Afsonderingsregulasies: Dís wat staat besluit jy mag aantrek

(Foto: pixabay)

Terwyl miljoene Suid-Afrikaners in dié stadium sukkel om liggaam en siel aanmekaar te hou, of selfs net om ʼn bord kos op die tafel te kry, het die regering Dinsdag regulasies in die Staatskoerant afgekondig wat bepaal presies wát Suid-Afrikaners mag koop om aan te trek.

Die bepalings wat Ebrahim Patel, minister van handel en nywerheid, afgekondig het, beheer spesifiek die verkoop van kleredrag, skoene en beddegoed tydens vlak 4 van die afsonderingstydperk. Suid-Afrikaners mag byvoorbeeld nie nou oop skoene koop nie.

Die bepalings het Dinsdag in werking getree en duur totdat vlak 4 opgehef word.

Klere wat verkoop mag word:

  • Alle kinderklere, insluitend onderklere, slaapklere, skooldrag en -skoene, skoene en sokkies
  • Swangerskapsklere
  • Slaapklere en japonne vir volwassenes
  • Onderklere

Wat betref skoene, mag jy op vlak 4 die volgende aanskaf:

  • Stewels
  • Pantoffels
  • Hakskoene waarvan die tone toe is
  • Plat skoene waarvan die tone toe is
  • Tekkies en oefenskoene
  • Formele skoene waarvan die tone toe is
  • Informele skoene waarvan die tone toe is

Kleredrag vir volwassenes:

  • Oefendrag
  • Breidrag
  • Jasse en baadjies
  • Rokke
  • Langmoubostukke
  • Langmou-T-hemde
  • Denimbaadjies en -broeke
  • Broeke
  • Rompe
  • Kortmou-gebreide bostukke wat aangedui word as dat dit onder truie of breidrag gedra word
  • Kortmou-T-hemde, maar net as dit vir warmte onder iets anders gedra word
  • Dik sykouse (leggings)
  • Korter broeke wat met stewels en dik kouse gedra word
  • Hemde mag kort- of lang moue hê, maar moet aangedui word as dat dit onder baadjies, jasse of truie gedra word
  • Gholfhemde
  • Eenstukke

Wat betref bykomstighede, is daar ook spesifieke bepalings.

Die volgende word toegelaat:

  • Serpe en tjalies
  • Musse
  • Sokkies
  • Gordels
  • Hoofbedekkings
  • Gim- en oefenbybehore
  • Haarbykomstighede

Met die winterkoue wat nou ook in groot dele van die land heers, het Patel ook spesifieke bepalings afgekondig oor watter beddegoed tydens vlak 4 geskik is vir Suid-Afrikaners.

Beddegoed wat verkoop mag word:

  • Beddegoed en komberse vir babas
  • Duvets
  • Die binneste gedeelte van ʼn duvet
  • Komberse
  • “Comforters”
  • Kwilte
  • Matrasbeskermers
  • Kussings
  • Kleiner kombersies
  • Lakens en kussingslope
  • Elektriese komberse

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

110 Kommentare

Oom Hennie Pennie ·

Dis verregaande. Hoekom tree die opposisie party DA en ander partye soos VF nie op nie.

Karel Kobus Kruger ·

Want die vf en da (kleinletters met opset) het n onderlinge kompetisie om te sien wie kan die meeste praat en die minste doen.

Chris ·

Wat wil jy hê moet hulle doen oom Hennie Pennie? Die ANC se ministers steur hulle aan niks en niemand nie. Hulle “overrule” tot die president.

marius ·

Waarom dink jy is die parlement nie in sitting nie ? Dat hulle wette kan maak soos hulle wil

pokkel ·

Ek dra plakkies reg deur die jaar en my huidige paar is oppad einde toe, daar is plakkies op die winkel se rak, maar ek mag nie ‘n nuwe paar koop, want dit gaan veroorsaak dat almal in Suid-Afrika COVID kry en vrek?

Anel ·

Pokkel, dan moet ons meer begin kaalvoet loop. Wst gaan hy dan doen? My plakkies is ook besig om klaar te raak. Hier, al is dit winter kan mens plakkies deur die dag dra. Gaan hy jou nou verbied om kaalvoet ook te loop? Dis siek, man. Ek kan nie sien wat het dit enigsins iets met die wonderlike virus te doen nie. Net magsbeheer. Julle sal maak soos ons sê.

