Afsonderingsregulasies oor klere ‘bisar, verstommend’

Daar is al hoe meer kritiek op die regering se afsonderingsregulasies. (Foto: pixabay)

Die DA eis die kop van die minister van handel en nywerheid nadat hy Dinsdag bepalings in die Staatskoerant afgekondig het waarin uitgestippel word watter kleredrag mense tydens vlak 4 van die afsonderingstydperk mag dra.

“Die DA is verstom oor die bisarre en ongelooflike lys klere wat [Ebrahim] Patel afgekondig het en dit lyk asof dit uit Alice in Wonderland afkomstig is,” het Dean Macpherson, die DA se woordvoerder oor handel en nywerheid, Woensdag gesê.

“Die nuwe kleredragbepalings is waansinnig en lyk of dit eerder tuishoort in die 1980’s in die Sowjetunie, eerder as in ʼn demokrasie soos Suid-Afrika.”

Macpherson sê daar is geen regverdiging vir die minister om te besluit watter klere mense mag koop nie – en erger nog – hoe hulle dit mag dra.

Hemde kan byvoorbeeld gekoop word, mits dit onder ʼn baadjie of trui gedra word. ʼn Kortbroek is ook aanvaarbaar, maar dan moet dit met stewels en dik sykouse (“leggings”) gedra word. Skoene mag ook verkoop word, maar net as die tone bedek word.

Macpherson sê die bepalings beledig Suid-Afrikaners se intelligensie.

“Om dit reguit te stel: Suid-Afrikaners dryf die spot met minister Patel oor dié regulasies.”

Die voorskrifte is beskryf as iets uit die bekende boek Alice in Wonderland. (Foto:
Paolo Nicolello/Unsplash)

Hy sê die regulasies is niks anders as Patel en die ANC se voortgesette obsessie om aan Suid-Afrikaners voort te skryf wat hulle mag en nié mag doen nie en dat dit geen plek in ʼn vry land soos Suid-Afrika het nie.

“Die DA glo mense moet kan koop wat hulle wil, solank dit veilig en in ooreenstemming met gesondheidsprotokolle gedoen word. Daar is geen regverdiging vir ʼn lys klere nie.”

Macpherson sê Patel maak nou ongetwyfeld net wat hy wil sonder enige teenkanting van pres. Cyril Ramaphosa. Volgens die DA is Patel toegelaat om sogenaamde wenners en verloorders in die ekonomie te kies en te besluit wat billik is.

“Die president moet nou na vore tree en Patel dadelik afdank. Hy was tydens die krisis ʼn dooie gewig in die regering en steier van een krisis na die volgende. Hy moet toegelaat word om te gaan rus voordat hy ons ekonomie enige verdere skade berokken.”

Op sosiale media het mense ook hul verbystering met die jongste regulasies te kenne gegee. En talle dryf inderdaad die spot daarmee.

“Ek het nooit gedink ek sal dié absolute waansinnigheid van die regering sien nie,” het die voormalige DA-burgemeester van Johannesburg, Herman Mashaba, getwiet.

Die politieke ontleder Justice Malala het op Twitter gesê Ramaphosa het vroeër gesê die besluit oor die voortgesette verbod op die verkoop van sigarette was ʼn gesamentlike besluit van die regering – en dat dié “verspotte regulasies” dus nie net Patel se besluit was nie. “Hierdie is Ramaphosa se bepalings. Hy is aandadig.”

Nóg ʼn sosialemediagebruiker spot dat dit lyk of die regering vergeet het om die draadtelling van die lakenlinne wat verkoop moet word, in die regulasies in te sluit.

“En die Orde van die Dik Doringboom (vyfde klas) gaan aan … minister Ebrahim Patel vir die domste regulasies wat nog ooit afgekondig is,” skryf ʼn ander gebruiker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

84 Kommentare

Dirk ·

Net regstel,kortbroeke mag nie verkoop word nie.Ek wou by Makro kortbroeke koop maar daar is vir my gesê ek moet dit terugsit.Kortmou hemde mag wel verkoop word,wat vir my stupid is want wie gaan weet of jy n baadjie gaan aan trek.Die klomp in die regering het nie n flippen clue wat aangaan as dit by sulke besluite kom nie..

