Al meer in Gauteng-hospitale opgeneem

Argieffoto (Foto: DarkoStojanovic, Pixabay)

Die departement van gesondheid in Gauteng het bevestig dat die getal pasiënte wat weens Covid-19 in hospitale in die provinsie opgeneem is, skerp gestyg het die afgelope week. Fasiliteite is onder druk.

“Die privaat sektor verteenwoordig tans die meeste persone wat gehospitaliseer is weens Covid-19,” het Kwara Kekana, woordvoerder vir die provinsiale LUR, in ʼn verklaring gesê.

Die departement het ʼn elektroniese stelsel wat gebruik word om die gebruik van beddens oor die provinsie heen te kan monitor en sy strategie aangepas om na die beste van sy vermoë te reageer op die derde golf Covid-19-infeksies.

“Die prioriteit vir die provinsiale regering is om meer permanente beddens in die Gautengse gesondheidsorgstelsel in te kry, omdat dit ʼn langtermyn belegging is. Buiten die nuwe infrastruktuur by onder andere die Chris Hani Baragwanath-hospitaal, Jubilee-hospitaal en Bronkhorstspruit-hospitaal, is sale en beddens altyd aangewend volgens die eise van die pandemie in daardie stadium.”

Kekana se nie-farmaseutiese maatreëls, soos die dra van maskers, om ʼn afstand van 1,5 m te hou en hand-higiëne bly egter die mees doeltreffende manier om die verspreiding van die virus hok te slaan.

Die getal Covid-19-gevalle in Gauteng teen 14 Junie 2021 is 509 053 met 459 891 persone wat reeds herstel het en 11 720 sterftes.

Altesaam 4 022 persone is tans gehospitaliseer in staat- en privaat hospitale.

Teen Sondag, 13 Junie 2021, was 533 324 persone reeds geregistreer op die elektroniese inentingstelsel. Altesaam 470 952 persone is teen 14 Junie reeds in die provinsie ingeënt.

Distrik+ GevalleNuwe gevalleSterftesPersone wat reeds herstel het
Johannesburg19977514613652181407
Ekurhuleni105854559269396437
Tshwane13565710613332121252
Sedibeng32911256103230038
Wes-Rand3098836593327104
Ongeallokeerd386818783653
Totaal509053372011720459891

*Ongeallokeerde gevalle verwys na bevestigde gevalle in Gauteng, maar wat nog nie geallokeer kon word by een van die vyf distrikte nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kruidjie-roer-my-nie ·

Sê eerder asseblief vir ons hoeveel Staatspasiënte wat nie medies het nie, is in die Privaathospitale, dan as dié wat wel medies het; siek word; is daar nie ñ bed vir hul nie en word weggewys totdat hul kritiek us: en dit moontlik te laat is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.