ANC: Etiekkomitee-klagtes ‘bisar’

Die Nasionale Vergadering

Die Nasionale Vergadering

Die ANC sê die DA se besluit om die speaker en ANC-LP’s wat pres. Jacob Zuma verdedig het tydens ʼn stemming in ʼn mosie om hom uit sy amp te laat verwyder by die parlement se etiekkomitee te verkla, is ʼn ‘bisarre publisiteitsfoefie’.

“Dit is te verwagte dat iemand soos die DA sal poog om soveel as moontlik politieke munt te slaan uit die uitspraak van die konstitusionele hof deur absurde publisiteitsfoefies, waarvan sommige nie net grens aan selfparodie nie, maar ook ʼn bespotting van verskeie parlementêre komitees maak,” het die ANC se hoofsweep in ʼn verklaring gesê.

Volgens die ANC is dit ongehoord dat LP’s gestraf word omdat hulle hul parlementêre pligte uitvoer .  “Indien die DA se bisarre logika geglo word, sou die geskiedenis deurspek wees met duisende LP’s van verskeie partye, wat as deel van die parlement, wetgewing of ander, besluite deurgevoer het,   wat later omgekeer is deur die howe.”

John Steenhuizen, die DA se hoofsweep, het Donderdag in ʼn verklaring gesê aangesien die ANC-koukus en die speaker die president “gehelp en bygestaan het om die Grondwet te verontagsaam”, die DA ʼn formele klag by die etiekkomitee ingedien het teen dié LP’s se betreurenswaardige rol in die parlement.

“Die ANC-hoofsweep, Jackson Mthembu, het gister ʼn mediakonferensie gehou om die blaam vir die Nasionale Vergadering se swak besluite oor die OB se Nkandla-verslag op die parlement se regsadviseurs te plaas en te beweer dat dit bloot ʼn algehele ‘misverstand’ was,” het Steenhuisen gesê.

Volgens Steenhuisen is dit belangrik om te onthou die parlement se regsadviseurs is nie die mense wat in Augustus verlede jaar in die Nasionale Vergadering gesit het toe die ANC-LP’s hul meerderheidstemme gebruik het om die OB se bevindinge en regstellende stappe ter syde te stel nie. “Daardie besluit is nou deur die konstitusionele hof as ongeldig bewys en tersyde gestel,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johan

Nee kyk. Ek dog ons word regeer deur die wêreld se beste grondwet. Nou hoor ons dit is die politiek wat moet ontslae raak van die president. Al wat ek aflei hieruit is dat ons nie regeer word deur die “Rule of Law” nie. Ons word regeer deur die politici = feilbare mense. Daar is dus geen verskil tussen ons land se “demokratiese grondwet” en enige ander land nie. Nou moet ons die irriterende retoriese vraag aan die Kodesa onderhandelaars vra: “Wat van die wigte en teenwigte wat julle ons van verseker het, teen politieke magsvergryp?” Het julle dalk die… Lees meer »

Jan maak n Plan

Die ANC is vinnig besig om ‘n verleentheid vir hulle self te word.

alida

Alles wat reg, eerlik en regverdig is, is volgens die ANC “bisar”. Hulle sal gou agterkom daar is mense in SA met verstand wat hulle sal gas gee. Die DA moet net nie los nie!!!! Hulle moet die een hofbevel na die ander kry. Maar JZ se soustreinryers het net so min integriteit soos hy. Die man het geen selfrespek nie. As hy gehad het sou hy op ‘n menswaardige manier bedank het en verdwyn het.

Theresa B

Ek stem saam met Jan-maak-n-plan. Maar hulle staar hulself blind en sien (of wil) niks raaksien nie. Hulle is die laastes wat kan praat van foefies – publisiteit of te not!

Eilram

Jy kan nie die verontagsaming van die Grondwet op verkeerde advies van ‘n derde blameer nie. Dit is en bly jou verantwoordelikheid as LP om die Grondwet en al sy beginsels te handhaaf en jou besluite in lyn hiermee te maak. Jy kan nie die kar blameer as jy te vinnig ry nie, jy kry ‘n boete of word toegesluit. As jy die Grondwet oortree, moet jy uit jou amp onthef word. Dit is ongelukkig maar soms slegs om vir die mense te werk, en met so groot werk is daar meer verantwoordelikheid (soos jou salaris sal reflekteer), maar dit… Lees meer »