesaam 11% ondersteun ander volwassenes finansieel en 8% onderhou hul volwasse kinders.

Aftrede blyk ook laag op Afrikaners se lys van prioriteite te wees, met nagenoeg 22% van respondente wat glad nie voorsiening vir aftrede gemaak het nie.

“Onvoldoende voorbereiding vir aftrede vereis dringende optrede om te voorkom dat dit op ʼn maatskaplike krisis uitloop,” sê Viljoen.

Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Helpende Hand, sê die slotsom waartoe die instelling gekom het, is dat opleiding in finansiële vaardighede en kennis dringend nodig is “om die groot skuldlas onder Afrikaners te verminder en te vermy, asook om behoorlike voorsiening vir aftrede te maak”.

“Die uitdagings wat in die navorsing uitgelig word, is groot, maar oplosbaar deur die nodige opleiding,” sê hy.

“ʼn Aantal uitdagings het ons die afgelope tyd in golwe getref, maar Afrikaanse mense sal weer opstaan met behulp van gemeenskappe wat mekaar ondersteun. Afrikaners het nog altyd daarin geslaag om mekaar te bemagtig en nou is die tyd dat gemeenskappe moet begin om verantwoordelikheid vir mekaar te neem.

“Een ding is ek van seker: Die Afrikaner sal nie gaan lê nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Marius ·

Dis nou maar wors. Alles bly opgaan en die salarisse hou nie meer by met duur munisipale kostes, brandstof, elektisiteit, water en basiese voedsel nie. Wie kan nog geld spaar ?

Oom ·

Enigiemand wat regtig wil, kan dit doen. Dieselfde retoriese vraag “Wie kan nog geld spaar?” word al vir generasies lank gevra. Ek weet, want ek hoor dit al vir meer as 60 jaar.

Johan ·

Solank as wat jy n kar besit of een gesin in n huis woon, warm water het, krag het of enige ander bo gemiddelde “luukshede” soos meer as een dag se kos in die huus, kan jy nog meer belasting bekostig, dit is hoe die cANCer en hul gevolg redeneer. So maak jul maar gereed vir nog maie swaarkry. En korreksie, dit is nie agv c19 nie dit is uitsluitlik agv die c19-regulasies.

Christine ·

En die BEE en AA wat maak dat ons kinders nie werkkry nie.

Oom ·

Ek is seker dat as die nuwe gegewens vergelyk sal word met die van 30, 40 en 50 jaar gelede sal daar weinig verskil gevind word. Dit is ‘n ou siekte onder Afrikaners en ook baie ander taalgroepe om meer as hulle maandelikse inkomste uit te gee. In 1980 toe die inflasiekoers ongeveer 16% was, was die gunsteling gesegde dat dit nie help om te spaar nie, want jou geld is na ‘n jaar 16% minder werd. En wat het diegene met hierdie oortuiging gekoop? Items waarsonder klaargekom kon word. My hele lewelank het ons net gekoop waarsonder ons nie kon klaarkom nie. Vandag besit ons ses woonstelle in Frankryk waarvan vyf verhuur word. Ons hoef in niemand se oë te kyk vir hulp nie. Die geheim om ‘n groot fortuin te skep, is om te begin om maandeliks klein bedraggies te spaar. Die volgorde waarop jou geld gebruik word is soos volg: 1ste jou kerklike bydrae (dankoffer); 2de spaar ‘n vasgestelde bedrag; 3de betaal huisverband (huur), motorskuld, kredietkaart, ensovoorts; 4de kos en klere.

Christine ·

Jy veralgemeen darem vreeslik en kon nie die kans laat verbygaan om fyn te brag nie.

Oom ·

Weet nie na watter veralgemening verwys word nie. Al wat probeer illustreer was, is dat niks onmoontlik is nie. Dit is in jou eie hande om jou situasie te verander. Moet nie redeneer soos diegene van die 1980’s waarna verwys word nie. Hoe gouer jy begin des te beter. Na 66 jaar is die bewyse beskikbaar.

VaalDonkie ·

My enige “luukshede” in my huis is ‘n Xbox en ‘n 50″ televisie wat ek saam vir R16000 gekoop het. Verder ry ek met ‘n 15 jaar oue kar rond en my klere is 5 jaar oud. Nogtans is dit moeilik om voor te bly want alles hier in die Kaap is duur. En ek het ‘n goeie werk. Ek weet nie hoe mense met minder regkom nie.

Oom ·

Ons kom reeds 20 jaar klaar sonder ‘n TV. Ek glo dit is elkgeval baie beter vir die bloeddruk as jy in SA woon. Hier verstaan ons elkgeval nie die taal nie. So jou spaarrekening kon reeds R16,000 in gehad het.

Nettie ·

Dankie. Baie insiggewend. Dis die rede hoekom ek objeksie aangeteken het teen Me. Bailey se een artikel waar mense aangeraai was om eerder vir museums as fliekkaartjies te betaal. Fliek maatskappye trek swaar, want al minder en minder mense kan dit gereeld bekostig.

Ons weier om skuld aan te gaan, behalwe vir huislening. Dis interessant dat 18% nie eers huis skuld het nie. Dalk is dit hulle wat in die flieks kan uithang, maar meeste van ons draai elke sent 3x om. Dis nie lekker om heeltyd te hoor Afrikaners ry in duur karre rond, besit strandhuise en gaan gereeld oorsee nie, maar kom nie hul verpligtinge teenoor hul volk of geskiedenis na nie. Meeste van ons doen, waar ons kan.

