Baba buite Pta-huis gelos

Die babatjie in die veilige hande van Lee-Anne Stols, ʼn GPF-lid en patrolleerder. Foto: Verskaf

Die babatjie in die veilige hande van Lee-Anne Stols, ʼn GPF-lid en patrolleerder. Foto: Verskaf

ʼn Babaseuntjie is Saterdagaand buite ʼn huis in Pretoria se Moot-omgewing onder ʼn boom gelos.

Kapt. Louise Reed-Steynberg, polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê ʼn inwoner van Capital Park het skemer in die woonbuurt gestap toe die inwoner omstreeks 19:20 op die baba afgekom het.

“Die babatjie was in ʼn kombers toegedraai en onder ʼn boom voor ʼn huis gelos,” het Reed-Steynberg gesê. Die Wonderboompoort-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) is van die voorval ingelig.

Ao. Alta Rudolph (links) oorhandig die baba aan 'n versorger by die New BeginningZ-sentrum.

Ao. Alta Rudolph (links) oorhandig die baba aan ‘n versorger by die New BeginningZ-sentrum.

Lee-Anne Stols, ʼn GPF-lid en patrolleerder, was een van die mense wat dadelik tot die baba se redding gekom het.

“Stols en ander lede het die baba na die Eugene Marais-hospitaal gehaas waar die hospitaalpersoneel hom gratis behandel en waargeneem het. Daar is vasgestel dat hy gesond is en volgens die dokters wat hom ondersoek het, is die seuntjie ʼn dag of twee oud.”

Daar kon nie dadelik vir die baba ʼn plek van veiligheid gevind word nie. Stols en nog lede het beurte gemaak om na die seuntjie om te sien totdat hy Maandagoggend na ʼn plek van veiligheid geneem is. Die GPF-lede het hul harte en beursies oopgemaak en doeke en ander skenkings ingesamel om te help met die baba se versorging.

“Die seuntjie en al die skenkings wat ontvang is, is na die New BeginningZ-sentrum in Laudium geneem waar hy nou in veilige hande is.”

Die polisie het ʼn saak geopen om die ma van die baba op te spoor. Mense wie weet wie die kind se ma is word versoek om die Wonderboom-polisie te bel by 012 335 2811.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
Tascha

Ai tog Mamma hoekom het jy hom nie liefs na ‘n kerk of selfs ‘n hospitaal geneem nie? My hart is sommer baie seer vir die lieflike ou dingetjie. Ten minste is hy nou in goeie hande en hopelik sal ‘n wonderlike egpaar hom kan aanneem.

SNEL

At least het sy hom voor n huis gelos en toegedraai in n komberse dat hy warm is in die hoop dat die mense hom kry. Ek dink nie sy wou hê iemand moet sien wie sy is nie. Die Mamma gee darem om, en ek glo omstandighede het haar gedryf om dit te doen, sy het darem nie die kleinding vermoor of net in n bos gelos nie.

Amelia

Ek was Saterdag aand by die hospital toe die klein mannetjie daar aan gekom het… dit het regtig my hart gebreek…. ek verstaan nie hoe kry n mamma dit reg om so n klein mensie wat vir 9maande onder jou hart groei net so te los nie!!! wens ek kon hom vir my vat!!!

Charmaine

Ja en mense soos ek begeer my hele lewe ‘n kind en kan nie …. en die wie die geskenkie kry los dit net so!!!!

Hannelie

Hoe sal ons weet wat die ma se omstandighede is wat haar gedwing het om so ‘n besluit te neem?! Sy het waarskynlik op daardie tydstip redeneer dat dit die beste vir haar baba is! Die goeie nuus is dat hy gevind is en dat hy nou veilig is! Bid vir hierdie kind se toekoms! Mag hy, sonder om rondgeplaas te word van die een treurige situasie tot die volgende deur die lewe gaan! Mag hy, wanneer hy volwasse is, kan sê; My ma kon nie vir my sorg nie, maar ek is deur die genade ‘n geestelik en fisiese… Lees meer »