Bathabile Dlamini pleit Woensdag

Bathabile Dlamini. (Foto: Flickr/GovernmentZA)

Die verhoor teen die voormalige minister van maatskaplike ontwikkeling, Bathabile Dlamini, sal eindelik Woensdag in die Johannesburgse landdroshof begin.

Dit volg nadat die direkteur van openbare vervolging (DOV) besluit het om Dlamini vir meineed of die aflê van vals getuienis te vervolg.

Dlamini sal Woensdag in die hof verskyn waar sy na verwagting op die aanklagte teen haar pleit, voordat die staat sy eerste getuie roep.

Die aanklag teen Dlamini hou verband met haar getuienis tydens ʼn ondersoek wat destyds deur die Konstitusionele Hof gelas is oor haar rol in die sogenaamde maatskapliketoelae-krisis van 2017.

Dlamini het glo misluk in haar plig om te verseker dat die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) behoorlik in staat was om die betaling van toelae oor te neem. Sassa moes die betalings behartig nadat ʼn ongeldige kontrak met Cash Paymaster Services beëindig is.

Regter Bernard Ngoepe, wat in 2018 die ondersoek gelei het, het in sy verslag bevind die minister het nie net haar plig versaak nie, maar ook versuim om bepaalde inligting aan die hof bekend te maak weens vrees dat sy in haar persoonlike hoedanigheid vir die krisis aanspreeklik gehou kan word.

Die Konstitusionele Hof, wat Dlamini se optrede as roekeloos en nalatig bestempel het, het gesê die DOV moet besluit of Dlamini onder eed gelieg het en vir meineed vervolg moet word.

Die DOV het intussen die proses aan die gang gesit om Dlamini te vervolg en sy het reeds in September in die Johannesburgse streekhof verskyn. Die saak is tot Oktober uitgestel sodat die inhoud van die dossier deur haar regspan bestudeer kan word.

Dlamini het in 2019 as minister bedank en is tans die president van die ANC se vroueliga en lid van die nasionale uitvoerende komitee (NUK).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Pieter ·

Ag asb sy is soos zuma en al die menisters maak net soos hulle wil hoekom ons belasting geld so mors. Die anc land het nie meer n hof nie dit is nou n sirkus met baie narre

jzjz05 ·

Sy hoef nie bevrees te wees nie ,as sy tronk toe gaan sal sy terminaal siek word en op mediese parool gaan Dit is hoe kaders handteer word

Anel ·

Om voorsitster te wees maak nie van haar ‘n chopper pilot nie. Sy bly ‘n misdadiger.

casper ·

Kom raai
1. Nie skuldig nie
2. Appelleer teen die uitspraak
3. Vat dit na die hoog geregshof
4. Vat dit na die konstitusionele hof
5. Word geweldig siek
6. Tronk toe vir 2 dae en dan uit op parool !!
7. Neem Golf klasse

Frank John ·

Die mense dink dat as jy ‘n minister of president is jy kan maak wat jy wil en dan is jy untouchable.

Di ·

Dis presies wat gebeur as jy ‘n useless, onbevoegde persoon in beheer sit van iets. Die hele ANC spul is slegter as sleg

JohanR ·

Wat pleit sy voor….nog ‘n dop, of sommer die hele bottel!

My siening ·

Ja kom ek sê eerder niks want kriminele kry posisies in die land en het al die sê nê cyrel!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.