Afsondering: Minister sê oor vuurwapenlisensies

(Argieffoto)

Die minister van polisie, Bheki Cele, het bevestig dat die aansoeke van vuurwapeneienaars wie se 90 dae tydperk om vuurwapenlisensies te hernu gedurende die afsonderingstydperk verstryk daarna aanvaar sal word.

Dié aansoeke sal ook nie benadeel word nie.

Cele het gesê vuurwapenlisensies wat reeds verval het, kan nie hernieu word nie en ʼn nuwe aansoek sal ingevolge die amnestietydperk wat vroeër afgekondig is, gedoen moet word. Dié amnestie geld tot 31 Mei.

Die parlement moet só ʼn amnestie goedkeur en Cele het gesê hy oorweeg dit om die parlement te vra vir die goedkeuring van nog ʼn amnestietydperk.

Die burgerregtegroep AfriForum het verlede maand in ʼn brief aan Cele en die nasionale polisiehoof, genl. Khehla Sitole, sy kommer uitgespreek dat sommige vuurwapeneienaars weens die staat van landwye afsondering nie hul vuurwapenlisensies betyds sal kan hernieu nie.

“AfriForum beskou dié bevestiging as ʼn oorwinning vir alle vuurwapeneienaars wat deur die inperking geraak word en sal die situasie deurlopend moniteer,” het Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Raadslid ·

Ek kan nie glo dat die diktator vir ons die toegewing gee nie.

Bernard ·

Hy het politieke ambisies – ten koste van die wetsgehoorsames

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.