Ballito-ma weer in hof

Maroela Media het verneem dat die gesinstragedie hom in dié woonkompleks in Ballito afgespeel het. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Die saak teen die ma van Ballito aan die KwaZulu-Natalse Noordkus wat weens die moord op haar kleuterdogtertjie (4) aangekla word, is tot volgende maand uitgestel. Sy bly tot dán in aanhouding.

Madelein Ackerman (45) het Donderdagoggend weer in die landdroshof in KwaDukuza op aanklagte van moord verskyn waar die saak tot 9 Junie uitgestel is.

Natasha Ramkisson-Kara, provinsiale woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het aan Maroela Media gesê die saak teen Ackerman is uitgestel vir verdere ondersoek en moontlike verdere pleitonderhandelinge.

Ackerman se regsverteenwoordiger, Alistair Janssens, het tydens sy kliënt se vorige verskyning verlede week ook versoek dat die saak uitgestel word sodat “pleitonderhandelinge” kan geskied.

Die landdroshof in KwaDukuza. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Janssens het voorts versoek dat die staat ’n afskrif van ’n beweerde bekentenis wat Ackerman glo ná die moord afgelê het, aan die verdediging verskaf.

Ackerman is sowat twee weke gelede in hegtenis geneem nadat sy na bewering haar kleuter in ’n emmer vol water by haar huis in ’n gegoede woonbuurt op Ballito verdrink het.

“Die ma het aan polisielede vertel dat haar kind moeilik was en haar gepla het, daarom het sy besluit om die kind in ʼn emmer vol water te verdrink totdat sy ophou beweeg het,” het die polisie kort ná die moord gesê.

Albei die dogtertjie se hande was glo met kleefband vasgebind. Sy is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Kokerboom ·

Daar is ‘n ding soos gewete wat ALTYD by jou sal spook

Bella ·

wat???? Liewe hemel! wat het deur daai ma se kop gegaan om so iets aan te vang. ek het nie eers woorde nie!

Misky ·

Sy is die naam “ma” nie werd nie. Hoop daai tronksel se sleutels raak weg!!

Realis Thailand ·

Wat weet jy wat deur daardie vrou se kop gegaan het toe sy dit gedoen het . Het n saak gehad waar n ma haar twee jarige kind 32 keer met n broodmes gesteek het en toe haar man gebel het en gese wat sy gedoen het.
Het lank met haar gepraat
Sy het gladnie geweet wat sy gedoen het nie. Maklik om van die kantlyn te kritiseer vir ons normale mense en ja dit is erg

Miena ·

My kinders pla my ook… soms… maar ek het nog nooit daaraan gedink om hulle te vermoor nie. o Nee ek het ene beter gedoen, ek het hulle almal geregistreer as orgaan skenkers en hulle betaal maandeliks n fooi aan die betrokke organisasie. Dis hoe dit is by ons. Jy pla my, ek maak seker dat jy betaal op 1 of ander manier… maar jy sal lewendig wees terwyl jy dit doen.

ES ·

Sjoe Miena, ek is ook ‘n ogaanskenker maar ek betaal nie om een te wees nie… Iewers doen iemand jou in?

Mads ·

Lees weer!
Miena bedoel as haar kinders STOUT is (haar PLA) dan ‘betaal’ hul deur ‘n donasie te maak!
Bietjie vreemd – maar ek’s seker dit WERK!! (enige straf wat aan my kinders se sakke gevat het, het ook gewerk – toe hulle nog sakgeld verdien het)

Althes ·

Arme kleuter. Watter vrees moes sy nie ervaar het nie. Dis wreed van die ma.

JohanR ·

Ander storie van ‘n Ma…..toe ek nog ‘n tjokker was net net besig om om my eie voete rond te beweeg is ek deur ‘n swart man in Rhodesia gered. By ons huis was my Pa besig om loopgrawe te grou vir riool pype wat vol reen water geloop het. My Pa was die dag by die werk en my Ma was besig om wasgoed met die hand te was toe sy sien ek val in een van die loopgrawe vol water. Sy kon nie die swart taal praat nie, maar met angs vir die jong tuinier beduie ek is ingeval in die watergat. Hy het gehaadloop en net toe ek seker vir die tweede of derde maal onder gaan het hy my uit gekry. Wens ek kon geweet het wie hy was en verdag vir hom dankie se. Maar terug na die Ma van die storie. Wat het haar besiel en in haar kop aangegaan om haar kind in ‘n emmer water te verdrink? Dis amper asof sy die kind gemartel het voordat sy die dogtertjie verdrink het.

