Alle laerskoolleerders dalk binnekort terug by skool

Skolel heropen Maandag na die vakansie. (Argieffoto: ANA)

Die departement van basiese onderwys ondersoek die moontlikheid dat alle laerskoolleerders binnekort kan terugkeer skool toe. Dít weens die groot hoeveelheid onderrigtyd wat verlore gegaan het as ʼn direkte gevolg van die Covid-19-pandemie en die maatreëls wat ingestel is om die virus te stuit.

Die voorstel word tans oorweeg deur die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur (Natjoints) nadat die departement ʼn voorlegging daaroor gedoen het.

Die raad van onderwysministers sal ook vandeesweek die kwessie oorweeg en ʼn aankondiging daaroor behoort binnekort gedoen te word.

Skole gaan tot dan voort om die rotasiestelsel vir leerders te gebruik.

Afgesien van die uitwerking van die pandemie op skoolonderrig vergader die raad Donderdag en Vrydag ook oor ander kwessies in die basiese onderwyssektor.

Die departement sê in ʼn verklaring hy is intussen gereed om onderwysers, personeel en leerders vir die tweede skooltermyn terug te verwelkom. Skole heropen Maandag (3 Mei).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jan ·

Hier kom die Vierde Vlaag of dalk die tweede Indie. Ons het mos nog geen Inentings gedoen nie. Amerika het 200 miljoen inentings in 100 dae gedoen. Waar trek ons??

annie ·

Die rotasie-stelsel met leerders wat tuisbly is ‘n gegewe met te min klaskamers en geen plan vir uitbreiding nie. Gevaarligte brand… tot Eskom sluit. Kerse kan nie tablette laai nie. Wanneer Sasol sluit… is ons kerse se fluit-fluit ook uit.

Elize ·

Hoe gouer hoe beter. My kinders se skole het geen gevalle van Covid gehad die laaste jaar nie. Ons kinders verloor net te veel.

Jaco ·

Waarom kla almal so? Standaarde is nou so laag dat alle leerders outomaties deurgesit word. Daars mos “menseregte”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.