Alternatiewe roete vir N3 in Vrystaat haas onrybaar

Die Oliviershoekpas-pad (R74). (Foto: Verskaf)

Daar het dadels gekom van die Vrystaatse departement van paaie se planne om die Oliviershoekpas-pad (R74) – ’n alternatiewe roete vir die N3 – te herstel.

Een baan van hierdie alternatiewe roete vir die land se besigste pad is tans vir verkeer gesluit nadat ʼn groot gedeelte van die pad sowat 10 m die kloof in ineengestort het. Hierdie ineenstorting is sedertdien aan die uitkring, sê ’n bekommerde DA-lid ná ’n onlangse oorsigbesoek aan die R74.

Leona Kleynhans, ʼn DA-lid van die Vrystaatse wetgewer, het die pad besoek nadat die voormalige LUR vir polisie, paaie en vervoer in die provinsie, William Bulwane, verlede jaar in antwoord op ʼn vraag van die DA gepaai het dat herstelwerk aan hierdie uiters gevaarlike gedeelte van die pad al in Oktober verlede jaar sou begin.

“Tot dusver is daar geen teken van enige herstelwerk nie,” sê Kleynhans.

Die Oliviershoekpas-pad (R74). (Foto: Verskaf)

Bulwane het ook verlede jaar verklaar dat die pad vir swaar vragmotors gesluit sou word en dat slegs passasiersvoertuie en plaaslike plaastoerusting die pad mag gebruik.

Groot padtekens is kort daarna aangebring, maar dit het intussen voete gekry. Enkele tekens van noodherstelwerk kan in die stadium op die pad gesien word, maar daar is geen teken van verkeerswetstoepassing nie, sê Kleynhans.

Die Oliviershoekpas-pad (R74). (Foto: Verskaf)

Sy stel voor dat ’n stop-en-ry-stelsel dadelik op die betrokke pad opgerig word en swaar vragmotors verbied word om die pad te gebruik.

Die R74 is ’n alternatiewe roete vir motoriste wat tussen die Vrystaat en KwaZulu-Natal reis aangesien ongelukke gereeld op die N3-Van Reenenspas plaasvind.

“Die enigste ander roete van die Vrystaat na KwaZulu-Natal is tussen Vrede en Newcastle en dit is nou lewensgevaarlik weens die uiterste agteruitgang van die pad,” sê Kleynhans.

Die DA vra vir onmiddellike optrede en beoog om hierdie saak onder die portefeuljekomitee oor paaie se aandag te bring. Die opposisieparty gaan ook verdere vrae aan die nuwe LUR en aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) rig.

Die Oliviershoekpas-pad (R74). (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

domheks ·

Die regerings amptenare moet herdoop word na ‘promises’ toe. Praat, praat maar DOEN NIKS!

Sê maar net ·

Nee daar moet nou natuurlik eers weer ‘n hengse lelike ongeluk wees, met baie mense dood, voor hulle sal wakker skrik en dalk iets doen!! :(

Di ·

Hulle moet minder geld verduister en meer bevoegde mense in die poste aanstel dan sal daar geld wees om die paaie in stand te hou. ALLES is die land het verval tot riool status.

Barney ·

Hulle kan die geld gebruik wat hulle vir Cuba wil gee om die paaie reg te maak

Amelia ·

As die herstel van pad al verlede jaar oktober moes begin se dit vir my daar alweer korupsie WAAR IS DIE GELD HEEN VIR HERSTEL

Kokerboom ·

Daar word te veel gepraat en nie opgetree. Instansies soos Outa, Opposisie partye en Solidariteit moet steep in sand trek, tydlyne daarstel vir herstel, monitor en nuttelose kaderregering DWING om te presteer . Irriteer die wit waks uit hulle. Menselewens is op spel!DA moet vir ‘n slag net ruggraat toon!

Stofdonkie ·

Die 50miljoen betaling aan Kuba kan hier aangewend word en sodoende darem plaaslike lewens effens verbeter

Daisy ·

Dankie MM – Ek is baie bly ek het die artikel gesien. Ons beplan om vlg week van Vrystaat KZN toe te ry.

Waarnemer ·

Die pad vanaf Amersfoort na KZN is in n PUIK toestand….het voor verlede week vanaf Kriel via Ameesfoort,Volksrust en New Castle Natal toe gery.Wat n plesier om op n pad in so n PUIK toestand te bestuur.

Nettie ·

Sjoe. Die “potholes” word net al groter en groter, terwyl al minder en minder gedoen word.

Martha ·

Die is nie die enigste plek in die pad wat so lyk nie. Daar is 2 plekke net na little switzerland, aan Bergville se kant, waar dit erger lyk

Papsak ·

Dit is mos anc en Ramaphosa se wonderlike vooruitgang in SA kyk hoe lyk ons paaie nie eers te praat van ander plekke nie hulle beliwe maar doen niks nie

Niklaas ·

Ek dink geld vir paaie herstel is al bewillig , maar dit beland dalks in verkeerde sakke

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.