Ál meer sakelui wil Eskom los

Ondernemings probeer toenemend om nie ten volle op Eskom vir krag staat te maak nie. (Foto: Maroela Media)

Kragonderbrekings lei tot aansienlike inkomsteverliese vir sakeondernemings en sakelui moet hoes vir maniere om die uitwerking daarvan op hul ondernemings te verminder.

Volgens ʼn opname van Sakeliga voel sakelui sterk dat die opwekking en verspreiding van krag geprivatiseer moet word, terwyl energietekorte as ʼn top-prioriteit op maatskaplike en politieke gebied beskou word.

Die opname is in Junie vanjaar, toe beurtkrag dae lank ingestel is, gedoen.

Meer as 90% van deelnemers aan die opname stem saam dat Suid-Afrika se energiemark heeltemal oopgestel moet word vir private produksie en verspreiding van krag.

“Energietekorte is ʼn ernstige bedreiging vir ekonomiese en maatskaplike vooruitgang. Beleidstellings wat die energiesektor na een bepaalde soort energietegnologie laat neig, moet verwerp word. Markkragte moet eerder toegelaat word om aan te dui wat werk vir sakeondernemings wat werklike en uiteenlopende energie-oplossings nodig het,” sê Gerhard van Onselen, ʼn strateeg van Sakeliga.

“Indien hierdie vrymaking van die energiemark, in die hoogste belang van die samelewing, nie deur die staat verleen word nie, sal energie-onafhanklikheid deur gesamentlike burgerlike en private pogings afgedwing moet word.”

Ál meer gebruik alternatiewe

Die opname wys dat die regstreekse koste van ernstige beurtkrag neerkom op ʼn beduidende 5% van omset vir die gemiddelde onderneming. Dit toon ook dat ondernemings net soveel aan alternatiewe kragbronne bestee om Eskom-tekorte te verlig, as wat hulle aan hul gewone Eskom-rekeninge bestee.

Die gemiddelde onderneming in die opname het ʼn maandelikse inkomste van nagenoeg R300 000 gehad en het R8 000 aan inkomste per maand verloor in die drie maande van akute beurtkrag wat van April tot Julie vanjaar ingestel is.

Maatskappye het gemiddelde skade van R1 250 per maand weens beurtkrag gely, onder meer deur kragstuwingskade, en ondernemings se energiekoste verdubbel klaarblyklik tydens tye van kwaai beurtkrag.

Die opname wys ook dat ál meer sakelui hulle van Eskom begin speen. Die respondente is gevra om te skat hoe afhanklik hul ondernemings tans van Eskom is teenoor hoe afhanklik hulle drie jaar tevore was.

Altesaam 60% van respondente was drie jaar gelede geheel en al van Eskom afhanklik. Dit het in 2022 tot 35% afgeneem, terwyl byna een uit vyf ondernemings nou heeltemal onafhanklik van Eskom is.

Dit bly egter moeilik om heeltemal onafhanklik van die kragnetwerk te wees en die meeste ondernemings bly in aansienlike mate steeds op Eskom aangewese.

Sakeliga het bevind daar is perke aan die mate waarin individuele sakeondernemings die Eskom-netwerk kan verlaat sonder die doeltreffendheidsvoordele van ʼn gekoördineerde en geskaleerde elektrisiteitnetwerk. Die meeste ondernemings het betroubare en bekostigbare elektrisiteitproduksie op nywerheidskaal nodig en dit is iets wat kleinskaalse hernubare oplossings nog nie kan bied nie.

Van Onselen sê die onvermoë om private produksie- en verspreidingsnetwerke weens staatsregulering te ontwikkel, plaas ook ernstige perke op opsies vir onafhanklikheid van Eskom. Lewensvatbare individuele oplossings vereis groot kapitaalbesteding wat die meeste klein en middelslagondernemings kwalik kan bekostig.

“Daar is dalk ook ʼn mate van oorgerustheid oor die omvang van die energievoorsieningsprobleem en die tyd wat dit kan neem om op skaal op te los,” sê Van Onselen.

Rugsteun-oplossings

Sakeondernemings maak volgens die opname meestal staat op rugsteun-kragoplossings wat betroubaar is en laer kapitaalbesteding bied, maar steeds ʼn hoë energievraag kan hanteer.

