ANC-man vas oor ‘roekelose bestuur’

Bongumusa Nciki. (Foto: Facebook)

Twee mans, onder wie ʼn grootkop van die ANC in KwaZulu-Natal, het Donderdag in die hof verskyn op aanklag van roekelose bestuur of, as alternatief, dat hulle oor ʼn rooi lig gery en ʼn ongelisensieerde motor bestuur het.

Bongumusa Nciki en Ivan Khoza het in die landdroshof in Durban verskyn. Nciki is die streeksekretaris van die ANC in eThekwini. Khoza is sy lyfwag.

Die staat voer aan dat die twee mans Woensdag in Lighthouse-weg gery het toe hulle dié oortredings begaan het. Dit volgens Natasha Ramkisson-Kara, streekwoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in KwaZulu-Natal.

Die twee was na verneem word die aand op pad van 14 on Chartwell, ʼn gewilde kuierplek in Umhlanga, toe die oortredings begaan is.

Die verdagtes is R5 000 elk borgtog toegestaan en die saak is tot 10 April uitgestel vir verdere ondersoek.

Die ANC wou nog nie kommentaar oor die voorval lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

JohanR ·

Kan nie verstaan hoekom daar nog hier gebother word. Ons weet almal niks gebeur met ‘n ANC!

Cassie Carstens ·

Niks nuuts nie! Maak nes hulle wil omdat dit “hulle land” is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.