Bathabile Dlamini met R200 000 beboet vir meineed

Bathabile Dlamini (Foto: GCIS)

Bathabile Dlamini, die voormalige minister van maatskaplike werk wat skuldig bevind is op aanklagte van meineed, is Vrydag tot vier jaar tronkstraf of ʼn boete van R200 000 gevonnis. Indien sy kies om tronk toe te gaan, sal die helfte van die vonnis vir vyf jaar opgeskort word.

Dlamini se regsverteenwoordiger het in die landdroshof in Johannesburg aangedui dat sy kliënt eerder die boete van R200 000 sal betaal, wat met die helfte opgeskort is. Die staat het nie die besluit teengestaan nie.

Landdros Betty Khumalo het Dlamini opdrag gegee om Vrydag reeds R20 000 te betaal. Die oorblywende R80 000 is voor 29 April betaalbaar, anders moet sy tronkstraf uitdien.

“Indien sy versuim om die boete te betaal, sal daar onaangename gevolge wees,” het Khumalo in die hof gesê.

Dlamini is tans die president van die ANC se vroueliga en lid van die nasionale uitvoerende komitee (NUK) nadat sy in 2019 as minister bedank het.

Maroela Media het vroeër berig die aanklag van meineed hou verband met haar getuienis tydens ʼn ondersoek wat destyds deur die hoogste hof gelas is oor haar rol in die sogenaamde maatskapliketoelae-krisis van 2017.

Dlamini het vroeër onskuldig gepleit op dié aanklag van valse getuienis in 2018 voor die Konstitusionele Hof. Sy het deurgaans volgehou dat indien sy wel valse getuienis afgelê het, sy dit onwetend gedoen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

boerie ·

Sy moet dan maar die boete ook onwetend betaal , jy wil mos lieg.

ES ·

Sy is so arrogant, ek glo nie sy sal ‘n sent betaal of ‘n dag in die tronk spandeer nie.

Samuel ·

Piesang republiek geregtigheid. ‘n Gewone burger so gaan sit het, moontlik sonder die keuse van ‘n boete. Seker bedoel as ‘n April grap.

Theo ·

Die straf vir meineed is n boete of tronkstraf, of beide. My opinie sal wees dat sy beide moes kry gebasseer net op haar status en amp. Straf is heeltemal te lig, veral dat sy in die CC haar mag misbruik het om opsetlik te jok. Sy sal seker net n verhoging kry by die vroueliga aangesiem die hele ANC kaders almal met een of ander kriminele rekord sit. So dit is einylik net n bevordering vir haar.

Swerwer ·

Nou ja, as Dlamini tans die president van die ANC se vroueliga is , word baie dinge nou duidelik.

domheks ·

Regtig net R100,000 ??? Is dit ‘n April fool grappie??
Net in SA se regstelsel…..

Cornel ·

Sy betaal haar boete met die belastingbetaler se geld! Watter grap!!

Hennie ·

Boete gaan deur vroueliga betaal word. Ongelukkig is sy nie ongeskik verklaar om openbare posisie te beklee nie.

Willempie ·

Ek lees dat die boete R200,000 is. Die berig lees sy moet Vfydag R20,000 betaal en die oorblywende R80,000 voor einde April .Hoekom die afslag van R100,000. O ja, kaders is bo die wet verhewe.

Mariana ·

En ongeag sal als in die middel verdeel word, 2jaar tronk of 100 000 boete. Ek is verbaas dat sy enigsins gestraf word. Hoe dit ookal sy ten minste is daar straf. Seker iets waaroor ons kan dankbaar wees.

Misky ·

Van wanneer af kan ‘n boete nou opgeskort word? Sommer helfte minder en dan beteken die uitspraak mos niks nie. Sê dan net R100 000 en klaar. Ons regstelsel is ‘n klug en meineed word nie ernstig opgeneem nie.

Theo ·

Dit is n bevordering binne die kringe van die ANC. So sy is nie te bekommerd nie.

N ·

Dit is presies dieselfde as ‘n ligte tikkie oor die vingers en mooi vra om dit nie weer te doen nie. Wat n grap.

Nie Verbaas ·

Hoekom kry sy n opsie van boete? Met vol sakke is dit vir hulle n grap.

FC ·

Daar is nie n minister wat nien miljoener is nie. Die dame as sy so kan geld uithaal seker ook daar naby

anko ·

Sy betaal waarskynlik direk uit haar beursie. Dis absoluut absurd. ‘n Gewone burger sou heel moontlik boete en tronkstraf moes doen. So cover die cANCer kaders vir mekaar

Owlie ·

Hoe is dit regverdig dat n boete af betaal word maar die gewone men’s op straat moet onmiddellik betaal – is daar nie meer so iets soos indien jy n kriminele rekord het jy van jou titel/amp/pos othef word nie of geld dit ook net vir die gewone mens

piet ·

Nou wat sal die opskortingsvoorwaardes wees vir ‘n boete, dieselfde as by opgeskorte tronkstraf?

Johanna ·

Nou verstaan mooi…
As enige reg-denkende intelegente mens met n gewete skuldig bevind word aan meineed……. Dan bedank jyself uit posisies waarin jy dien want jy WEET jy is n klad op die naam van enige besigheid..
Gaan hierdie vrou self loop of gaan sy bly. As sy bly….gaan dit WEER OOR GELD.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.