Baba buite hospitaal gelaat

Argieffoto. (Foto: Unsplash)

Die polisie in Mpumalanga is op soek na die ma van ʼn dag oue baba wat buite ʼn hospitaal in Carolina agtergelaat is.

Die seuntjie is op 20 Mei in net ʼn dun hempie en in ʼn kombersie toegedraai buite die Carolina Hospitaal aangetref. ʼn Verbyganger het die hospitaal se sekerheidswag omtrent die baba ingelig, nadat dié persoon die baba agter ʼn kragopwekker langs die hospitaal se heining sien lê het.

“Die kind het sowat 2,5 kg geweeg en is onmiddellik in die hospitaal opgeneem en het die nodige mediese hulp ontvang,” het brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder van Mpumalanga, gesê. Die polisie is oor die voorval in kennis gestel en ʼn saak van kinderverwaarlosing is aanhangig gemaak.

“Die polisie se voorlopige ondersoek dui daarop dat die ma dalk geboorte gegee het by ʼn nabygeleë hospitaal, aangesien daar geen rekord is van die seuntjie se geboorte in die Carolina-hospitaal nie.”

Lt.genl. Semakaleng Manamela het lede van die publiek aangemoedig om gebruik te maak van beskikbare maatskaplike dienste, veral wanneer hulle uitdagings ondervind om na hul kinders om te sien. “Die regering besef dat vroue bepaalde sosio-ekonomiese uitdagings ervaar, maar dit gee hulle nie die reg om hul kinders aan hul eie genade oor te laat nie. Die regering het bepaalde ondersteuningsnetwerke om moeders te help om behoorlik na hul kinders om te sien,” het sy gesê.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Jack ·

Julle het nog niks gesien nie.Die ramp wat wag op die land en ekonmiese agteruitgang gaan nog baie sulke gevalle tot gevolg hê.

Grassie ·

Jack – jy is een van die min lesers hier wat besef wat in die land besig is omte gebeur

Delia ·

Dankie Vader die baba is naby n hospitaal gelos en nie op n vullishoop nie.

Judy ·

Hoekom doen vrouens sulke ding? sy kon mos die baba binne by die hospitaal gelos het.

Blikkies ·

‘You breed them, You feed them’ Nou word julle probleme die wereld se probleme. Ek het nie ‘n probleem om arm mense te help nie, maar ‘n regte probleem om lui mense te help. Baie mense se omstandighede verskil, maar ongeag ras, die meeste mense wat hulle kinders weggooi is self te arm om vir hulle self te sorg, dan het hulle kinders by dosyne, maar hulle sal aanhou broei….

Di ·

Jip, Kindertoelaes is die grootste oorsaak hiervan. Sodra hierdie toelae weggevat word sal minder kinders gebore word.

Madeleine ·

Ek moet se ek voel ook…. As Jy te arm is om vir jou kind te sorg Bly Dan sommer weg van voortplant.

Sandra ·

Ek bid dat die baba ‘n ouerlose paar baie vreugde gaan bring.

Tokkel ·

Moenie oordeel, hierdie mamma het dalk geen ander keuse of ondersteuning gehad nie.
Sy moet die res van haar lewe daarmee saamleef.

Nadia ·

Ek sal die babatjie met liefde aanneem en hom soveel liefde gee

Nico ·

Wat gebeur met die man wat net soveel aandeel het, moenie altyd net die vrou beskuldig nie.

Dessie ·

Al wat ek wil sê is dat die oordeel ons as verganklike mens nie toekom nie.

Alphonzo ·

Dit is tragies, maar iets wat daagliks gebeur en sal toeneem.
Ewe hartseer dat mense so gou is om vinger te wys en te veroordeel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.