Askham-beskuldigde verander van plan in hof

André en Cilla du Toit (Foto: Cilla du Toit/Facebook)

Die verdagte wat tereg staan op die onlangse aanval op André du Toit, ’n boer van Askham in die Noord-Kaap, het Woensdag sy borgtogaansoek laat vaar.

Justin Koper (24) het vroeër vandag in die plaaslike landdroshof verskyn voordat sy saak tot volgende maand uitgestel is vir verdere ondersoek.

Hy bly vir eers in aanhouding, sê sers. Omphile Masegela, polisiewoordvoerder.

Koper is in hegtenis geneem kort nadat Du Toit op 8 Junie buite sy vleiskamer deur ʼn aanvaller gekonfronteer en deur die regterlong geskiet is.

Masegela het vroeër gesê Du Toit is die betrokke aand omstreeks 23:00 met sy haelgeweer na buite nadat die gesin geluide in die rigting van die vleiskamer gehoor het.

“Hy is deur ʼn onbekende man genader, wat hom geskiet en daarna gevlug het,” het Masegela vroeër gesê.

Du Toit het teruggevuur, maar die man gemis.

Du Toit se vrou, Cilla, het met hom na die hospitaal gehaas.

Maroela Media het vroeër berig Du Toit is sedertdien uit die Mediclinic op Upington ontslaan. Sy dokters is stomgeslaan oor sy vinnige herstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ronél ·

Wat ‘n genade dat hy leef………om buite toe te gaan met ‘n wapen is nie noodwendig veilig nie???

Danie ·

Bly oor sy vinnige herstel dis genade.Kom ons hoop daar gebeur iets met die saak.Geregtigheid seevier nie in SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.