Leeuwyfie ·

Ons moet maar die tyd geniet wat ons MM kan lees en kommentaar lewer. Dinge beweeg nou so vinnig dat ons nou enige tyd kan verwag dat die regering alle internet verbindings gaan sluit sodat jy net kan kyk wat op die tv is. Die rede gaan wees om “misinformasie van covid19” te stop.
Geen informasie in of uit nie, behalwe informasie goedgekeur deur die regering, dis wat hulle beplan.
Daarna is dit nie so ‘n groot stap na die breek van telefoon konneksies nie.
Ek hoop meeste mense het twee rigting radios en is ingeskakel by hul omgewing se kanaal.

Yvonne ·

Hm, beste wat ek uit hierdie hele absurde gemors kan kry is die foto van Brad Pitt!

Sonneblomkind ·

Alice… in Wonderland…..lag lekker en lyk my hul dink ons gaan dit ondersteun…sirkus hier kom ons

Anel ·

So, as ek nou met t-hemp, kortbroek en kaalvoet winkel toe gaan beland ek in die tronk? Of as ek skoene sonder kouse dra? Do ek mag ook nie gewone sykouse dra nie, dit mag net ‘n sekere soort wees? Ek dra nie “boots” nie, het nog nooit en sal ook nie. Ook nie “leggings” of wat ook al nie. Patel moet in gestig op geneem word, so ook die res van die regering. Vader tog. Wat het die tipe klere wat jy dra enigiets met die virus te doen?

Anel ·

O, ja. Ek sien al my man en seuns in kortbroek, “leggings” en “boots”. LMGA!!

Raakvatter ·

Het op my dag Wehrmachts gedra, het dit nogsteeds. Dit kan gaan, net nie lus vir die leggings nie.

koos10 ·

En daar was mense, ook op hierdie forum, wat die verbanning en sigarette en drank ondersteun het!
Dit was net die begin, en ek het ook op hierdie forum my bekommernis uit gespreek.
Tans word ons grondwet vertrap.

Boortor ·

Koos 10, ek het dit ook gese en toe was daar n hele lot afvingertjies! Dit gaan nog erger word want almal stoom en brom maar ons kom niks verder nie. Ek sal my lewe ly soos ek wil en NIE soos een of ander imbosiel wil he ek moet nie!

Raakvatter ·

Boortor, ek onthou so iets en ek stem saam jou. My vrou het selfs die grap gedeel van “maar dis teen die Grondwet”. Ek het so lekker gelag vir haar humorsin tot ek sien sy was ernstig.

daniel ·

Iemand met inisiatief kan n grap strokies verhaal begin met die naam ” die snert wereld van Patel.”

Dekmantel ·

Dit lyk maar so waar kommunisme regeer. Dit is mos wat hulle wil hê, om alles en almal te beheer.

Marianna ·

kommunisme. Almal trek dieselfde aan. Dis maar net die begin. Later sal ons vertel word watse kos om te eet en hoe groot ons huise mag wees en. . . wie mag by ons bly.

Okmardom ·

Ek het net een been. Dra net kortbroeke. Hoe het jou raadgeweer gedink. Gevoelloos. Dink bietjie…” Please apply your mind” ..kan jy dit doen minister?

PH ·

Ek het ook net een been Dieselfde “probleem”met mense wat breindood is.

RB ·

Genade, to apply your mind beteken by implikasie dat jy een moet hê wat applicable is. Dit kan nogal n probleem wees!

