ANC ‘erken’ selektiewe hulp in toerismebedryf is vir transformasie – VF Plus

(Argieffoto: Love South Africa/Facebook)

Die VF Plus sê die minister van toerisme, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, het in antwoord op ʼn parlementêre vraag van die party toegegee wit mense in die toerismebedryf word “misken” ter wille van die transformasie van die bedryf.

Fanie du Toit, ʼn VF Plus-LP van Noordwes, sê dit is sonder inagneming van die aantal swart mense wat by hierdie ondernemings werk en wat tans sukkel om te oorleef. Hy sê swart mense gaan ook ly indien die ondernemings hul deure moet sluit.

“Om staatshulp op grond van ras te weerhou in ʼn bedryf wat in totaliteit belangrik is vir die groei van die land se ekonomie, veral post-Covid-19, is diskriminasie wat niks anders is nie as rassisme,” sê Du Toit.

“Deur slegs daarop te fokus om swart entrepreneurs te steun of maatskappye met swart eienaarskap van 51%, word op individue gefokus en nie op die bedryf of die ekonomie nie.”

Du Toit sê die bedryf is boonop afhanklik van toeriste van alle lande wat hul geld hier kom bestee – ongeag watter ras hulle is.

“Volgens pres. Cyril Ramaphosa dra toerisme regstreeks 2,9% by tot die bruto binnelandse produk (BBP) van Suid-Afrika en 8,6% op indirekte wyse. Die bedryf verskaf tans nog werk aan 1,5 miljoen mense. Dit kan vinnig afneem indien almal in die bedryf nie gehelp word nie.”

Du Toit sê die plig van ʼn regering is om ʼn veilige en ekonomies stimulerende omgewing te skep wat tot voordeel van almal sal wees.

“Die minister se erkenning dat die selektiewe hulp aan die bedryf niks anders is nie as ʼn poging om die bedryf te transformeer, kom ten koste van die land se breë ekonomie. Sonder ekonomiese groei word almal verarm, maar die ANC is so behep met kleur en ras dat hy dit nie raaksien nie.”

Solidariteit het vroeër ook gesê die krisis waarin die toerismebedryf gedompel is, kan nie deur kaders met politieke konneksies misbruik word as ’n geleentheid om munt te slaan nie, het Maroela Media vroeër berig.

Ook AfriForum het gesê hy sal nie toelaat dat die regering die nood van mense in die toerismebedryf as geleentheid gebruik om sy transformasieagenda te dryf nie.

Die organisasies se regspan het Woensdag ʼn aansoek in hul saak teen die departement van toerisme in die Pretoriase hooggeregshof oor die kwessie beteken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Gerdus ·

Gee vir ons ‘n lys van die ondernemings wat nie gehelp word deur die staat nie, dan ondersteun ons hulle.

Elize ·

Hierdie nuwe “eienaars” moet asseblief in hulle advertensies vir oorsese besoekers aandui dat slegs swart mense welkom is want vir die witte is daar geen plek in hierdie land nie. Sal sien hoe vinnig vou hulle ou besigheidjies. Maar weer – oorsese besoekers is vreeslik lief vir hierdie kaders

Aai ·

Ek was al by ‘n paar plekke in die wereld hulle kyk my snaaks aan as ek se ek kom van Suid Afrika oor my vel kleur hulle weet ook nie waar Suid Afrika is vir hulle is dit Afrika.So ja hulle kom hier om die kaders te sien.

Kerneels ·

Die agbare Minister van Toerisme het nie verder as haar neus gedink toe die besluit gemaak is nie.

Laat my dink aan die Engelse gesegde – cut off your nose to spite your face.

Cherokee ·

Kerneels, jou woorde bots met die erkende agting wat jy jeens haar koester.

Kerneels ·

Ontspan, vriend. Ek drup van sarkasme…

Dit skryn teen my hele wese as daai klomp dwase in die parlement mekaar voor en agter as “honourable memba” aanspreek.

Kokerboom ·

Die rassistiese optredes deur hulpelose ANC kader ministers skrei ten hemele. Dis tyd dat koebaai gesê word vir die onbevoegde agbare minister. Die raskaart speletjie is ongrondwetlik en dis tyd dat die mense oor hul minderwaardigheidskompleks kom. Die paar Blankes oor in land wil net groei sien en het hard gewerk vir wat hul besit!!

Misky ·

So die staat wil die toerisme bedryf m.a.w. 100% swart transformeer????

Hennie ·

Kan ons ‘n lys kry van alle wit toerisme maatskappye wat meer witmense werk gee as vir swartes? So kan ons ingeligtes reis besluite maak. Of sal dit rasisties wees? Vra namens ‘n vriend…

Jakes ·

Dit maak nie saak hoeveel geld die regering gaan spandeer aan transformasie in die bedryf nie. Op die ou einde sal slegs diensprestasie bewys of transformasie geslaag het. Sedert 1994 kon dit nog nie bewys word nie en sal ook nooit nie want alles wat die regering met sy rassistiese beleid toepas misluk en daar kan honderde voorbeelde hiervan opgenoem word.

jzjz05 ·

Dit is ongetwyfel dat die swartregering n eensydige oorlog met wit mense bedryf.die bewyse sien ons elkedag in hulle handeling en wette wat hulle maak.dit is ook die eniste land in die wereld waar die meerdereid teen die minderheid moet beskerm word deur wette te maak wat diekrimineer teen die minderheid, Wette wat skree van rassime .

Anel ·

Nou die geld wat hulle so uit deel, waar kom dit vandaan? Is dit nie belastinggeld nie? Dan het ek mos ook ‘n reg om te sê hoe dit spandeer moet word. Wens ons kon dit obs belasting weerhou en betaal aan die wat dit reg gebruik.

Pieter ·

Maar ons blankes se belasting geld is goed genoeg. Ons gaan nooit wakker skrik en saam staan nie.

SomeOne ·

graag wil ek nie die volgende vra nie, wit besighede sluit jul besighede dat al die swart werknemers maar loop, wag ‘n maand of wat en maak weer jou besigheid oop op ‘n nuwe naam waar daar net vir wit werk aangebied word (dis nie heeltemal haalbaar nie, maar dink daaraan)

Persheks Adri ·

Beweeg weg met BEE en ons blankes is keelvol om dit dag in en dag uit te hoor! Mos net ons geld is goed genoeg Cyril. Ons stop dit vinnig julle verdomde rassiste!!!

Anoniem ·

Maak ‘n lys van transformasie en SEB vrye agentskappe en ondernemings en ek sal ‘n punt daarvan maak om slegs hulle te ondersteun.

Ria ·

Ons moet dikwels van gastehuse in afgeleë plekke gebruik maak. Die plekke is sub-standaard teen belaglike pryse en daar was nog altyd probleme met die verblyf. Ek sal uit beginsel eerder in die bos bly as om dié mense te ondersteun. Ons moet nou meer as ooit ons mense ondersteun

Jaco ·

Wit mense moet eerder bly wees dat hulle nie uit dié noodfonds gehelp word nie. Sou hulle gehelp word, moet hulle ALLE besonderhede van hulleself en hulle besighede aan die staat bekend maak. Later, wanneer radikale ekonomiese transformasie en onteiening sonder vergoeding begin, dan is al dié wit besighede wat nou “gehelp” is, bo aan die lys om summier afgevat te word.

Tiptol ·

Ramaphosa het self gesê dat die covid 19 virus en pandemie ‘n geleentheid gemaak het vir transformasie in die land en dat hulle die geleentheid gaan gebruik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.