Baaise man deur voordeur geskiet

(Argieffoto: Nico Strydom)

Die Oos-Kaapse polisie is op die spoor van vier verdagtes nadat ’n man Woensdag net voor middernag in sy huis in Port Elizabeth doodgeskiet is.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het in ’n verklaring gesê Trenton Jerome Bain (51) en sy verloofde was op pad om te gaan slaap toe hulle omstreeks 23:50 ’n geluid by die voordeur gehoor het. Die huis is in Coode-straat in Malabar in die noorde van Port Elizabeth geleë.

Volgens Naidu het Bain gaan ondersoek instel, waarna hy deur die voordeur geskiet is. Vier verdagtes het toe by die huis ingestorm en nog verskeie skote van naby op Bain afgevuur, voordat hulle in ’n wit VW Golf op die vlug geslaan het.

Die motief vir die moord is in die stadium onduidelik, het Naidu gesê.

Die polisie doen ’n beroep op die publiek om enige inligting rakende die voorval by speursers. Mario Malgas by 082 442 1816 of die Gelvandale-polisie by 041 402 2050 aan te meld. Alle inligting sal as vertroulik hanteer word, het Naidu verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anel ·

Hulle soek altyd inligting sonder enige beskrywings. Vertel my ook hoe dit werk.

Michael 1 ·

Ek stem saam hoe kan enige intelegente persoon inligting verwag maar wil geen beskrywing van die verdagtes gee nie.

Genis ·

Dit klink soos n hit… begin maar by sy vyande… of soek iemand daaroor ook n beskrywingkie?

Hekwag ·

Wit VW Golf…. dalk dieselfde ouens wat Johan Reed van Alberton uitgehaal het. Hoop hulle word gevang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.