Patches ·

Haha, nou het die spul dit heeltemal verloor!!! Winkel eienaars moet saamstaan teen hierdie belaglike bepalings. Klere winkels moet kan verkoop wat hulle in die winkel het. Hoe gaan die verbod op sekere items die virus stop. Mense versprei die virus! Hou by die gesondheids regulasies ens . Maar magtig verkoop wat daar te verkope is!!!!

SomeOne ·

patel het vergeet om te se dat jy met brille in die openbaar MOET dra, LMGA vir die “mens”

Kokerboom ·

Alles is so bisar soos die regering van die dag. ‘n Totale klomp imbesiele behalwe Tito. Ek skaam my vir die lot.
As die res van die land moet swaarkry agv die klomp kaders se totale onbevoegdheid is dit nou tyd dat almal van hulle met onmiddelike effek GEEN salarisse ontvang want die ekonomie kan hul eenvoudig nie bekostig. Laat ons dan sien of hul nog so ‘n klomp twak gaan kwytraak. Die President is ‘n flou donkie wat toelaat dat sy ondergemiddelde kaders die land so vir ‘n “ride” vat!!

katerinadiekat ·

In this country we are living in a perpetual Monty Python episode. Now more than ever.

Johanncb ·

Gaan daar binnekort vir ons voorgeskryf word wat om te eet? Of hoe laat ons moet gaan slaap en opstaan?
Mnr die President, die inperking het in ‘n gekkespul ontaard! Waarheen is ons op pad asseblief?

Ronel ·

Wanneer en waar ons mag draf. Wat ons mag dra, Volgende is seker hoe ons ons bra’s en panties mag en nie mag dra nie.

Anoniem ·

Hulle gaan seker vir ons ook begin voorskryf wat die kleur van ons bras en pantie’s moet wees.

Henk ·

Ronel , hulle gaan nog bepaal hoe fiks jy ook mag wees en die tyd hoe vinnig jy n km mag hardloop !

JohanR ·

Ek het soe bietjie na die Minister se bepalings gekyk terwyl ek nog in die bed le omdat ek nerens mag gaan nie, en nog ‘n voorstel vir die Minister het. As die winkels tussen 08h00am en 17h00mn oop is – 9ure – dan kan die mense nou soe inkopies doen. Vanaf 08h00 tot 10h00 net mense met vanne wat strek van A tot G, en hulle moet in geel geklee wees. Vanaf 10h00 tot 12h00 net vanne wat strek van H tot N, en hulle moet in rooi geklee wees. Vanaf 12h00 to 14h30 net vanne wat strek van O tot T, en hulle moet in groen geklee wees. Vanaf 14h30 to 17h00 net vanne wat strek van U tot Z, en hulle moet geklee wees in donker blou. As enigeiemand in ‘n ander kleur na hulle tyd in die winkels gevind word moet hulle dadelik weldadig grond toe gegooi word, gebooi en polisie stasie toe. Dit gaan vir kinders ook! Sien julle klomp ANC KGB’s hoe belaglik die ding nou word, en hoe stupid lyk julle!

Queline ·

Die hele SA se temperature is nie die selfde nie. So hoe kan madam patel sê wat ons mag en nie mag aantrek nie. Daar is n baie fyn lyn op die stadium wat aan mense regte gekarring word.

Andre ·

As dit by veiligheid kom, doen ek my deel. Maar hierdie “ek is chief” idee lag ek af.

4ntj13 ·

Ek lag verál lekker: Ek gaan uiteindelik vir my klere maak wat onwettig is om te koop!!! Die rebel in my gaan uiteindelik sy dag ook kry. Noord-Korea kan gaan bars, want hierdie is sekerlik meer beperkend as hul berugte voorskrifte. Nou kom die resjering se ware kle(u)re uiteindelik na vore. Na hierdie wetgewing sal niemand ooit weer na Apartheid se sogenaamde reëls kan verwys nie. Nou is ons Afrikaners uuteindelik weer vry!

Charmain ·

En hoe gaan hierdie bepalings die verspreiding van die virus beperk? They lost the plot completely! Volgende gaan gesê word ons klere mag net grys/swart/wit wees, geen helder kleure!