Marisa W ·

Hi Pokkel – Ek is oppad spaza shop toe – watter nommer kan ek vir jou bring? ;)

Wondermaarnet ·

Jy weet mos wie so slim is om sulke tjol uit te dink. Daar is mos mense in magsposisies met baaaaaaaie min werkende breinselle.

Kattebol ·

Ja… Die lord… (lees dit van agter) het nooit aandag gekry toe hy klein was nie!

Anel ·

DIT IS DRAKONIES! WIE IS HY! DIT IS DIE ERGSTE GRAAD VAN KOMUNISME! DIE OU HET GEEN SÊ OOR MY LEWE NIE. WAAR IS MENSEREGTE!!!!

Petrus Johannes ·

Mense regte se bekke is toe die goed is maar gerig teen ……….

david ·

Oom Hennie Pennie—volgens die berig was die “regulasie” in Dinsdag se staatskoerant gepubliseer–dis vandag Woensdag—-is jy nie bietjie haastig nie..?
Dr ROELOF BOTHA het gese die STALINSTE binne die Kainet swaai die septer….hierdie belaglike
regulasie bevestig dit.
Ons kan dalk in die MAO ZE DUNG stelsel van kommunisme beweeg waar almal eenders aamgetrek
het…..

Josias ·

Min.Patel jy het iets uitgelaat … die kleure van die goedere moet dit , swart,groen en geel wees of net rooi? Vra maar net in geval jy vergeet het.

Anel ·

En hoe koop mens duvet maar nie oortreksel, of verstaan ek verkeerd?

MAGRIETHA ·

Belaglik as ek in klere winkel is hoekom nie koop wat my behoefte is nie nou moet jy weer later teruggaan wanneer die goverment jou toelaat morsing van tyd en geld soos petrol ons almal verdien nie miljoene nie

Frikkels ·

Die piesang republiek se regering raak al hoe belagliker! Hulle moet pasop, hulle dominerende houdings gaan in hulle gesigte ontplof.

Morné ·

Wat is volgende? Gaan julle ons vertel wanneer ons toegelaat gaan word wanneer ons mag gaan pie pie en n patty kan druk??

JohanR ·

Morne – het jy nie daai regulasie gesien nie? Pie pie net om 07h00am, 13h00pm en 19h00pm, en patty druk 10h00pm, en 16h00pm. Weet nie hoe ou Ebrahim Patel dit sal poliseer nie. As hy na my huis toe kom kan ek op hom pie pie!

Elsa ·

Wag ouens! Wat van wanneer getroudes/verliefdes mag, wel, jy weet wat (AS hulle mag).

Ronel ·

Hulle vertel al klaar vir ons wanneer ons mag draf en ook waar. (en hoe ver)

Sonneblomkind ·

Wil jy nou meer… Ai ek is weer trug op skool lyk my, in my 50 jaar is dit die eerste, Wat het oop skoene of toe skoene met die Virus te doen, DA en ander partye moet nou biekie help

Pitbul ·

Absoluut belaglik, een van die dae sal ons seker net kader uniforms kan koop om te dra….

capie ·

Binnekort is daar regulasies met betrekking tot watter tye jy mag toilet toe gaan in jou eie huis.

Stofdonkie ·

Ou Patel het nou heeltemal sy varkies verloor. Wat hy dus sê is as ek ‘n T-hemp gaan koop moet hulle in die winkel al vir my sê ek moet die T-hemp onder ‘n baadjie dra? Nee hoor, ek gaan die t-hemp bo-oor my baadjie dra, of net my t-hemp dra. Ek kkop die hemp spesiaal om te dra daardie -3 grade oggende wat ek is mal oor koudkry. Ek dink die ministers is almal besig om heeltemal die klits kwyt te raak. Ek kan nie verstaan hou hulle regulasies instel wat nie toegepas kan word nie. Ek laat sit ‘n sekuriteitswag op jy alie as hy my wil vertel hoe moet ek my hemp dra.

Anel ·

Gaan ek nou verplig word om baadjie te dra as ek t-hemp aan het? Belaglik!!

Mukiwa ·

Dit skreeu teen alle denkbare hemele! Die staat probeer kliphard om hulle ware ‘klere’ vir ons te wys en, dit ten spyt, weier miljoene daarbuite om te glo (selfs net te oorweeg) dat die ANC regering dalk nié S.A. se burgers se belange in pag het nie. Dis tyd dat die politieke getrippel einde kry. Ons beweeg gevaarlik-naby aan ‘n lewe-en-dood stryd.

