Bankbestuurder tronk toe ná miljoene voete kry

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

’n Voormalige bankbestuurder van FNB is vandeesweek tot effektief 15 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ’n dekade gelede meer as R3,6 miljoen uit ’n outomatiese tellermasjien (OTM) en ’n kliënt se boedelrekening gesteel het.

Aubrey Lepala Tlaka (45) is in 2012 reeds in hegtenis geneem nadat die diefstal by ’n FNB-tak in Kwaggafontein, Mpumalanga, oopgevlek is.

Die diefstal het tussen Januarie 2011 en November 2012 plaasgevind toe Tlaka as bestuurder van die bank gedien het.

Ao. Bonnie Nxumalo, woordvoerder van die Valke, sê Tlaka het oor die jare verskeie kere in die hof verskyn. Hy was nie in aanhouding nie. Hy is egter verlede jaar in hegtenis geneem en in aanhouding geplaas nadat hy versuim het om vir ’n hofverskyning op te daag.

Tlaka is op 25 Mei vanjaar skuldig bevind aan diefstal voordat hy Dinsdag eindelik in die Kwaggafontein-streekhof onderskeidelik 15 jaar en agt jaar tronkstraf opgelê is. Dié vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

SjN ·

Hy het net sy werk ernstig opgeneem en van dit huistoe geneem.

Andries ·

Dit is weer een van die wonders (absurditeite) van ons regstelsel – dat twee vonnisse gelyktydig uitgedien kan word terwyl jy net met een lyf in die tronk kan sit. Hy kon maar altwee vonnisse apart uitgedien het – dit is immers wat hy verdien! 15 + 8 is maar 23 jaar – wat haalbaar is.

Watsenaam ·

Wat die vonnis nog meer absurd maak, is dat mense wat moor ligter strawwe vir hul misdaad kry.

Plotman ·

Regswiel in land draai te stadig, oor 10 jaar om n uitspraak te kry. Dit sal nie koruptes afskrik nie

Marius ·

Kan ons nou die vonnis gebruik vir die res van kaders wat hulle self so help?
Die tydperk is egter n krisis , dit kan nie langer neem as 18 maande om by die gevolgtrekking te kom nie.

Nozi ·

Mooi man. Ek hoop hy het sy meer as R3.6m bele. Hy behoort dan ok te wees na 15 jaar.

Althes ·

Was hy die beste kandidaat vir die pos? Of het die bank se aanstellingswaarde verlaag?
N Verleentheid vir FNB.

Niklaas ·

So, met goeie gedrag stap hy uit die tronk sel na 7 o 8 jaar en dan kan hy redelik lekker leef op daardie 3.6 miljoen wat hopelik veilig weg belê is en dalks stewig gegroei het na ‘n paar jaar.

Martin ·

Dit is tyd dat die publiek soos hulle “leier” maak en ook begin bank by hulle eie bank onder die meubels…

Cherokee ·

Maar Martin, jy het immers seker ook ‘n bank in die sitkamer.

Yvonne ·

Hoekom neem dit so lank om sulke oortreders te straf…..hof is soos n hond sonder tande

Maritza ·

Vat maar lank jong. Ten minste sal hy nou betaal vir sy dade

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.