Tienie ·

Hulle wil hê ons moet hulle “brand” koop.

Hulle is mos die “mense” met die geld….die markte het so geval dat hulle nou alle besighede kan opkoop.

So as jy koop, koop jy van een of ander ANC comrad….

Adam Adriaan ·

By hulle laaste club vergadering wat CR en sy oorlogs kabinet gehou het, was daar seker gedurende tee tyd, ‘n bietjie gif by die koffie gewees, wat hulle denke aangetas het. Almal van hulle het ‘n klap van die windmeuel weg.

Anel ·

Sit nou en dink, as alles moet toe wees, mag nie plakkies dra, kortbroek, t-hemp, alles moet toe wees, neig na moslem se geloof. Dieselfde met drank en sigarette. Dink bietjie, komunistiese en moslem. Die regeting is nou vol van hulle en elkeen wil sy siening afdwing. Nou kombineer hulle dit. Kan nog iemand dit dalk ook sien?

skinderbek ·

Nou weet ek hoekom dagga gewettig is, die hele regering is gerook.

Danie ·

Mnr Patel. Ons is gatvol vir al jul reels en regulasies. Ek is nie n hond vir wie jy kan oplei en se sit dan sit hy en staan dan staan hy nie. Mnr Patel jy is besig om met die leeu se knaters te speel en die leeu is besig om moerig te word. Ek sal klere dra wat my gemaklik laat voel of dit nou n toeskoen is en of dit n toonplakkie is. Mpenie dink ons is stupid om te sien wat julle eintlik besig is om te doen nie. Jy en jou handlangers kan loop dinges.

Frederik ·

Die regering se smag na mag raak buite beheer en ‘n kakistrokratiese bespotting. Hierdie strategie gaan ook hulle ondergang wees ! Kannie wag nie !

Boortor ·

Ek kan nie eers hierdie mens/ mense hel toe stuur nie! Die duiwel sal ook vir hulle lag en terug stuur aarde toe! Hoe PATETIES kan hulle raak?????

Johannes Mattheys ·

Laat die vraag ontstaan oor hoe bevoeg mense aan die stuur van sake regtig is? Het ons oornag in ‘n kommunistiese staat verander? Wat van ons Grondwet? Absurd om die miste te sê!

Termiet ·

Ons is tans in ‘n kommunistiese staat. Mense wil dit net nie besef nie!

Willem ·

Ek dink regtig die Pres se Covid – 19 Command Group raak n lagwekkende spul, SA het met n groot gejuig weg gespring met die pandemie maar ek dink alles is besig om nou heel uit mekaar te val regtig.

Nie Verbaas ·

Om te dink, Patel is iemand se pa! Elke dag bewys ANC net meer en meer oor hoe onbevoeg hulle werklik is.

Jan ·

Ons is klaar in n land waar daar besluit word water kleur onderbroe kan gedra word om carona te stop

Jurg ·

Nou is genoeg genoeg dit raak nou soos ‘n sirkus. Ek is 50 jaar laas vertel wat ek mag en nie mag doen nie. Wil iémand nie paar klappe gaan uitdeel dat regering kan wakker word nie.

voor ek vergeet ... ·

Ja, soms wonder ek of dit nie óns is wat ’n paar klappe nodig het om wakker te skrik nie. Wanneer gaan die besef tot ons deurdring dat ons regering nie dom is nie, hulle weet baie goed wat hulle doen. Deur stelselmatig hierdie soort van kommunistiese reël in te stel, word ons reaksie getoets, gekyk hoe vêr ons gedruk kan word… alles onder die dekmantel van die pandemie.

