Bheki Cele, minister van polisie, se aankondiging dat enigiemand wat betrap word terwyl hy of sy in die openbaar rook ʼn kwitansie sal moet voorsien van waar die sigarette gekoop is, is skerp veroordeel.
“Dit is nie onwettig om sigarette in jou huis te rook nie. Die enigste probleem is as jy nie vir ons kan wys waar en wanneer jy die sigarette gekry het nie. Die koop en verkoop van sigarette is onwettig. Tot die regulasies opgehef word, gaan dit ʼn oortreding bly,” het Cele Vrydag gesê.
Cele het ook gesê meer as 230 000 mense is sedert die aanvang van die landwye afsondering vir oortredings van toepaslike regulasies aangekeer.
DA-LP Andrew Whitfield sê daar is geen bepaling wat voorsiening maak dat iemand ʼn bewys van betaling vir hul sigarette moet hê nie en dat Cele “sy sokkies rook”.
“Die jongste opmerking is net een van ʼn lang lys van irrasionele en kleinsielige ministeriële uitvaardigings wat verwarring onder die publiek en die polisielede wat ontplooi word om die regulasies af te dwing, veroorsaak,” het Whitfield gesê.
Die DA eis dat Cele die opmerking terugtrek en die land om verskoning vra.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
48 Kommentare
Haha ons is die eerste in die Wereld wat Mev Zol en Mnr Sokkie roker as ministers het
Nar sonder n rooi neus.
Ek dink hy rook een van zumpie se zol sokkies
Hy rook nie net sy sokkies nie maar sy onderbroek ook! As hy so iets sou he, maar ek twyfel want ek dink nie hy weet waarvoor dit gebruik word nie. Shame…arme ding!
Dit is maar moeilik as daar niks daar bo is nie.