Agt verongeluk op pad werk toe

Die toneel. (Foto: X)

Agt mense is vroeg Donderdagoggend op pad werk toe in ’n ongeluk op die R555 naby Steelpoort in die Fetakgomo Tubatse-munisipaliteit in Limpopo dood. Die slagoffers was almal werksaam by ’n nabygeleë baksteenfabriek, aldus Florence Radzilani, LUR van vervoer in Limpopo.

Die werkers was omstreeks 07:20 op pad na die fabriek, toe ’n bus ’n ander voertuig glo gevaarlik verbygesteek en die kant van die vragmotor getref het waarmee die werkers gereis het.

Die slagoffers was almal passasiers in die vragmotor.

Radzilani het haar medelye met die slagoffers se naasbestaandes betuig.

Die LUR het ook ’n beroep op motoriste gedoen om versigtig te bestuur en die padreëls te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Di ·

Busse is deedae erger as Taxis as dit kom by ongelukke op die pad. Innige meegevoel aan hulle familielede.

Zandra ·

ai siestog
RIV
hoeveel mammas en kinders gaan nou weer honger kry
ai siestog

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.