Die ANC het Donderdag aangekondig die 70-jarige Job Mokgoro is sy kandidaat om Supra Mahumapelo as premier van Noordwes te vervang.
Ace Magashule, die party se sekretaris-generaal, het die aankondiging by die party se hoofkantoor, Luthuli Huis, in Johannesburg gemaak. Magashule het Mokgoro as ʼn “beproefde en bewese administrateur” bestempel.
Mokgoro is die voormalige direkteur-generaal van Noordwes en was volgens berigte ʼn baie streng DG tydens sy termyn.
Mahumapelo het verlede maand as premier van Noordwes bedank en tot vroeë aftrede ingewillig. Weke lange gewelddadige betogings van inwoners in die provinsie wat sy bedanking geëis het, het dié stap voorafgegaan. Ná lang gesprekke met die ANC het Mahumapelo uiteindelik onder die druk geswig.
Magashule het Donderdag ook van die geleentheid gebruik gemaak om die jongste inligting te gee oor die party se komende streeks- en provinsiale konferensie.
Hou Maroela Media dop vir meer.
Is Job werlike did beter kanitaat vir die Pos??,
Daar sit hulle nog een in CR se ouetehuis.
70 jaar dink net
Is daar werklik geen vars nuwe bloed in die ANC nie? Dit gee aanleiding tot die gedagte dat die ANC besig is om te degenereer wat leierskap potensiaal betref. Watter bboodskap gee dit aan ‘n nuwe generasie leiers met vars idees en vermoë om uit die boks te dink? Is dit werklik die beste wat die ANC kan doen? Want dis wat Noord-Wes drasties nodig het. Aan die positiewe kant ten minste goeie nuus dat pensionarisse so in aanvraag is.