Jan ·

Hulle maak n bespoting van hulle eie grondwet. Deur hierdie snert te praat neem hulle die mens se gedagte van wat werklik besig is om te gebeur. Oor n paardae gaan hulle se dat dit is net n wit siekte . Want al die swartes sterf weens carona

MakersMark ·

Enige persoon wie se voorvaders drie geslagte terug nog stertriem gedra het sou nie ‘n uitstaande “dress sense” gehad het nie.

Mossel ·

Minister Patel.. se asb vir my of ek n pantie.. g sting of niks moet dra nie. Netnou kry my boud covid… met n adult doek bo oor of onder my rok.. klaar dit op asb.. o ja.. mag ons asem haal .. of liewer nie ? En waar kry ons almal rooi clown neuse mahala vir hierdie SA sirkus ? Of is dit BEE based ?

Alida ·

Ek dink CR moet vir oomblik vergeet van die virus en dringend n kabinetskommeling aankondig. Genade so kan dit nie aangaan nie. Vir n begin kan hy ontslae raak van Patel , Zuma en Cele. Die President is die baas van die land en hierdie narre plaas ons in n helse verleentheid.

Oomniklaassevriend ·

Ek begin nou hierdie maatreels verstaan. As ek elke dag van die week soveel tyd as wat ek wil in klerewinkels spandeer om wintersklere te koop hou ek ‘n veel kleiner gevaar vir die samelewing in as wanneer ek een keer ‘n maand somersklere koop. Indien ek ‘n kortbroek koop vir draf kan ek dit met kort kouse dra maar as ek daarmee winkel toe wil gaan om kos te koop moet ek net gou langkouse aantrek om die risiko van besmetting te verminder.

Fedup ·

I may live in this unfortunate country, but NO ONE will EVER tell me what to do; wear or when to breathe. Now this is not my president as i did not vote for him. And his cronies can go fly for all i care. For us normal people it is hard to imagine a more stupid or more dangerous way of making decisions than by putting those decisions in the hands of people who pay no price for being wrong.

Sonneblom23 ·

So gaan die Fashion Police my n boete gee/ fashion oortredings kaartjie skryf? Want dan dring en aan dat hul n font kies wat by my klere pas :-D

Anoniem ·

Niemand maar NIEMAND kan ons ekonomie verder skade berokken. Ons ekonomie is totaal en al klaar daarmee heen. Gister ‘n swart persoon voor ‘n winkel sentrum op sy kniee gesien waar hy mense smeek vir kos. Geen minister van hierdie land het my respek nie.

Kanjynoumeer ·

Waar is ons President Ramphosa!? Weet hy van hierdie bisarre goed? Hy moet tog ingelig wees. Hoe kan hy dit toelaat? Daar gaan al die respek alweer uit by die deur.

daniel ·

Die grootste snert idees wat ek ooit van gehoor het. Dit klink soos iets uit n KGB se grapboek. Mnr Patel moet liewer teruggaan skool toe.

Jessey ·

Mense. Julle vra hier onder wat is volgende. Wel ek dink ek het die antwoord. Ek dink dit sal iets soortgelyks wees aan die EFF se dresscode. Almal rooi oorpakke en hardehoede. Proudly made in SA soos die ministers die maskers verkoop op die nuus. O ja en dieselfde kleur masker natuurlik. Met lekker staalpunt skoentjies

Fae Fubar ·

Die stommerik! Hier in Tzaneen dra ons basies die hele jaar deur somersklere. Mans ‘n kortbroek met toeknoophemp of ‘n t-hemp en vrouens ‘n ligte somersrok/langbroek/romp/dun bloesie. Die heel skraletjies sal dalk een môre so om en by 03:00, in die middel van Julie, ‘n ligte blou skynsel om die lippe kry en dan ‘n truitjie tussen die mot bolletjies gaan uitkrap. Die frisser inwoners se “winter drag” behels meestal ‘n paar langer sokkies vir die mans en ‘n kamisool onder die dames se bloese. Nou kom die lawwe ministertjie met sy poging om ook ‘n stuiwer in die armbeurs te gooi. Tsk, tsk, die volgende vertolking van hierdie reeks verspotte regulasies, is dat diegene wat slegs enkellaag toiletpapier kan bekostig, dit gedurende die wintermaande met dubbellaag móét vervang. En dalk sal die lap-maskers uit vier lae moet bestaan. Elke dag ‘n nuwe lag, met trots geborg deur CoronavirusSA.co.za…

Pietie ·

Ek sal aantrek soosek goed dink. Dis malligheid wat nou hier aangaan.

