Amptenaar geskors hangende ondersoek na brand by parlement

(Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Dit is tien maande nadat ’n brand by die parlement uitgebreek het en die parlement gaan nou sy eie ondersoek na die veiligheidskendings doen wat tot die brand op die dág in Januarie gelei het. Die parlement se adjunksekretaris, Baby Tyawa, is voorkomend geskors hangende die ondersoek.

“Dié besluit impliseer geensins dat sy skuldig is nie,” stel die parlement dit duidelik in ’n verklaring.

“Dit is belangrik om te benadruk dat geen persoon of persone nog as skuldige óf medepligtige aan enige van die beweerde oortredings geïdentifiseer is nie. Enige stappe wat deur die sekretaris van die parlement gedoen word, sal wees om te verseker dat die ondersoek ongehinderd voortgaan.”

Luidens die verklaring sal die sekretaris van die parlement die nodige ondersteuning aan die ondersoekers tydens die ondersoek verskaf. Parlementswerkers wat die ondersoekers kan bystaan sal met verloop van tyd geïdentifiseer word.

Groot skade is onder meer aan die Ou Raadsaal en die Nasionale Vergadering-gebou aangerig toe daar op 2 en 3 Januarie ’n groot brand by die parlementêre kompleks in Kaapstad uitgebreek het.

Enoch Godongwana, minister van finansies, het net vroeër vandeesweek tydens sy lewering van die mini-begroting gesê R2 miljard sal opsy gesit word vir die herstel van die beskadigde parlementêre geboue.

’n Verdere R118 miljoen sal ook beskikbaar gestel word vir onvoorsiene en onvermydelike uitgawes as gevolg van die impak van die brand en Covid-19 op die werksaamhede van die parlement.

Die parlement het versoek dat die geld direk aan die parlement toegewys word, eerder as aan die departement van openbare werke en infrastruktuur. Dié versoek berus bloot op die gewigtige en buitengewone taak op hande, die dringendheid van die projek en strenger toesig wat nodig is oor die projek, sê die parlement.

Maroela Media het vroeër vanjaar berig herstelwerk aan geboue wat tydens die brand beskadig is, gaan minstens drie jaar neem om af te handel.

Zandile Christmas Mafe staan tans onder verdenking dat hy die brand by die parlementêre kompleks gestig het.

Lees al Maroela Media se vorige berigte oor die brand by die parlement hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Phillip ·

En kil jou hier en kil jou daar simsalabiem en die miljoene verdwyn voor nuus en ore

Nie Verbaas ·

En hoekom is die sekretaris nie ook geskors nie. Verantwoordelikheid op hom of haar om te verseker dat alle veiligheid van die gebou in plek is. Nou is die persoon in beheer van die ondersoek en kan gemaklik alle blaam van hom/haar verwyder. ANC, julle bly maar n grap van formaat.

Waarnemer ·

Nou wat het dan nlu van die “boemelaar” geword wie op die sypaadjie langs die parlement bdtrap is met al die bewys stukke?Is hy nou nie meer die brandstigter nie?Shame,arme man,em hoop ht dagvaar die blou rook uit die staat uit vir onwettige arrestasie,naam skending,karakter skending en sommer alle tipes skendings wat jy kan kry.Laat ou cele en cyril uit haal en wys!

My Mening ·

Ai tog, mens wil nie skepties wees nie, maar ek kan nie help om te wonder wie nou weer voordeel uit hierdie geld gaan trek nie. Soos byvoorbeeld geld wat verdwyn, die tenders, ens. Oor ‘n paar maande of so hoor mens weer daar is nie genoeg geld nie en weet nie watter verskonings als nie.

Ek hoop van harte dat ek verkeerd bewys gaan word!

Anel ·

Ja, nê, en vilgende jaar hierdie tyd het nuks nog gebeur nie en die geld is op, hulle soek nog! Die Afrikaaners bou ‘n volledige universiteit in minder as ‘n jaar en onder begroting. Die kaders kan nie ‘n gebou herstel in sê 8 maande nie. Hulle het nog nie eens begin nie!!!! En ons land is aan hulle toe vertrou! Om nie eens te praat van wat in Natal asn die gang is nie. Niks is ook nog daar gedoen nie. Nie ‘n steen op ‘n ander geplaas nie. So, hoe red ‘n mens nou ‘n land met sulke onbevoedheid????

Mariana ·

Hoe kan dit 3jr neem om gebou te herstel en dit boonop teen daardie enorme bedrag? Iewers is iets weer besig om na rot te ruik. Die ANC is nie bekend daarvoor dat hulle eerlik is nie……. Inteendeel

My siening ·

En toe word ANC waker na 100 jaar slaap en die wereld het verander wou!

Di ·

Sien is glo! NIKS wat afgebrand, verspoel het of verwoes is weens stakings word OOIT herstel nie. Altyd geld wat gegee word hiervoor maar verdwyn soos mis in die son. SO verval ons land stuk vir stuk on ‘n ashoop. Eeen van die dae is dit net murasies wat orals staan soos in Mosambiek na die oorlog.

Oosie ·

Nuwe gebou gaan seker een van die duurste plakkers hutte wees ter wereld.. wel dit is al wat gebou kan word nadat elke kader sy cut vat.. sal in elkgeval meer in kraal wees..

Thelsa ·

Wonder ook wat het van die interne ondersoek geword van die SAPS beamptes wat op diens was maar nie teenwoordigheid van gees (lees slaap) gehad het nie

Koos 100 ·

Jip onskuldige mense word mos geskors!
Dan wys dit jou dat nie eers die parlement sy eie departemente (DOW) vertrou nie, maar die res van SA moet hulle vertrou!

Danie ·

Wel dis maar net n bluf storie beteken niks dat sy geskors is sy geniet nog volle voordele en salaris.

Owlie ·

Hierdie ondersoek moes van die begin af gedoen word, nou sit n arme boemelaar vir watter rede
Liewe genade R2 mil rand, R118 miljoen – WAT WIL HULLE BOU????? Verdoek dst die geld direk aan die parlement betaal moet word!!!!!!! MMMM Baie interessant na al die geld wat already verdwyn het. Public Works was nog al die jare in beheer van die parlement se onderhoud en enige herstelwerk – hoekom is hulle nie nou goed genoeg nie? Public Works hoort hul inspecteurs uit te stuur en van hul ambagsmanne/bouers gebruik te maak en die kostes sal drasties laer wees en baie gouer af gehsndel word – 3 jaar is belaglik Kry die DA, Solidariteit en Afriforum hier betrokke

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.