Nagenoeg 70% van die ondernemings wat aan die peiling deelgeneem het, gebruik petrol- of dieselkragopwekkers, terwyl net 20% op sonkrag staatmaak.

Sowat 40% gebruik klein UPS-stelsels vir korttermynkontinuïteit, terwyl slegs 10% op groter en duurder batterybergingsoplossings steun.

Kwaai stygings in die brandstofpryse maak brandstofkragopwekkers ʼn duur opsie, maar die opwekkers bly gewild, veral omdat dit betroubaar en bekostigbaar is.

Sakelui het ook aangedui dat beurtkrag hulle nie net geld kos nie, maar dat dit ook geweldig ontwrigtend is. Die maniere om beurtkrag te probeer hanteer, kan boonop net so ontwrigtend wees en sluit in noodgedwonge produksie-aanpassings, fleksietyd (skikwerktyd) en tydelike werkstilstande.

Sakeliga sê die uitslae van die peiling versterk die siening dat die “volle bevryding van die energiemark ʼn dringende vereiste is”.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

vuurvliegie ·

Asb los Eskom dan is daar nie loadshedding vir die gewone man op straat nie

Oosieoos ·

Dit moet enige een se reg wees om eskom of sauk of water te los. Hulle lewer nie a diens maar jy moet bly betaal

Bumble ·

This is EXACTLY what your puppet masters want you to think. As long as ESCOM is a government controlled entity the people still have control. The moment it is privatised you have NO CONTROL. Look at what is happening in England with their marvellous privatised energy provider – absolutely nobody but the ultra rich will be able to afford their price increases that they have already informed all consumers about, which will be effective from December – right in the middle of the harsh European winter.

My friend in London, a retired police officer will have to pay just over £2000 per MONTH.

That is FORTY THOUSAND RAND.

Just for electricity. No water included. No gas included. No rates and taxes.

EVERY MONTH.

AND THERE IS NOTHING NOTHING NOTHING THEY CAN DO ABOUT IT BECAUSE IT IS “PRIVATISED”.

Klaus Schwab, the WEF, Committee of 300 are busy taking control over all Agriculture and Farmland (Food Chain), Energy, Water and private ownership to enslave all humans

Bumble ·

That is EXACTLY what the puppet handlers of this corrupt government wants. Who do you think will suddenly appear as the “hero” to “rescue” South Africans from their deliberately home grown energy “crisis”? Most likely one of the many apartheid enriched elite cadres.

AS LONG AS ENERGY IS IN THE HANDS OF THE STATE THE PUBLIC HAS A SAY IN IT, AND A MEASURE OF CONTROL OVER IT.

The moment energy is “privatised”, ALL CONTROL THAT CITIZENS HAD IS LOST FOREVER.

That is EXACTLY what the World Economic Forum wants in EVERY country, because ultimate “private” control over all Agriculture (aka the Food Chain), Energy, Water and Private Land and property ownership – ALL THE CRITICAL ELEMENTS FOR SURVIVAL AND SELF DETERMINATION, IS WHAT KLAUS SCHWAB AND THE COMMITTEE OF 300 ARE DETERMINED TO END FOREVER IN ORDER TO TOTALLY CONTROL AND ENSLAVE THE HUMAN RACE IN THEIR DISTOPIAN NEW WORLD ORDER CONCEPT.

WAKE UP AND START THINKING CRITICALLY ABOUT LONG TERM IMPACTS.

Nico ·

Wat is die prys van brandstof vir krag opwekkers, die grootbase van die regering voel nie die load shedding nie, hulle is mos gevrywaar daarvan so ook die grootkoppe van Eskom. Daar is nie geld nie, ook die werkersklas is absoluut onbevoeg en sonder kennis om Eskom te beheer, raak onslae van hulle.

VaalDonkie ·

Ja jy kan OF goedkoop generators koop en peperduur vir petrol/diesel/gas, OF jy kan ‘n enorme bedrag vir sonkrag betaal en jou krag “verniet” kry daarna. Dis maar erg maak nie saak hoe jy daarna kyk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.