Venter ·

Kom ek se julle regering vandag iets die Lewende Vader is groot julle dink julle in in beheer maar net n waarskuwing julle manier waarop julle mense se regte wegneem en besluite vir hulle neem kan vinnige tot einde geruk word

Marisa W ·

Ek wonder nou of ek my nuwe plakkies wat ek voor lockdown gekoop het mag aantrek – netnou dink iemand ek het hulle illegally gekoop en ek beland in die tronk …

JohanR ·

Ek gee op! As dit nie soe skrikwekend was nie sou dit laggend gewees het! WAT HET die koop of verkoop van enigeiets enigsins met ‘n virus te doen? Dit is asof die Ebrahim Patel wakker le in die nag en planne maak hoe hy met die mense van die land kan speel. Ek kan aan ‘n paar Ministers dink wat as ons na die virus in stille waters seil, iewers op ‘n boot die diep see in geneem word en daar algelaai word en gelos word. ‘n Paar name van tot die voorgrond kom is Nkosazana Dlamini-Zuma, Bheki Cele, Ebrahim Patel, en Fikile Mbalula.

Eugene ·

Absoluut belaglik. Patel is meer Pateet. Dit is tyd vir Cyril om in te meng voor daar probleme kom. Tussen patel en zuma is dit net n kwessie van tyd voir breekpunt aanbreek

JohanR ·

Dis daai ou van wie ons 20 dae gelede gehoor het. Skitter in sy afwesigheid!

Kokerboom ·

Hierdie drakoniese reels is nou die toppunt van belaglikheid. Kan iemand asb in die koppe van die kaders inprent dat hul funksie is om die land liewer behoorlik te bestuur en van ekonomiese ondergang te red en NIE hul tyd mors op sulke kinderagtige reels nie!!Dis baie duidelik die mense het NIE die kennis en vermoee om te prioritiseer

Lindi ·

Nou kan ons wag vir die volgende “wet” waar hulle aankoop tye gaan beheer met WANNEER wie wat mag koop. Almal se vanne wat begin met A – G kan inkopies doen van 7 – 8. Ens ens!

Anel ·

Moet nou nie slapende honde wakker maak nie. Sal nogal wil sien hoe hulle die een gaan regkry. Hi, hi, hi!

Archie ·

Absoluut absurd!!!! Hierdie maatreëls is baie baie gevaarlik vir die toekoms van hierdie land en indien ek jonger was, het ek lankal die stof van hierdie plek van my skoene afgestof.

Ronel ·

Wat van mense wat spesiale skoene dra? Patel se kop is deur mekaar. Gekke volgende gaan kos wees.

Chantel ·

En so neem hulle als oor. Wanneer gaan ons mense opstaan teen hierdie?

Pieter ·

Hoekom kla almal so dit is ons blankes se eie skuld. Want ons wil nie standput in neem nie. Toe die taxis praat van staak toe kon die ANC gou spring. Lock down of te nie

Michael ·

Dis nou duidelik dat ons onder ‘n kommunistiese regime leef. Indien ons nie in ons massas gaan opstaan nie sal dit nie verander nie. Praat en kla gaan niks verander nie

Magda ·

Ag ASB – julle kan nie eers keer dat die virus versprei nie, of enige iets wat verbied is verkoop word – Illegal sales. Al wat julle nou doen is om mens te dwing om illegal sales te doen. Dit is al wat julle nou vir ons leer.

Deon ·

Met illigall sigaret en drank verkope, die polisie vat dit af. Wat word van dit, ek vermoed dit gaan terug in die stelsel in sodat dieselfde produk oor en oor verkoop kan word… Geld maak soos bossies die

Alleen Wolf ·

Ek het gedink hulle is erg met hulle maatreëls, maar hierdie een vat die koek, hier kom moeilikheid wat in hulle gesigte gaan ontplof, die idiote en C.R. sê niks, ook maar net ‘n pion in NDZ en die ander se mag

Jan ·

Wow. Ek hoop hulle gaan my se water kleur onderbroek ek water dag mag dra. Is Patel nie dalk n kominis nie. Ons moet doen wat hy se . Hy help die land in die afgrond in

Mariana ·

Die besluite wat geneem word deur sekere ministers raak al hoe meer belaglik. Die “lockdown” reëls en regulasies word nou so bietjie te ver gevat. Dit is tyd dat mense weer begin leef, werk, skool en ontspan soos normale mense. Op die oomblik word ons soos gevangenjs behandel terwyl die kriminele uit tronke vrygelaat word. Niks wat die regering besluit maak enige sin nie.

