Apartheidsmuseum se krag ook afgesny oor skuld

[Foto: Verskaf]

City Power se tegnici het Dinsdag kragtoevoer na die Apartheidsmuseum in Johannesburg – wat die kragvoorsiener R1,8 miljoen skuld – afgesny.

Dit vorm deel van City Power se veldtog om wanbetalende ondernemings in Comptonville, Village Main, Ormonde en Aeron in Johannesburg se krag af te sny. City Power wil met dié veldtog R40 miljoen van ondernemings invorder.

Die Goudstad skuld die kragvoorsiener in totaal R8,9 miljard.

Buiten die museum, skuld twee sakesentrums altesaam R4,3 miljoen en twee myntoerustingvervaardigingsmaatskappye altesaam R1,3 miljoen.

Volgens Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, is die ondernemings wat nie hul kragrekeninge betaal nie vooraf in kennis gestel dat hul krag afgesny kan word.

[Foto: Verskaf]

“Dié ondernemings het egter versuim om betalingsreëlings te tref,” sê Mangena.

Volgens Mangena is die doel van die veldtog om die winsgewendheidsprestasie en posisie van City Power te verbeter sodat dit in staat is om voort te gaan om sy infrastruktuur te herstel en in stand te hou en om noodsaaklike dienste aan die inwoners van Johannesburg te verskaf.

“Dit is belangrik om die kultuur van betaling te versterk vir dienste wat klante gebruik sodat die entiteit kan voortgaan met hul daaglikse bedrywighede en om te belê in die implementering van sy toekomstige energiebestuurstrategieë,” sê Mangena.

In die volgende paar dae sal City Power-tegnici deur die Johannesburgse metropolisiediens (JMPD) vergesel word na meer geteikende wanbetalende ondernemings.

“Spanne sal verder onwettige verbindings in brandpuntgebiede verwyder, en daardie klante wie se rekeninge agterstallig is, veral besigheidsklante, aanmoedig om na ons te kom en hul skuld te betaal of reëlings te tref.”

Daarbenewens sal daar talle uitreikprogramme in gemeenskappe wees om te help met navrae en betalingsreëlings, asook om klante wat agterstallig is te oorreed om betalingsreëlings te tref om te verhoed dat hul kragtoevoer beperk word.

Hierdie bedrywighede sal gedurende die jaar regoor die stad plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Riaan ·

Maak die hele Suid-Afrika bly en doen dieselfde nou met Soweto. Maar julle sal nie want julle het dubbel standaarde.

Nie Verbaas ·

Korrek, Soweto se krag is nog aan maar hulle sal net sagte teikens uitkies.

Eugene ·

Stel minister van apartheids museum aan, Dan kan Hy vir afbetaling reel.

Vexed ·

So van pas, maar om krag af te sny is nou nie eindelik meer so vreeslike dreigement nie. Jy mag dit dalk nie eers agterkom nie!

Harley Davidson ·

Hoe kry hulle dit reg om met so groot bedrag agterstallig te raak,ek ken ‘n persoon wat R 150.00 agterstallig was toe kry hy ‘n aanmaning van 7 dae wat hom R 90.00 gekos het voor hulle sy kragtoevoer sou afsny

Mnr De Beer ·

Gaan seker weer almal blameer en beskuldig van rassisme behalwe die ANC.

ES ·

Nou toe nou. En julle kan dit nie eers op apartheid blameer nie.

Phillip ·

Het nie geweet daar bestaan so n Apartheidsmuseum nie dog dis weg gedoen met apartheid hoe nou

TruthDealer ·

Hulle behoort n Plaasmoord Museum langsaan te bou. You know, just to keep things even, fair, and in balance.

Nico ·

Mag die ANC tog die wysheid en insig ontvang om te sien wat hulle besig is om te doen, in SA is die een oog koning nog blind ook.

JohanR ·

Was nog nooit daar nou nie dat ek ooit sou wou gaan nie. Nou is die plek donker…..go figure!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.