Baba JD haal weer self asem

Dokters by die Rooikruis-kinderhospitaal in die Kaap het die eenjarige JD Lange weer van lewensondersteunende masjiene afgehaal sodat hy self kan asemhaal. JD het onlangs ʼn terugslag beleef nadat dokters hom aanvanklik van lewensondersteuning afgehaal het en hy toe longontsteking opgedoen het.

Volgens ʼn plasing op die Facebook-blad “JD-lange prayers and updates”, is hy Donderdagoggend weer van lewensondersteuning afgehaal en vorder hy nou goed.

“JD slaap. Hulle het morfien toegedien. Hy is af van life support. Hulle gee hom bietjie suurstof maar hy doen meeste van die werk self. Hy het sy drip ook uitgeruk. Hy slaap rustig op sy maag,” het ʼn familielid op Facebook geskryf.

Maroela Media het vroeër berig JD se ma Jessica Lange het verlede naweek van die Kaap na Saldanha verhuis en JD verlede Maandag omstreeks 07:30 in ʼn dagmoeder wat sy al jare lank ken se sorg gelaat. Hy het in die dagmoeder se swembad geval en amper verdrink.

“JD kry rukkings en word rooi en vreesbevange. Dokters dink hy beleef die ongeluk oor en oor elke keer as hy sy oë toemaak,” lui die Facebook-plasing.

Die familielid sê JD kan nie sluk of geluide maak nie. “Dis net trane wat loop. Hy kry fisio om die deel van sy brein wat seergekry het te stimuleer. Ons moet hom als van vooraf leer, want hy kan dit nie nou doen nie. Ons glo vas dat daardie deel van sy brein gesond sal word en hy weer alles self sal doen soos voor die ongeluk.”

Breinskanderings het getoon dat JD geen breinskade opgedoen het nie, maar dokters sal eers finaal kan bevestig of dit wel die geval is wanneer JD ten volle wakker is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johan ·

Ek is ongelooflik bly dat die seun besig is om te herstel, ek ken julle nie maar ek is bly daai seuntjie is besig om gesond te word,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.