Botterblommetjie ·

Ek het saam met ‘n vrou gewerk wat op ‘n stadium (sy net paar ure gewerk per dag gewerk) twee nannies gehad het en soms haar ma laat kom het want haar een kind was vir haar te veel. Ek ook baie van haar verbale aanvalle oorleef (sy het pille lings en regs gedrink want als wat te veel (sy was ook welaf) Sy het gelukkig besluit (of is dit ongelukkig) om weer swanger te raak en op dus ophou werk. Ek wil nie eens dink oor die twee kinders nie. Waarom swanger raak as jy, met baie tyd op hande en welaf is, nie kind wil grootmaak nie. En die mans… kom hulle nie agter dat daar iets erens verkeerd is met die vrouens nie…of is hulle te besig om geld te maak en draai maar hul oë weg om konfrontasie te vermy. Ek kan nie oordeel nie, want moet sê dit seker na alle kante toe ‘n moeilike situasie. En glo nie die vrou besef self daar fout met haar nie. Net hartseer vir die verwerpte en op die ou end bedorwe brokkies wat boelies raak op skool…. bose kringloop.

Perdeby ·

Wil net vir al die mense wat so lelik praat van die ma, sy het ‘n psigiatriese probleem , en wanneer hulle tot sulke aksie oorgaan, dan het hulle brein in ‘n chemiese wanbalans ingegaan, dan is hulle nie eers bewus wat hulle doen nie, dieselfde met mense wat selfdood pleeg.

Die begrip “psigiatriese siekte” kan beskou word as gelykstaande aan die begrip “geestesversteuring”

Mrs H ·

Dan moet kinders mos weg geneem word as jy bewus is van die probleem. So n ma is nie fiks om ouer te wees nie! Wat het daardie dogtertjie deurgemaak voor en gedurende die oomblikke waar haar handjies vas gemaak is? Die ma en haar probleem of siekte is vieslik.

Africangrey ·

As sy al bekend was met die geestesversteuring verstaan ek nie hoe die kind in haar sorg gelaat is nie!!!

Pierre ·

so maak dit dit reg, met die argument kan enige moordenaar oorgesien word want moord is nie normaal nie.

Debby ·

Dan as jy so “siek” is moet jy in die eerste plek nie kinders maak nie

ANELEE ·

AS SY NIE BEWUS WAS WAT SY DOEN NIE ,HOEKOM SE SY DAN AAN DIE POLISIE DAT DIE KIND HA GEPLA HET HOE VERDUIDELIK SY DAN WAT DIE KIND VERKEERD GEDOEN HET VOOR SY DIE MOORD GEPLEEG HET DAN IS DA NIKS VOUT MET HA VERSTAND NIE.

ANELEE ·

“Die ma het aan polisielede vertel dat haar kind moeilik was en haar gepla het, daarom het sy besluit om die kind in ʼn emmer vol water te verdrink totdat sy ophou beweeg het,” het die polisie kort ná die moord gesê.

Annelize ·

Dan moes sy mos eintlik op grond van haar psigiatriese probleem en die moord wat sy dan nou gepleeg het, lankal onbevoeg verklaar gewees het as ouer, en moes dan na regte onder 24uur toesig gewees het, as die probleem van so aard was dat dit haar tot sulke uiterstes dryf.
Dis deesdae net te gemaklik en net te gerieflik om die psigiatriese kaart te speel en so te probeer wegkom.

Staal ·

Hoe weet jy dit? Dan moes sy nie swanger geraak het nie. Dit is en bly MOORD!!

Mads ·

Dit is allerverskriklik wreed, en hartseer, en ondenkbaar en onmenslik…. en so kan ons aangaan.
Ek bid vir die Pa en die familie wat deur hierdie verskriklikheid moet gaan. Mag die Vader hulle troos en vrede gee…..

Jack ·

Dis net die galg wat die dade kan beheer en verhoed. Selektiewe doodstraf moet in die land toegepas word veral vir diegene wat weerlose mense en kinders se lewens neem net omdat hulle kan. In china word jy geskiet vir besware teen die staat. Leer iets by jul bondgenoot.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.