Antwoorde van die Puk geëis oor rasse-uitsluiting

Dorpskoshuis neem standpunt in (Foto verskaf)

AfriForum Jeug eis antwoorde van die bestuur van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus oor die uitsluiting van dorpskoshuise by die jaarlikse kampus-verwelkomingsfunksie. Dit het daartoe gelei dat studente in opstand gekom het oor rasse-uitsluiting.

Huiskomitee-lede (HK) van die dorpskoshuise het Vrydagaand om 23:30 ’n WhatsApp-boodskap ontvang wat hulle in kennis gestel het dat hul eerstejaars in aparte lokale ’n virtuele uitsending van die verwelkoming moet kyk en nie deel kan wees van die sessie wat elke jaar by die amfiteater aangebied word nie.

Die HK het navraag gedoen by die studenteraad (SR) oor hierdie besluit waarop die SR-lid geantwoord het dat die dorpskoshuise nie divers genoeg is nie en dat wanneer hulle tydens die amfiteatersessie gevra gaan word om op te staan, “dit te wit gaan lyk”.

’n Groot groep studente van die dorpskoshuise het Saterdagoggend buite die amfiteater bymekaar gekom om hul ongelukkigheid oor hierdie besluit bekend te maak.

“Dit is bisar dat die Puk sommige van hul studente, wat reeds betaal het vir registrasie en oriëntasie, ontneem van hul eerste studente-ervaring op kampus, omdat hulle so rasbehep is dat hulle studente op grond van hul velkleur uitsluit,” sê René van der Vyver, woordvoerder vir AfriForum Jeug. “Verder is rasseklassifikasie en rassediskriminasie reeds deel van die toelatingsvereistes vir die kampus se koshuise, en nou is die studente wat daar uitgesluit word en geen ander keuse het as om by ’n dorpskoshuis aan te sluit nie, ook nie op ander plekke welkom nie.”

Die betrokke dorpskoshuise, asook kampuskoshuise wat teen hierdie uitsluiting staan, het ook vandag buite die amfiteater stelling ingeneem en nie na die aparte lokale gegaan nie. ’n Bestuurslid, wat aan die uitvoerende direkteur van Studentelewe rapporteer, het egter die groep studente aangespreek en gesê dat hulle moet weggaan. Hy voer aan dat die kampus nie stellasies, soos al die vorige jare, kon bekostig om die eerstejaarstudente van dorpskoshuise by die amfiteatersessie te akkommodeer nie.

“Dit is ontstellend dat HK-lede, wat deur studente as leiers verkies is, nie toegelaat word om standpunt te neem oor kwessies op die kampus nie. Hulle word op die nippertjie vergewis van belangrike inligting wanneer hulle laatnag boodskappe met opdragte ontvang. Wanneer hulle dan opdaag en opstaan teen die onregverdige uitsluiting, word hulle weggejaag,” sê Adrienne Krause, AfriForum Jeug-beampte vir ontwikkeling, wat waargeneem het hoe die scenario afspeel.

AfriForum Jeug veroordeel rasse-uitsluiting ten sterkste en is besig om meer inligting hieroor in te win, terwyl verdere stappe beplan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Boetas, julle is nou vreemdelinge in jul eie land. Baie welkom!

Sobymykoolkop ·

Ja nê, as dit anders om was het als weer gebrand, ons volkie aanvaar maar net als wat aan ons gedoen word. En nee, ek het ook nie ń oplossing nie. Verstaan net nie hoekom bly kinders teruggaan na waar hulle nie welkom is nie maar duidelik is hulle geld goed genoeg? Al gehoor van Akademia?

Wildemien ·

Ja, ons het. Het jy gehoor dat Akademia nog net sekere studierigtings aanbied?

Tino ·

Waar is daardie kader wat net 5maande gelede gese het dat “Afrikaans beslis nie aan die agter speen suig op die PUK nie”

Rasse kwotas is lankal ongrondwetlik, tog is daar ‘n 50/50 in die koshuise

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.