PH ·

So, ek mag ‘n T-hemp dra wat ek laasjaar gekoop het, Nou mag ek een koop en die nuwe een dra slegs as ek dit onder ‘n ander hemp dra.
Maak seker absolute sin vir ons kaliber ministers maar nie vir my nie.

Scalla ·

Patel, hoekom kan elkeen nie een van elk gratis kry nie, dit werk mos so in n kommunistiese land.

Jacobus ·

Glo nie wat ek lees nie! Die spulletjie is besig om redelike burgers oor die randjie te stoot. Belasting weerhou – baie naby. As hulle by die trog wil vreet . Maak die trog leeg.
En ek is ‘n baie gewone geduldige eerlike burger van die land wat hulle so deeglik vernietig. Miskien die volk herinner dat verkiesings beloftes GEEN voedings waarde het.

Pieter ·

Welkom in die kommunisties staat van Azania.

Denke beheer, aankope beheer geloofs beheer noem dit maar op. So terloops weet iemand iets van die berig op E-TV die 7de Mei waar die staat ‘n wet wil deurvoer wat die SAPS en ander wets toeppassings agente volmag gee om jou persoon, voertuig en huis ter enige tyd sonder ‘n lasbrief
mag deursoek. Blykbaar het ons tot die 17 Mei om teen dit te praat.

Basies nog net Sjina , Noord Korea en Kuba wat nog tenvolle ‘n kommunistiese ideologie volg. Venuezela in Suid Amerika gefaalde staat van anargie want kommunisme werk nie meer nie.

Grassie ·

Ek het al ‘n paar keer hier op MM gesê dat die regering die korona-krisis misbruik om hul eie magspel te bevorder. Hierdie klere- en beddegoedeëls het beslis niks met bekamping van die virus te doen nie, net soos ‘n hele klomp ander reëls wat die afgelope tyd op die landsburgers afgedwing word. Hulle wil die mense leer om gehoorsaam en onderdanig te wees met die oog op wat hulle vir die toekoms beplan.

Hydi ·

Jy het geen regte in Suid Afrika nie – slegs die ANC het regte.
Ons is besig om ‘n kommunistiese bestel in te tree en Covid was die trapleer.
Ons moet begin leer om te oorleef in ‘n kommunistiese land, want beter gaan dit NIE word nie.
Ons blankes is geskroef.

Eerlik ·

Kommunisme in hoër graad. Klere is klere, of jy nou stewels of plakkies koop, wat is die risiko daaraan verbonde? Hoe belaglik om mense so voor te skryf! Besef hierdie idiote (besluit nemers) watse dom dinge hulle self mee besig hou!!

Okmardom ·

Lindie. Ek kan aan nog vele meer dink. Vrydag is nie meer sportdrag nie maar kopdokdag..

Okmardom ·

Ons behoort almal Vrydag n geel of groen kopdoek aan te trek om ons ontevredenhieid aan te toon.

Sê Ook Maar Net ·

Wel, dit lyk vir my soos alles , behalwe CROCS!!

Sharnelle ·

Dalk sien hulle dit as crocorona aan. Hulle is belaglik

Raadslid ·

Kyk hulle het nou al so baie ander lande se regulasies gecopy en paste dan hulle nou glo hulle kan self regulasies skryf. Nou kom die ware IK’s uit.

Raadslid ·

Te belaglik om op te reageer. Winkels wat so belaglik wil wees om die toe te pas moet maar net die besigheid verloor. Ons moet begin om ons eie mense te ondersteun.

Sharnelle ·

Patel, kan jy meer spesifiseer wat se tipe bra en pantie ek mag dra, mag ek g-strings dra. Jys belaglik met al jou voorstelle van klere koop. Ons mense raak almal keelvol vir hierdie kommunistiese besluite, dis seker nie baie ver nie dan word ons huise en meubels vir die staat gegee en word dan bepaal wie mag in ons huise woon en wie nie. Ons is keelvol verby met julle mag en beheer, dis genoeg dat sigarette verban is, nou moet ons soos gehoorsame kinders wees en mag net dit en dat dra. GATVOL VERBY.

