Bande brand op R55 in Centurion

(Foto: Verskaf)

Die polisie is Vrydag na die R55 in Centurion ontbied nadat betogers die pad met brandende buitebande versper het. Dié oproeriges is na bewering ongelukkig oor dienslewering in die Stad Tshwane, waaronder die herstel van kragtoevoer.

Die diensleweringsprobleme word egter toegeskyf aan die vakbond vir munisipale werkers, Samwu, se voortslepende staking in die Jakarandastad. Terwyl sommige amptenare teruggekeer het werk toe, verhoed ander nou hul gewillige kollegas om hul pligte uit te voer.

(Foto: Verskaf)

Maroela Media het vroeër berig ʼn raadop metroraad het Donderdag 41 briewe van moontlike skorsing aan die steeds stakende munisipale werkers gestuur, nadat hulle versuim het om gehoor te gee aan die tussentydse interdik wat die metro verlede week bekom het.

Die metro nader vandag weer die arbeidshof en beplan om nóg briewe van moontlike skorsing uit te reik.

Cilliers Brink, burgemeester van die metro, sê dit is nie net ʼn geval dat sommige munisipale werkers weier om te werk nie, maar ook dat hulle nou hul kollegas intimideer wat wel soggens opdaag om dienste te lewer.

“Ek wil inwoners weereens die versekering gee dat die stad nie die staking lêend aanvat nie, en dat ons alles in ons vermoë doen om ʼn einde aan die ontwrigtings te bring.

“Waarskuwingsbriewe is reeds uitgereik aan stakende werknemers. Die stad het ook ʼn interdik bekom – ons is vandag weer in die hof oor die interdik vir minagting van die hof teen sommige vakbondleiers. Gister is 41 briewe uitgereik met die voorneme om werknemers te ontslaan. Nog ʼn hele paar van dié briewe gaan binnekort deur die stadsbestuurder, Johann Mettler, uitgereik word,” sê Brink.

(Foto: Verskaf)

“Daar sal gevolge wees vir vernietigende gedrag en misdadigheid in die stad. Dié versekering kan ek wel aan inwoners gee.”

Volgens Brink kan die bestaande kontinuïteitsplanne weens veiligheidsrisiko’s ongelukkig nie in fyn besonderhede deur die raadslede gekommunikeer word nie. Hy sê egter aansienlike werk word gedoen om op datum met die agterstand van basiese dienslewering te kom.

“Hoewel ek inwoners se frustrasies heeltemal verstaan, is dit in werklikheid ʼn stadswye kwessie; baie van ons raadslede is in dieselfde posisie.”

Brink sê die bedoeling is duidelik om die maksimum ontwrigting deur stakende werkers te veroorsaak sodat die stad sal ingee en instem tot ʼn salarisverhoging, “wat ons weet die mense van Tshwane nie kan bekostig nie”.

“Die meerderheid van ons mense in die Stad Tshwane doen hul bes ondanks moeilike omstandighede.

“Ons sal voortgaan om hierdie kwessie te bestuur; ons sal aanhou om dienste te lewer en ons nie laat afskrik nie,” sê Brink.

“Ons verbintenis om duidelik en openhartig met inwoners oor die pad vorentoe te wees is steeds ʼn prioriteit; ons vra geduld terwyl ons die stad deur hierdie baie moeilike tyd bestuur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Charles ·

Ek vervloek die eerste dag waar bande by Afrika Lande se kus geland het.

hpven ·

Dit is nie bande se skuld nie. Mense met daardie mentaliteit sal enige iets brand om ander te verontrief of sommer net te vernietig.

Koos 100 ·

Hulle betoog teen die wat betoog!
Die free for all in die land begin nou bietjie terug byt.

Daisy ·

Absolute puik redenasie – om te vernietig en te brand gaan alle dienste verbeter – of nie

Vettiemaragartos ·

Hy sal van sy viool beroof word en seker nog vermoor word ook!

Harley Davidson ·

Die wet sê as jy drie agtereenvolgende dae nie by jou werksplek opdaag sonder ‘n rede kan jy afgedank word .Ek sou sê dank hulle af en stel mense aan wat wil werk.

Daisy ·

Ek dink daardie reel geld net vir sekere mense – Nie “Our People” wat aan unies behoort nie

Kokerboom ·

Hoekom laat SAPS toe dat die mense ALTYD paie ontwrig en vernietig?

Linda ·

As ons ongelukkig is dan brand ons af maar laat ons net daaraan dink !

Andries ·

Ag wat hulle kry seker koud en wil nie gaan werk nie,daarom maak hulle vuur

Jaco ·

Munisipale staking in Tshwane en taxi staking in Kaapstad: albei metros onder beheer van die DA. Dié dinge gaan net toeneem. SAPD sal die minimum doen om dié vandalisme teen “die rassistiese DA” te keer.

Stephen ·

Dit is dieselfde mense wat vir die bus wag wat hulle gister uitgebrand het.

KB ·

Hulle kan gerus hul paaie in hul eie woonbuurtes gaan brand. Wat soek hulle op openbare paaie in elk geval?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.