Appèlhof toe oor ras-kriterium vir hulp

(Argieffoto)

Solidariteit en AfriForum gaan die appèlhof in Bloemfontein nader om hul saak teen die departement van toerisme se ras-kriterium vir hulp aan te hoor. Dit volg ná die Pretoriase hooggeregshof nie verlof tot appèl toegestaan het nie.

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, is dit uiters teleurstellend dat die hof ’n ruimte in die reg vind waar noodhulp op grond van ras toegeken kan word. “Dit is die mees radikale interpretering van regstellende aksie. Die virus diskrimineer nie op grond van ras nie en hulp mag ook nie. Ons is van mening dat ’n hoër hof tot ’n ander gevolgtrekking sou kom,” voer Hermann aan.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is dit belangrik dat regsekerheid verkry word om vas te stel of dit werklik so is dat minderhede se regte reeds só ondergeskik in die huidige grondwetlike bedeling gestel word, dat daar selfs tydens ’n noodsituasie blatant teen minderhede gediskrimineer kan word.

“Sou dit wel so wees dat die hoogste hof bevind dat minderhede se regte in kwarantyn geplaas kan word ter wille van rasgebaseerde radikale transformasie, sal AfriForum en Solidariteit se plaaslike remedies uitgeput wees, wat ons in staat sal stel om klagtes teen die huidige bedeling se rassediskriminasie by internasionale forums in te dien,” het Kriel bygevoeg.

“Duisende mense word deur hierdie kortsigtige optrede van die regering geaffekteer, ongeag die kleur van hulle vel. Ons sal aanhou veg dat hierdie diskriminasie nie in ons samelewing genormaliseer word nie,” het Hermann gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Herpiet ·

Mens kan hulle hof toe vat todat jy blou in die gesig is. Maar wat as die land se regters almal polities korrek raak?

Magda ·

Nee wat julle mors julle tyd – dankie in elk geval vir die probeer slag, maar die howe word almal deur die kommuniste regering beheer. geen reg en regverdigheid daar nie.

Rodger17 ·

Ek wens al die organisasies en Opposisie partye wil ophou hof toe hardloop met alles!Dit HELP nie julle is wit organisasies!Probeer eerder om te beding vir witmense vir ons eie tuisland sodat ons weer kan floreer en nie so krepeer in die people se land nie!Kry hulp van oorsese lande wat nog witmense erken en ondersteun!Met hierdie howe gaan ons nêrens kom nie.Wittes is gedoem in hierdie kommunistiese land!

pdbpta ·

Baie dankie vir diegene wat onverskrokke bly veg vir die Christelike en ewige waardes van empatie, reg, regverdigheid en geregtigheid. Ons is baie trots op ons herkoms en ons Afrikanerskap!

Termiet ·

Gaan lees op N24 wat se Pierre de Vos hoe die kommunniste ons nalatingskap kan vat en verniet ig.

Villie ·

Ek weet nie of dit help om howe toe te gaan nie… dalk wys dit tog vir die wêrel iets. Hoeveel keer groet die president ons nie as “fellow South Africans” nie. Dit lyk my sommige meer as ander wat nie ‘n verassing is nie. Dan sê hy ook die virus diskrimineer nie … en ons moet ALMAL saam staan en veg teen die virus. Geen logika!

Althes ·

Die hofuitspraak teen Solidariteit het my verbaas. Die regering diskrimineer teen wit mense. En dis skandelik dat in hierdie tyd en eeu mense se regte geskend word – op grond van ras.

john ·

Hulle het die geldbeskikbaar gestel vir hulp waarskynlik klaar uitgedeel onder hulle pelle

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.