ANC ontken R102 miljoen-belastingskuld

Argieffoto

Die ANC het ontken dat hy belasting ontduik en sê hy dra nie kennis van ’n ultimatum van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) nie.

Daily Maverick berig die SAID het in Desember ’n hofbevel bekom wat die balju van die hof opdrag gegee het om binne 10 dae op bates ter waarde van R102 miljoen beslag te lê om uitstaande belastingskuld te delg.

Pule Mabe, ANC-woordvoerder, het gesê die party is nie bewus of ingelig van sodanige ultimatum deur die SAID nie en verwerp daarom die “onakkurate, kwaadwillige, twyfelagtige en verdelende mediaberigte met die minagting wat dit verdien”.

“Belastingsake van die ANC is privaat en word deur die tesourier-generaal se kantoor hanteer, wat van tyd tot tyd met die SAID in gesprek tree oor sulke sake. Die tesourie-generaal se kantoor het by vorige geleenthede wetlik toelaatbare betalingsreëlings met die SAID aangegaan om sy agterstallige skuld af te betaal. Die ANC sal voortgaan om alle belasting en skuld aan die SAID te betaal en vind die bewering van belastingontduiking afskuwelik en onverantwoordelik.”

(Argieffoto)

Volgens Daily Maverick se berig is die ANC se agterstallige belastingskuld weens uitstaande werknemersbelasting, bydraes tot die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) en ander heffings wat van ANC-werknemers se salarisse afgetrek is, maar nie oorbetaal is nie.

Die National Union of Health and Allied Workers (Nehawu) het verlede maand gesê hy gaan die ANC in die arbeidshof die stryd aansê oor dié party nie sy werkers se salarisse betaal nie.

Die ANC versuim reeds maande lank om sy werkers te betaal. Onbetaalde werkers het reeds in Junie verlede jaar ʼn landwye staking onderneem, waartydens hulle geëis het dat hul uitstaande salarisse vir Mei dadelik betaal moet word.

Carl Niehaus, wat verlede jaar deur die ANC in die pad gesteek is, het ook vroeër gesê hy gaan die Openbare Beskermer (OB) nader oor die ANC se “diefstal” van werknemers se werkgewersbydraes.

Niehaus het kort na sy afdanking klagte van bedrog, diefstal en korrupsie teen ANC-hooggeplaastes by die Johannesburg-Sentraal-polisiestasie ingedien.

Die klagtes is namens ANC-werknemers ingedien wat ontevrede is oor die R100 miljoen wat glo oor die jare uit hul salarisse in die vorm van werkgewersbydraes “gesteel” is.

Die ANC pak die skuld vir sy “kontantvloeiprobleme” onder meer op die algemene ekonomiese situasie, die inwerkingstelling van die Wet op die Finansiering van Politieke Partye, asook ʼn dringende behoefte om die ANC se operasionele en finansieringsmodelle te moderniseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Wondermaarnet ·

Natuurlik gaan die anc dit ontken en sal nog wegkom daarmee omdat die ondersoek 35 jaar gaan duur.

Suzette ·

Ontkenning is die eerste woord in die leuse van die anc – weet van niks, hoor niks, sien niks – dan is daar niks.

Kobus ·

Dalk moet ons ‘n veiligheidsnet oor SA span want as die ANC engeltjies hemel toe wil vlieg gaan net ‘n paar mense oorbly. Wie gaan dan keer dat plundering plaasvind, waardes toepas , reg en geregtheid laat geskied, infrastruktuur in stand hou en ag al die pragtige dinge waarvoor die ANC staan

Jr ·

ALTYD ONSKULDIG. Pule Mabe se uiting dat cANCer gereeld praat met SAIR’s is klaar suspicious. Waarvoor wil jy met SAIRS praat as jy niks skuld

Jacques ·

Die ANC gebruik darem groot woorde om die bewerings te ontken. Die stroom geld van al die bevoordeeldes is nou ‘n klein straaltjie. G’n wonder die ANC sukkel so nie. T-shirts en kospakkies gaan maar min wees met volgende verkiesing

melaney ·

Die anc sal T-shirts en kospakkies op skuld koop en dan na die verkiesing sê hulle dra geen kennis van die ‘skuld’ nie.

Alfred E Neuman ·

Toe maar, daar is baie belasting geld vir dié doeleindes.

FrikkievV ·

Ja hulle sal eenvoudig jou en my belasting geld daarvoor aanwend, niemand kan hulle eintlik stop nie..

Blikkies ·

En die Massas sal nog steeds vir die kriminele stem, Dit gaan my verstand ten bowe?

Papsak ·

Ja hulle ontken alles want hulle kom mos weg en reg met alkes skelms

Cobus ·

“Die anc vind die berugte afskuwelik en aanstootlik”
Dalk is die bewoording verkeerd.
“Die anc is afskuwelik en aanstootlik “

Fanna ·

As ek reg lees het hulle nie belasting betaal nie agv nie skenkings en ander faktore nie?

Pieter ·

Die ANC is ‘n kriminele organisasie in ‘n politieke gewaad. Alles wat hulle aanraak verander in mis.

Kokerboom ·

Ons weet hulle lieg, hulle weet hulle lieg, ons weet hulle weet hulle lieg, hulle weet ons weet hulle lieg en…nogsteeds hou aan om te lieg!!!

Erika ·

Natuurlik is die ANC verhewe Bo die wet (Narcissists wont take accountability)

Elizabeth ·

Indien ANC alle agterstallige gelde gaan betaal sluit dit sekerlik ook salarisse in wat hul werknemers toekom?

Jannie van Niekerk ·

Vra my broer Jack
Hy lieg erger as ek
en as hy ANC die ondesteun
lieg hy dat dit vrek

Perdeby ·

Daar was al vroeg verlede jaar berigte in die koerante, wat die lede kla dat, belasting, UIF, mediesebydraes en pensioene nie oorbetaal word nie en dat die UIF mijarde rande agterstallig is, maar die ANC lewe in elk geval nog altyd in ontkenning.

gatgogga ·

Ek het al lankal begin dink dat daardie Pule Mabe nog meer kan lieg as ons vuilmond president.

FrikkievV ·

Hier is ek verseker aan SARS se kant.
Net die een keer en nooit weer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.