ANC verwelkom Phala Phala-verslag

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Stefan Heunis/AFP)

Die ANC het Maandag ʼn verslag deur die Reserwebank verwelkom dat pres. Cyril Ramaphosa en sy maatskappy nie die valutabeheerregulasies oortree het toe derduisende dollar op ʼn plaas in Limpopo gebuit is nie.

“Die bepaling deur die Reserwebank is ondubbelsinnig en beslissend,” sê Mahlengi Bhengu-Motsiri, nasionale woordvoerder van die ANC. “Die ANC spreek sy tevredenheid uit oor die afhandeling van die verslag en verwag dat alle ongegronde beskuldigings nou uit die weg geruim is.”

Bhengu-Motsiri sê die proses wat gevolg is, met die gevolglike bevindings, handhaaf die party se mening dat Suid-Afrika ʼn gesonde demokrasie is met veerkragtige oorsigmaatreëls en reguleringsinstansies.

Maroela Media het vroeër berig die bevinding het wenkbroue laat lig.

Die SARB se bevinding berus daarop dat hy “geen bewyse van ʼn werklike transaksie” met betrekking tot die verkoop van beeste op die president se wildsplaas Phala Phala kon vind nie.

ActionSA sê hulle is in gesprek met hul regsverteenwoordigers oor verdere stappe wat gedoen kan word en is teleurgesteld met die Reserwebank se besluit om nie die volledige verslag na hul ondersoek bekend te maak nie.

Die VF Plus het gesê die verslag laat nog meer vrae ontstaan oor die hele aangeleentheid en die president se betrokkenheid daarby. “Die Reserwebank se bevindings bewys net dat die VF Plus reg was dat die verslag van die onafhanklike komitee (artikel 89-paneel) destyds verder gevoer moes word en dat die ANC misbruik gemaak het van sy mag in die parlement om te verhinder dat die parlement ʼn behoorlike ondersoek na die aangeleentheid doen.”

Die EFF het ook die SARB se bevindings verwerp en sê deur Ramaphosa op dié manier van alle blaam te onthef, bevestig die bank bloot wat die EFF al lank vermoed, naamlik dat daar in die eerste plek geen transaksie vir die verkoop van die buffels was nie en dat die “transaksie” bloot geldwassery was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Theresa ·

Dis bloot om steme te werf vir vlg jaar se verkiesing, propoganda….hulle weet hulle gaan geen stemme van ander partye kry nie!

KB ·

Daar is net nog meer korrupsie…nou selfs by die Reserwebank. Tyd vir die ANC om te gaan. Bring daardie koalisie-regering!

Papsak ·

Almsl van hulle van Ramaphosa Eff en Anc Regering is hulle skelm en korrup tyd dat hulle almal gaan Ramaphosa moet toe gesluit word hoekom het hy geld weg gesteek mmm skelm maar alles is vir hulle reg

Nie Verbaas ·

Wat n grap. Wys net weer dat integriteit nie in ANC woordeskat bestaan nie.

annie ·

Vir ‘n paar opportuniste wat ‘n republiekie wil stig in ‘n put vol mamba’s, en soos Zelensky groot woorde en foto’s te gebruik en te vertoon, is een ding, maar om die slange te kry om van aard en gewoontes af te sien is ‘n ander. Wie se brood jy eet, daai ou se woorde sal jy spreek. En so is dit met die Resewe Bank se onbesproke raad. SA en ander Afrikalande is jammer vir hulself, maar watter lande kan hul beloftes kop toe vat. En dit is hoekom Afrika lyk soos hy lyk.

Katinka ·

Die koalisie-regering gaan niks aan die ANC kan doen nie, voor jy weet, en terwyl jy nog slaap, smelt hulle saam met die EFF saam, wat gaan dan van ons arme land word. SALUUT!, ons vir jou Suid Afrika.

Kokerboom ·

Dis te verwag van ‘n boef organisasie soos ANC wat alles toesmeer!

4ntj13 ·

Dit beteken verder dat geldsmokkelaars miljoene dollars die land kan in bring en bloot daarop beroep dat daar geen transaksie daarmee aangegaan is in SA nie, of verbeel ek my?

john ·

Het eenig iemand iets anders verwag? eers Zuma nou Rama die ANC se cadres word mos nie aanspreeklik gehou nie. Maar kry hulle n paar miljoen in een van ons huis weg gesteek het ons SARS 10 minute later daar om onder soek in te stel.

Theuns ·

SARB en SARS ook nou nes NPA en PP captured.
Kan SARB nie meer vertrou nes SARS deel.van ramsposa se cadres .
Onbevoeg gewys

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.