Trotse Boervrou ·

LMGA… Jy sal nie vir my vertel nie. Ek haat toe skoene. Gelukkig het ek nog my kaalvoete en SAL ek daarmee loop. Of word dit ook verbied? Gaan jy my in die tronk stop indien ek my eie kaalvoete gebruik? O my genade….

MARELIZE ·

In die bosveld dra ons eenvoudig nie langmouhemde nie. Besit nie langmouhemde nie.

Ons is erger as ‘n trop skape. Baaa-Baa-Baa al agter die gek herders aan. Ek het nooit gedink ek sal hierdie tye ooit beleef nie. Hel, is ons mense of nie? Het ons enigsins verstand?

MARELIZE ·

Waar is die regsgeleerdes? Regulasies – hoe afdwingbaar is dit? Wetgewing is regtens afdwingbaar, maar om wette daar te stel moet die regte prosedure gevolg word. Wat is die plek van regulasies?

Kattebol ·

Die regsgeleerdes is bang vir die regering want al die regters is ANC puppets.

Kobus ·

Wonder nou net wie het weer vinger in of aan ‘n Klere Winkel “PIE”

Pietie ·

Ek wonder hoekom net sekere goed gekoop mag word. Ek wil nie stewelsdra nie. Ek wonder maar net

Sokrates ·

Dlamini Zuma het mos onlangs pertinent gesê hierdie is die tyd van “class suicide”……… dit motiveer duidelik hul denke en besluite. Mense moet leer om die kommunistiese “mindset” te kan raaksien. Daarvoor moet hul ekstra fyn luister na woorde en konsepte soos hierbo, want dit word meesal subtiel en tussen die lyne ingevleg in toesprake………Dalk sal dit goed wees as iemand n artikel “Kommunisme 101” skryf vir lesers om opgeskerp te raak vir wat hierdie soort ideologie nou eintlik behels en watter taal jargon om voor uit te kyk…….

Niné ·

Laat my dink toe ek in 1980 in destydse Poland en Romanie was…lang toue om die bietjie wat die kommunistiese regering toegelaat het in die winkels te koop met koepons waarmee jy net sekere hoeveelhede van sekere items kon koop. Moenie soos skape gelei word nie.

4ntj13 ·

Wel wettig: gebreide swemklere!!
Onwettig: kouse wat nie vollengte is nie, legwarmers, ponsho’s wat gehekel is, truie wat gehekel is, jeggings en ski pants, onderbaadjies, vests, bras, pantys, balaklavas, komberse en handoeke waarvoor die swartmense so lief is, ens!
Oi!

Pieter ·

Toe drank verbied word, het dit my dadelik aan my tyd in die midde ooste laat dink. Nou met die klere drag laat dit my weer daaraan dink. Presies soos mense in Muslim lande moet aantrek. Ek mag verkeerd wees, en sal onverskoning vra as ek is, maar die reels lyk al te bekend. Nie net kommunisties nie maar ook sharia

Anel ·

Dis wat ek ook gesê het. Elkeen van die spul probeer sy siening op ons afdwing nie maar ek mag nie na MY kerk toe gaan nie!

Renier ·

Ek is 6’3, en dra n nr 13 of 14 skoen,hang af van die maak.Hulle is baie skaars. Ek koop en dra wat pas.

Chris ·

Dit is nou hoe n demokratiese land se regering werk. Volgende skryf hulle seker voor wat ons vir ontbyt mag eet ook.

Kattebol ·

As ons hulle langer toelaat om hierdie drakoniese reëls in te stel sal ons maar te bly wees ons hét iets om te eet vir ontbyt!

Nell ·

Wat van die informele nedersettings en plakkerskampe? Waar moet die armes geld vandaan kry om ‘n ”wardrobe makeover” te kan bekostig??

4ntj13 ·

Noudat ek die wet gaan lees het:
1. Dit bepaal darem nie wat jy mag dra of self maak en selfs weggee, nie.
2. Dis hopeloos ontoepaslik beperkend op verkope van kleinskaal, gemaakte goedere, soos hekelwerk.
3. Wat van tafeldoeke, sakdoeke, handoeke, waslappe, servette, balaklavas en bedsokkies?
4. Hoe gaan beperkings op VERKOPE van onder andere dit in 3., bo, Covid voorkom?
5. Slaghuise bly oop (tereg ook!) al blyk dit wêreldwyd besonder erge clusters van Covid te bevorder. Hierdie wet beperk dus responsiwiteit erg.

