Banyana-vreugde teen Italië!

Banyana Banyana-spelers vier die wendoel teen Italië. (Foto: Twitter/Fifa)

Thembi Kgatlana se komkommerkoel-poging in bykomende tyd het nie net toegesien dat Banyana Banyana 3-2 met Italië in ʼn Wêreldbeker-wedstryd in Wellington kon afreken nie, maar sommer ook dat die span vir die toernooi se uitkloprondes kwalifiseer.

Die uitslag beteken dat die Suid-Afrikaners tweede in Groep G eindig en hulle sal volgende teen Nederland te staan kom.

Italië het vandag weliswaar vroeg die voortou geneem nadat Arianna Caruso haar strafdoelpoging netjies afgerond het.

Die Italianers het in die openingsalvo’s van die wedstryd lus vir sokker gelyk en hul flinke aanstuurwerk het gesorg dat hulle gereeld voorvoetbalbesit kon geniet.

Maar Banyana Banyana het gaandeweg hul voete gevind en hulle het hul teenstanders onder kwaai druk met hul dartellopies geplaas.

Die Italiaanse verdediging het uiteindelik ʼn krakie gewys toe Benedetta Orsi uit pure desperaatheid die bal terug na haar eie doelgebied gestuur het. Sy moes egter in afgryse toekyk hoe die bal verby Francesca Durante se duikslag teen die agterkant van die doelnet vasrol.

Skielik was die telling 1 elk en die Suid-Afrikaners het ʼn baie welkome momentum-inspuiting gekry.

Die vreugdevure het hoog in die tweede helfte gebrand toe Hildah Magaia die telling 2-1 gemaak het, maar Caruso het in die 74ste minuut weer sake gelykop gemaak.

Die wedstryd het op ʼn spannende einde afgestuur met al twee spanne wat goeie aanvalsgeleenthede geniet het.

Magaia en Kgatlana het egter in bykomende tyd uitstekend saamgewerk om Suid-Afrika se derde doel aan te teken.

Geskiedenis is inderdaad in Wellington gemaak.

Doelskieters:

Banyana Banyana: Benedetta Orsi (eie doel), Hildah Magaia en Thembi Kgatlana.

Italië: Arianna Caruso (2).

Banyana Banyana: Kaylin Swart (doelwagter), Noko Matlou, Bambanani Mbane, Bongeka Gamede, Karabo Dhlamini, Lebohang Ramalepe, Robyn Moodaly, Linda Motlhalo, Thembi Kgatlana (kaptein), Jermaine Seoposenwe en Hildah Magaia.

Groep G-punteleer:

  1. Swede: 9 punte
  2. Suid-Afrika: 4 punte
  3. Italië: 3 punte
  4. Argentinië: 1 punt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

miraclealigner ·

En om te dink, julle het nie lank terug nie die hele aangeleentheid geboikot Banyana Banyana…. Maar welgedaan nietemin.

Christian ·

Nog nie, hulle het die laaste 16 gehaal. As hulle Sondag teen Nederland wen sal hulle die kwarteindstryd haal (en dit is ‘n groot as)

Republikein in die Wes Kaap ·

Daai groepie is niks van my nie. Hulle verteenwoordig nie vir my nie.

Christian ·

Dankie vir die inset, jy het die wereld ‘n voller en beter plek gemaak om dit met ons te deel…

Republikein in die Wes Kaap ·

Dit was my plesier. Ten minste is ek nie een oomblik teen die ANC, EFF, BEE, kwotas en ‘n paar ander dinge nie, maar steun daarna die gevolge daarvan nie. Konsekwentheid is belangrik.

Marius ·

Dankbaar vir bietjie goeie nuus. Om te dink hulle is nie eers almal professionele spelers nie. Hulle wen darem wedstryde, anders as die hoogsbetaalde Bafana-manne

Pim ·

Ek hou nie van die sport nie maar ek is bly vir hulle. Hulle kom baie verder as Bafana! Hierdie klomp girls is great.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.