Baba een van vier wat in botsing sterf

Die betrokke bakkie. (Foto: Verskaf)

Vier mense, onder wie ʼn sewe maande oue baba, is Dinsdagmiddag in ʼn ongeluk buite Phalaborwa in Limpopo dood toe twee voertuie teen mekaar gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê ʼn bakkie en ʼn motor het mekaar die middag op die R40 getref. Paramedici het om 16:00 by die toneel aangekom en die twee voertuie aan die kant van die pad aangetref.

“Paramedici het afgekom op ʼn man en ʼn vrou wat in ʼn motor vasgekeer was. Ná verdere ondersoek het dit egter aan die lig gekom dat albei pasiënte reeds aan hulle beserings beswyk het. Hulle is op die toneel dood verklaar,” sê hy.

ʼn Vrou, vermoedelik in haar 30’s, en ʼn sewe maande oue babadogtertjie het buite die motor gelê en was in ʼn kritieke toestand.

Nog ʼn beseerde, wat glo die bestuurder van die bakkie was, het rondgeloop en het slegs matige beserings opgedoen.

Gevorderde lewensondersteunende ingrypings is op die twee met ernstige beserings toegepas voordat hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.

“Die vrou en kind het egter ná ʼn ruk in die hospitaal aan hul beserings beswyk.”

Die besonderhede rondom die ongeluk is nog nie bekend nie, maar plaaslike owerhede was op die toneel en ondersoek die saak verder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Amelia ·

Kon van hierdie sterftes dalk vermy gewees het indien die vrou haar sitplekgordel gedra en die baba in haar karstoeltjie vas gemaak was? Let wel, ek blameer nie die slagoffers vir die tragedie nie – ek vra hierdie vrae om my en ander mense se lewens in die toekoms te beskerm.

Hannelize ·

Dit is ongelooflik hartseer. Ons het Saterdag daai pad gery & dit was baie scary. Motors wat op wat onveilig verby vat ens ens. Ek se glad nie dit is die geval nie. Maar moontlik. RIV & sterkte vir mense wat agterbly.

Di ·

Grootste oorsaak van hierdie tipe ongelukke is roekelose bestuurders wat te vinnig ry en voertuie verbysteek waar hulle NIE MOET NIE! Nou is soveel mense se lewens verwoes

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.