Asblikgrouer kom op fetus af

Argieffoto.

Argieffoto.

Die Vrystaatse polisie ondersoek ʼn saak van die verberging van geboorte nadat ʼn fetus Maandagoggend in ʼn vullisdrom in die buitewyke van Bloemfontein gevind is.

Kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, het gesê die fetus is omstreeks 09:30 naby Orange Grove Farm in Ferreiraweg deur ʼn man gevind wat kos in die vullisdrom gesoek het.

“Die fetus is in ʼn swart plastieksak toegedraai voor dit in die asblik gegooi is,” het Marope gesê. “Die fetus was uiterlik ten volle ontwikkel en is ʼn seuntjie, moontlik in sy sesde maand van ontwikkeling.”

Marope het gesê dit is nog nie bekend wanneer die fetus in die asblik gestort is of wanneer en hoe die ongebore baba dood is nie. “ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om dit te bepaal, waarna ʼn bykomende klag van moord ook ondersoek kan word.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie het mense met inligting oor die moontlike ma van die baba versoek om die Parkweg-polisie by  051 507 6027 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Liewe land! ·

Onverantwoordelike seks en die arme onskuldige kind wat nie gevra het om verwek te word nie, moet dit ontgeld en soos vullis in n sak weggegooi word!

Mag die moordenaar ma en biologiese pa (indien hy van haar planne geweet het) gou gevang en voor die hof gebring word!

alida ·

Dit is siek om elke dag te lees van sulke barbaarse optrede. Watse tipe mens woon in SA?

m ·

Dit maak my bang om te weet dat ons omring is deur mense wat absoluut niks voel vir enige iets nie. Hoe gooi mens ‘n kind weg in ‘n asblik asof dit gemors is en gaan aan met jou lewe asof niks gebeur het nie. Die samelewing is so siek!! Mense het net nie meer ‘n gewete nie en gee net nie meer om wat hulle doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.