ANC probeer rooi barette ‘paai’ oor onteiening – TLU SA

(Argieffoto: pixabay)

Die landbouorganisasie TLU SA sê verdere voorgestelde wysigings aan art. 25 van die Grondwet, en dit boonop kort voor die spertyd, is “niks anders as ʼn poging om die EFF voor die verkiesing te paai nie”.

Die ad hoc-komitee het die afgelope week gevra vir ʼn uitstel van die sperdatum vir die voorlegging van sy finale verslag. Dié spertyd het om middernag verstryk.

Volgens die DA is die uitstel gevra omdat die ANC en die EFF nog nie ooreengekom het oor sekere ingrypende voorstelle wat hulle in die wysigingswetsontwerp probeer insluit nie. Die DA is gekant teen die versoek om uitstel.

TLU SA sê die komitee het Vrydag aangekondig dat hy nou die volledig art. 25 sal wysig en nie net sekere gedeeltes nie. Die gedeeltes wat volgens die organisasie hierop betrekking het, is punte wat die EFF uit die staanspoor benadruk het. Dit behels onder meer dat enige natuurlike hulpbronne en eiendom sonder vergoeding onteien kan word solank as wat dit vir ʼn openbare doel of in die openbare belang is.

“Hierdie beskrywing is doelbewus so vaag sodat enigiets wat privaat besit word, sonder vergoeding onteien kan word,” sê Henry Geldenhuys, president van TLU SA.

“Die EFF maak geen geheim daarvan dat hy ʼn sosialistiese agenda nastreef nie en hierdie voorstelle sluit 100% hierby aan. Die EFF het dit ook al duidelik gemaak dat hy onder geen omstandighede van hierdie voorstelle sal afstand doen nie. Dit is dus baie duidelik dat die ANC se ommeswaai na bilaterale gesprekke met die EFF ʼn poging is om steun te wen met die oog op die komende verkiesing.”

Die ad hoc-komitee wil vra vir ʼn verlenging van 30 dae omdat sy werk nog nie afgehandel is nie.

“Die ekstra tyd is waarskynlik versoek sodat die ANC en EFF beter kan uitwerk wie watter eiendom gaan onteien en hoe hulle daaruit voordeel gaan trek,” sê Geldenhuys.

“Die skielike aankondiging van die ANC dat die hele artikel gewysig moet word, is beslis nie om toe te gee aan die ‘deelnemende demokrasie’ soos wat die komitee se voorsitter daarna verwys nie. Dit is belangrik om na ‘die mense van Suid-Afrika’ se insette te luister, maar dit is ook belangrik om realisties te wees en te besef dat die ekonomie nie hierdie voorstelle gaan kan dra nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Renier johannes ·

Koop en bou julle eie plase op moet nie net wil he nie

Werner ·

Dit is hoekom hulle ons wil ontwapen.Jammer julle sal iets kry maar nie wat julle dink nie.

Henryet ·

Solank as wat dit oor die mens gaan, gaan ons nêrens kom nie, We, we . we, we…….
God is die antwoord en oplossing vir hierdie land.

Andre ·

Nader kruip die ….. mag en ons sit soos’n verwarde voeltjie en wag vir die finale aanslag van’n slang. Bruin en wit is nie welkom in die huidige SA nie – finish en klaar

jzjz05 ·

Ongelukig is daar mense wat nie instaat is om iets self vir hul self te skep nie, nou die maklikste vir hulle is onwapen die mense wat vir dit gewerk het en dan gryp hul eiendom en slaan dan op hulle se bors en glo hulle tree regverdig op.

Tipper ·

Ek wonder wat gaan nog verder van hierdie pragtige Suid Afrika word.baie mense emigreer en het al voor die 1994 verkiesing en nog baie meer sal gaan,Suid Afrika sal nooit weer dieselfde wees nie.

Althes ·

Ek weet SA se probleme klink oorweldigend en by tye is ons moed laag.
Nie almal kan bekostig om te emigreer nie.
Elke land het sy unieke probleme en uitdagings.
Maar ek glo aan ñ Lewende God en Hy is groter as enige politieke party, enige persoon en enige vrees.
Dis goed dat al hierdie slyk en gemors wat so lank dormant gelê het op ons land se bodem, opgelig word en weggespoel word.
Die Here sal ons nie versaak nie.

Pieter ·

En ons blankes is leier loos al wat ons doen is praat en lewer kommentaar.

Persheks Adri ·

Vir watter rede kan hulle nie werk vir wat hulle nodig het nie? Gaan werk en betaal soos ons wat eiendom en goed besit!

Althes ·

Die ANC is naiëf. Julius Malema gebruik die ANC se stemme nou, want sy oog is op presidentskap. Dan smyt hy die ANC eenkant toe want dan het hy in sy doel geslaag. Die EFF wil op die ou end alles vir hulself hê, dis waarom hul wil nasionaliseer

koos10 ·

Die ANC is so verwoed in binne gevegte betrokke, dat die gevolg is dat hulle steun verloor.
Thabo Mbeki het self as so gesê. Nou sal hulle enige iets doen om die komende verkiesing te wen.
ANC, leer uit die DA en VF se foute in Pretoria en Johannesburg. Jy gaan nie ‘n ooreenkoms aan met die duiwel nie, want hy voel ‘n veer vir enige ooreenkomste. Die EFF gaan julle fyn kou en uitspoeg.

annie ·

Ag nooit! Dis nie asof die EFF ‘n bedreiging vir die ANC inhou by die stembus nie. Eintlik probeer die ANC die EFF intrek by hul planne. Boere moet nie in ontkenning leef in die hoop dat die ANC eintlik toenadering by die VFPlus soek op ‘n vreemde kinky manier nie. Oppas!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.