ANC doen stappe teen LP wat joernalis dreig

Die ANC-LP Boy Mamabolo. (Foto: Twitter)

Die ANC- parlementêre koukus het aangekondig hy gaan dissiplinêre stappe doen teen die ANC-LP wat ʼn joernalis van die Sunday World gevloek en gedreig het.

Maroela Media het vroeër berig die ANC-LP Boy Mamabolo het die joernalis Ngwako Malatji tydens ʼn telefoonoproep gevloek en gedreig om hom te skiet. Die gesprek is opgeneem. Malatji het intussen ʼn klag van intimidasie teen Mamabolo aanhangig gemaak.

“Ons verwerp die beweerde onvanpaste gedrag van die betrokke LP. As ʼn lid van die parlement is Mamabolo deur sy ampseed daartoe verbind om Suid-Afrikaanse burgers te dien, te verteenwoordig, te respekteer en te beskerm,” sê Nomfanelo Kota, koukuswoordvoerder, in ʼn verklaring.

“Die ANC-koukus streef ter alle tye daarna om ʼn hoflike verhouding met lede van die media te handhaaf en respekteer die waardes wat in die Grondwet vervat word, insluitend die reg op vryheid van spraak en vryheid van die pers.”

Kota sê Malatji is reeds ingelig oor die dissiplinêre proses. “Die saak is vandag (Saterdag) na die koukus se dissiplinêre komitee verwys en die ANC-koukus sal die uitkoms van die dissiplinêre proses ter gelegener tyd bekendmaak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

JohanR ·

My musiek onderwyseres in Std 8 daar in die ou Rhodesie, het my met ‘n liniaal oor die vingers geslaan toe ek eendag in haar klas hard op lag. Ou Boy, om met ‘n liniaal oor die vingers geslaan te word is lekker seer, maar hou maar die hand uit….and take your punishmet like a man oh Boy! Weet jy watter ANC minister gaan die slaan werk doen? Miskien moet jy iemand uit die opposisie kies….ou Floyd Shivambu van die EFF miskien? Met al daai MacDonald burgers en Coca Colas wat hy sluk, sal daar vet krag agter daai houe wees!

Persheks Adri ·

Nie 1 van hulle doen dit nie! Hoop dit word baie ernstig op geneem, maar ek hou nie asem op nie…

“Mamabolo deur sy ampseed daartoe verbind om Suid-Afrikaanse burgers te dien, te verteenwoordig, te respekteer en te beskerm,”

daniel ·

Die meeste van die reels vervat in die grondwet wat die ANC daarstel vir hul lede eer of handhaaf baie min indien enige van hulle .

Pieter ·

En natuurlik hou anc by sy beloftes, ek het meer respek vir die slyk onderin ‘n dam as vir anc.

Kobus ·

En die uitkoms van die ondersoek is voorspelbaar. My kans op swangerskap is beter as die kans dat hy geskors sal word. En indien hy wel uitgeskop word sal hy met ope arms deur EFF verwelkom word

Jaco ·

As hy ‘n wit joernalis gedreig het, is hy ONMIDDELLIK tot minister bevorder.

Manie ·

Wat van die vroulike lid van die ANC wat die persone so sleg gese het. Wat word van haar?

marius ·

En dan rook en drink hulle na die tyd saam en smee nog meer bose planne . Leuenaars !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.