Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is Donderdagmiddag na ʼn apteek in Hillcrest ontbied, waar ʼn 26-jarige vrou onverwags begin kraam het.
“Paramedici het die vrou in die apteek gevind, waar verpleegsters wat in die apteek werk, probeer het om haar kalm te hou,” het sy gesê. “Hulle het haar in die ambulans getel en na ʼn nabygeleë hospitaal gery.”
Voor die ambulans egter die hospitaal kon haal, moes die bestuurder noodgedwonge langs die N3-snelweg aftrek sodat paramedici kon help om die baba in die lewe te bring. Volgens Bodasing het die geboorte goed afgeloop en is beide ma en baba gesond.
“Die ouers het nog nie op ʼn naam vir die nuutste lid van hul gesin besluit nie,” het sy gesê.
Baie geluk aan daai egpaar. Hoop die baba bring julle alle seen en vreugde in hierdie jaar van 2016
Heel waarskynlik dieselfde berig op Arrive Alive waar die baba gebore is om 4:45 n.m. op “New Year’s Eve” of dan Oujaarsdag 31 Des 2015.
Help my asb. indien ek dwaal met die datums, dae en jaargetal.
Groetnis aan julle almal en ‘n “Happy two hundred and one . . . and six” soos onse agbare JZ sou gesê het.
Inderdaad is ek uitgevang!!
Ek het nie geweet dat oujaarsbabas só gewild is!!
Daar behoort nog ander te wees wat op tye gebore word wat ‘verwaarloos’ word.