Baaise ma steeds vermis

Silvia Wittal (45), ‘n ma van twee, word steeds vermis. (Foto: Verskaf)

Die grootskaalse soektog na ʼn Duits-onderwyseres van Richmond Hill in Gqeberha (Port Elizabeth) wat Sondag as vermis aangemeld is, duur voort.

Silvia Wittal (45) se eksman, Kevin Crouse, het haar as vermis aangemeld. Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, sê Crouse (50) het volgens hom Donderdagaand, 30 Desember, die laaste keer telefonies met haar gesels. Hulle het reëlings oor hul twee kinders getref.

“Op 2 Januarie het hy ʼn saak van ʼn vermiste persoon by die Humewood-polisiestasie aanhangig gemaak nadat hy glo nie weer van haar gehoor of haar gesien het nie.”

Die polisie het Maandag reeds Wittal se silwer Kia Piccanto by Schoenmakerskop gevind.

“Volgens ooggetuies was die voertuig die afgelope twee dae daar geparkeer. Die polisie fynkam intussen die omliggende bosse en strande.”

Vriende van Wittal het hulle tot sosialemediaplatforms gewend waar hulle ʼn beroep op mense gedoen het om in die soektog na haar te help. Daar is onder meer gevra vir enigiemand met ʼn hommeltuig wat bereid sou wees om dit in die soektog na Wittal in te span.

Talle inwoners van die gebied het ook ingespring om na Wittal te help soek.

  • Enigiemand met inligting wat die polisie met hul soektog na Wittal kan help, word gevra om konst. Johannes Meyer by 073 688 9595 te bel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

SomeOne ·

ook ‘n slang in die gras ?,
amper 3 dae uit mekaar waar daar reëlings getref word oor kinders, baie vrae

Anel ·

Ai, tog. Nogal jammer dat mens nie kan help met soektog nie. Die polisie vra gereeld vir hulp maar hulle gee nooit enige beskrywing nie. Hoe de joos verwag hulle dat met moet help soek na iemand as jy nie wie hoe die persoon lyk nie of wat se klere aan gehad het nie. Enige uitkenningsmerke, gelaat, hare, ras, geslag. Genade. Dit het niks met rassisme te doen nie! Maar nou ja. Hoop maar die dame word ongeskonde op gespoor.

Stofdonkie ·

Toemaar Anel, jy gaan elk geval nie baie hulp wees in ‘n soektog nie, want duidelik is jy blind, MM het sommer ‘n foto opgesit op die artikel en jy wil hoor van die geslag, ras, gelaat en hare? Jy kan dit alles sommer net op die foto kyk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.