Martie ·

Genade mense is darem maar lief vir kerm…..
Dit is winter…. kanse dat iemand nou oop skoene wil dra is bitter skraal.
Verder lyk die lys van klere wat gedra moet word redelik standaard volgens wat mens gewoonlik dra.
Dankie tog hulle het nie gese geen klere word nou toegelaat nie, dis effe koud om nou sonder enige klere te moes gaan.

Kattebol ·

In Limpopo word dit erg warm deur die dag in die winter.

Sandra ·

So nou wil die regering ons vertel wat ons mag koop met ons eie geld wat ons met die sweet van ons aangesig verdien. Ek kan verstaan as die bepalings in plek was as jy die staat se geld gebruik, maar my eie geld. Hulle het nou finaal hul varkies verloor deur die simpel regulasies. Ek sien as jy klere koop, mag jy dit nie aanpas nie want die aanpas kamers is toe. Hoe de hel moet jy weet of dit jou pas as jy nie kan aanpas nie. Nou kom jy by die huis, die broek pas nie, maar jy sal dit nou vir iemand anders moet gee, want jy kan dit ook nie terugvat nie. So dis al klaar ‘n mors van geld. Hoekom is die klerewinkels oop, as dit die geval is. Ek sal die mense nooit verstaan nie.

Hanelie ·

My befiende werk net 1x per week by my. Haar inkomste is net onder die R1700p/m. Edgars bel my en soek haar sy skuld hulle R33 000.00. Hopelik kan hulle nou geld spaar deur die beperkte aangeskrewe aankope. Ha ha ha

Hanelie ·

My broer is getroud met ñ Chinese dame en woon al 9 jaar in China. Nie eers daar word hulle so voorgeskryf nie. Magsbehepte spul wat die land ruineer.

Elsa ·

Hoekom “haarbekomstighede” toelaat maar nie somerklere? Besef Patel nie dat dele v Suid-Afrika soms temperature van bo 30 in die somer het nie?

Kattebol ·

Dis kommunisme in die ergste graad!!!
Julle een breinsel elk is ook onder lockdown South African government.

Riana ·

Dis nou regtig belaglik om jou tyd te mors om vergaderings te hou hier oor. Wil hulle ons nou van kop tot tone beheer. Wat van die mense wat niks anders as plakkies kan dra nie? Ek dink ons regering is besig om ons gewoont te maak aan hul diktatorskap om ons aan die kort hare te hou.

Cherry ·

Dit is nog in die 26 tot 30 Grade by ons hoe op aarde so warm aantrek???? Die regering sit en lag vir ons hulle het ons presies waar hulle ons wil he

Tienie ·

Ek is n Protestant en ek sal aantrek soos wag ek geleer is.

Ek sal nie “ander” gelowe se kleredrag voorskrifte volg nie……hulle se…………

marius ·

Het hierdie spul mal pitte ingekry ? Word hulle betaal vir die gekkigheid? Dit blyk dat hulle die mense se mentaliteit tot die uiterste wil beproef om te sien of hulle ‘n nasie wandelende dooies het , wat geen weerstand kan bied om oor te regeer nie.

Petrus Johannes ·

Nou is ek oortuig dat die virus die ministers se breine aantas.Waar in die lewe sulke malheid hy hoort in weskoppies Wat de hel het skoene met virus te doen.

Warrior ·

Belaglik!! Wat van handskoene? Voel soos n dogtertjie wat stout was en nou gestraf word ????

Amanda ·

Ek het regtig GEEEN, maar GEEN vertroue in ons huidige regering nie!!! Onder druk wys mens jou ware kleure, en ek so so teleurgesteld, ek het beter verwag!!! Om te maak of ons ‘n klomp onnosele kinders is wat hul mee te doen het!!! Onbevoegd om ons lewens in hul hande te hê! Nooit gedink ek sal dit sê nie, maar ek is nou so ….. ek weet self nie hoe om te beskryf hoe ek voel nie, woorde ontbreek my!

Marie ·

Yoki

Dit is absuurt. Ek dra meeste van die tyd winter en somer net my sandale en kort mou hemde. Wat het die dra van klere iets te doen met die Covid 19 Virus? Wat van mense wat ander behoeftes nodig het wat nie essential is nie? Ek weet van mense wie se plek tydens die inperking afgebrand het maar nou mag hulle niks koop wat nie essential is nie. Nie eers gordyne nie. So moet hulle nou maar krippeer? Absuurt!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.