Ons is ‘n volkie wat lief is vir mekaar, en ons help oumas en oupas, volwasse kinders, ander familie, vriende, kerke en skole. Ons is nie ‘n suinige volk nie, en leef nie almal uitspattig nie. Natuurlik is daar uitsonderings, maar meeste mense wat ek ken, help ander graag, ook finansieel.

koos ·

Jy weet, ek is een van “daai” gelukkige 18 %. Ek is daarby ook ‘n gegradueerde professionele persoon. Ek het hard gewerk vir my kwalifikasies, klippe gekou nadat ek afgestudeer het (jy maak ‘n helse fout as jy dink jou graad is genoeg). Nou is daar van my nie-18% familie, wat my beskou as besonderd bevoorreg en daarom moet ek betaal, boetie. Nevermaaind die feit dat hulle sommer ‘n werk bedank omdat so-en-so iets gesê het waarvan hulle nie hou nie, of die baas teiken hulle aanhoudelik, of vele soortgelyke cr@p. En die bedankings het al herhaaldelik gebeur, want sien, ons is mos bi-polêr. Intussen werk ek lang ure, baie kere weg van die huis af, onder harde base, noem maar op. Ek bedank nie, hou nie vakansie op eksotiese plekke nie en ry eenvoudige karre vir BAIE kilometers. Aan diesulkes wil ek net sê – KRY VIR JULLE! Wie gee jou die reg om my te verwyt? Ek het die prys betaal terwyl jy Saterdae en Sondae gejol het, nou moet ek jou onderhou!! En moenie die Bybel aanhaal nie.

annie ·

Kan ons nie iewerster ‘n standbeeld vir slim Oom Koos oprig nie? Onthou tog om toegangsgeld te vra vir besigtiging.

VaalDonkie ·

Nee Annie, ek hoor waar hy vandaan kom. Ek moes laasjaar ‘n huis koop sodat familie hier kan kom bly want hulle kannie alleen blyplek bekostig nie. Ek seg toe oukei, hulle moet my elk darem R2000/maand gee want anders kan ek nie die paaiement haal nie. Hoor ek nou die dag die een seg “ek gaan maar aftree”. Sit nogal met R30 000 se skuld wat moet afbetaal word en geen pensioen nie. So nou wonder ek wie gaan nie meer betaal word nie. Maar mens gee mos om vir hulle, so ons sal dit verwerk. Mens raak net partymaal kwaad as jy tot 12 uur die nag moet werk terwyl ander plannetjies maak.

annie ·

Vaderland, julle is kortsigtig. Dit is nie meer die ‘goeie ou dae’ nie. Afrikaners sukkel presies soos destyds; die sg die Armblanke-vraagstuk is terug! Dit is nie dat Afrikaners onnosel is en nie wíl beplan nie, hulle kan nie in hierdie land op hierdie tydstip met ‘N BBBEEE-swaard teen hul nekke anders oorleef nie. Ek is geskok oor jul onkunde!

Daniel ·

Wat is die definisie van die Afrikaner na wie hier verwys word?

Johan ·

Ja. Die lewe is hard maar die lewe bly lekker. As jy kyk hoeveel geld dit jou elke maand uit die sak uit jaag net om ‘n kar te he, huis te he (verband of huur) en mediese fonds te he is dit skrikwekkend. Hoeveel mense kan nog vleis bekostig? Hou net in jou eie omgewing dop hoe minder mense braai elke naweek en ons is tog’ n braai nasie. Die lewe deel ook klappe uit maar ons almal sal oorleef. Professionele kwalifikasies help maar keer nie klappe van die lewe nie. Ons Afrikaners sal maar net weer moet begin hulp verleen aan mekaar. Kan onthou toe ek klein was hoe boere saam gestaan het een het die een maand geslag en vir almal vleis gegee en so het almal beurte gemaak. Maar ou maat vandag is dit mos net elkeen vir homself. Dis ook makliker gese as gedaan want om elke hoek en draai is daar iemand wat jou of verwyt of wil verneuk. Een feit bly staan; die lewe het duur geword en dit gaan nie goedkoper word nie. Ek werk my alie af sodat my kind hopelik ‘n beter gehalte lewe eendag kan he.

Di ·

Van die blankes wat GEEN inkomste het en wat vir SASSA pensioen aansoek doen se aansoeke word elke keer afgekeur! My sussie sukkel al 3 jaar lank en elke keer soek hulle iets anders van haar. Die “beampte” wat haar aansoek hanteer is ongeskik en’n regte RASSIS, daarom is daar altyd ‘n verskoning. Het al hulle klientelyn gebel om te hoor presies wat hulle van haar vereis maar “as usual” hou jy vir URE aan en word die oproep summier afgesny. Sy het nou opgegee en DIT is presies wat hulle wil he.

Jacobus ·

Dit is hartverskeurend. Soos baie met hoër opleiding was dit nie goed genoeg om die BBEEE galg vry te spring nie. Ek herinner my ook dat een vroue minister van doringdraad grense jarre gelede gesê het op TV: ” Julle gaan nog julle laaste sent uithaal vir goeie onderwys” !

Nommer 7 ·

Met jou eerstste salaris, betaal 20% tot 25% in ‘n pensioenfonds, en doen so die res van jou lewe. Met die geld wat oorbly kan jy maak wat jy wil.

Eden ·

Ja nee né. Gelukkig betaal ons mos die koning wat hom nie toekom nie en krag en alles vir die wat nie wil betaal nie. As jy 50 miljoen moet dra gaan jou beursie maar vinnig leeg raak.

Jacobus ·

Presies reg! Tog slaag ons daarin om goed soos Soltek te vestig.

Jaco ·

Ophou geld uitgee op sigarette en sterk drank sal ook help, maar wanneer ek daardie raad gee aan arm wit Afrikaners wat my vir geld vra, word ek uitgekryt as onchristelik, wreed en sleg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.