Leon ·

“Die nuwe kleredragbepalings is waansinnig en lyk of dit eerder tuishoort in die 1980’s in die Sowjetunie, eerder as in ʼn demokrasie soos Suid-Afrika.”

Hoe reg is jy nie. Suid Afrika is die voortseeting van die USSR en Kuba noudat die twee lande meer demokraties raak wil die ANC hulle regering stelsel laat voortleef.
Onthou, hulle is geskool in hierdie tipe van regeringstelsel in die USSR en Kuba. So dit is al wat hulle weet van ‘n land regeer. ‘n Mens moet hulle jammer kry. Die indoktrinasie was baie goed gedoen.

Alleen Wolf ·

Daar is nie meer oets soos ‘n Grondwet nie, nie eers die hoee erken meet so iets nie, geen wonder die spul maak wat hulle wil nie.

Alet ·

Ek weet April is al verby maar is hierdie ‘n gekke dag grappie?

Bushy ·

Weet iemand dalk watter haarstyle toegelaat gaan word.? Kim Young Unn Styl dalk.

pokkel ·

die boere in my area dra kort kort kortbroeke… reg deur die jaar… selfs as ‘n koue front in die middel van die winter tref en daar lê sneeu op al die berge… hoe nou gemaak? :D

Fae Fubar ·

Hulle sê dan trek jy maar twee kortbroek iets oor mekaar aan, Pokkel: / Dis nou te sê as julle toegang kan kry tot die nuwe kort kortbroekies:)

Ilse ·

Hy bly duidelik nie aan die Noordkus van KZN nie, hier dra mense nog somersklere en oop skoene.
Ons sal vergaan as ons nou al so warm moet anntrek……wat word nou van kinders wie se somerskoene te klein geword het of volwassenes wie se somerskoene breek? Dan loop almal seker kaalvoet tot die regering besluit hulle mag weer plakkies of sandale koop. Die winkel is in elk geval oop, die voorraad is daar, verkoop die goed en laat die winkel geld maak om huur en salarisse te kan betaal.

Amanda ·

Word ons deur onnosele mense regeer? Wie neem hierdie dom, belaglike, onverstaanbare besluite tans?

Pateties… kan nou langmou klere koop, maar nie kortmou nie! Virus seker nou in somersklere ingetrek!

Pateties – mag tandarts besoek, wat reg in jou gesig werk, maar nie haarkappersalon nie, wat kliënte kan beperk volgens hul spasie, al is dit een op ‘n slag…

Pateties – Word soos kinders behandel en mag nie rook of drink nie! Dis mos elkeen se eie besluit hoe jy na jou gesondheid wil omsien.

Pateties – Om voor te skryf wat aangetrek mag word en nie mag nie, dit sal die dag wees.

Pateties dat mens diegene wat jy met jou lewe moet vertrou, nie opgewasse is vir die taak nie.

Ek gee op!!

voor ek vergeet ... ·

Belaglik! Gaan lankal nie meer oor VEILIGE aankope nie. Hierdie kommunistiese regulasies word daagliks onder die dekmantel van die pandemie op ons getoets!

Raakvatter ·

Wag nou dan vir die regering om voor te skryf wat ons mag eet en hoe om dit gaar te maak. Watter charcoal om te gebruik en ook hoeveel jy mag opsit. Die kleur van jou huis en watter tipe hond jy mag aanhou. Hoeveel suiker jy in jou koffie mag drink en hoeveel per dag. Haha, belaglik!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.