Beampte maak moordenaar swanger

Argieffoto: SAPD

ʼn Polisiebeampte van Noordwes is afgedank nadat hy glo ʼn gevangene, wat verhoorafwagtend vir moord was, swanger gemaak het.

Volgens kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, het die voorval in Oktober verlede jaar plaasgevind terwyl die gevangene by die Stilfontein-polisiestasie in aanhouding was.

“Die vrou is voor haar hofverskyning van die Rooigrond- korrektiewe sentrum in Mahikeng na die Stilfontein-aanhoudingselle oorgeplaas. Sy is intussen 30 jaar tronkstraf opgelê en weer tronk toe geneem.”

Die vrou het egter in Maart vanjaar ontdek dat sy swanger is en bewaarders het die polisie in Stilfontein daarvan in kennis gestel.

“ʼn Saak is nie teen die betrokke beampte gemaak nie, maar hy is in Augustus tydens ʼn departementele verhoor, ingevolge die polisie se dissiplinêre regulasies, afgedank,” het Myburgh gesê.

Lt.genl. Sello Kwena, die provinsiale polisiekommissaris in Noordwes, het gesê onetiese gedrag sal nie in die polisiediens geduld word nie.

“Gedrag soos dié gee die polisie ʼn slegte naam.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Gerhard ·

Uhm……..nee gedrag soos die gee nie die polisie n slegte naam nie, die polisie het alreeds n slegte naam….en ek is so jammer vir die lojale, eerbare polisiebeamptes wat by hierdie slegte naam ingesleep word. Ek het familie en vriende in die polisie wat al te skaam is om na ure in hulle uniform gesien te word en wil nie eers vir mense se dat hulle vir die polisie werk nie. jammer dat almal onder dieselfde kam geskeer word.

Anel ·

Asseblief! Hulle kan nie ‘n nog slegter naam kry as wat hulle alreeds het nie!

Niklaas ·

Wil jy wed ? Jy sal verbaas wees hoe sleg kan hul nog word.

A ·

@tiptol

Jy kannie toestemming gee as jy ‘n gevangenis is nie. Die tronkbewaarder is in ‘n magsposisie.

Marcello ·

Ek stem saam, omdat dit ‘n Polisie beampte is, word dit “sagkuns” gestel met die woorde: “swanger gemaak” ipv verkrag.

Maritza ·

Hoe weet jy? Kan nie sulke aantuigings maak sonder bewyse nie.

SlinkseKoljander ·

Gedra soos die??? Hulle het al lankal `n slegte naam vir baie erger goed.

Francois ·

Lt.genl. Sello Kwena, die provinsiale polisiekommissaris in Noordwes, het gesê onetiese gedrag sal nie in die polisiediens geduld word nie.

“Gedrag soos dié gee die polisie ʼn slegte naam.”

Wat n grap

Kerneels ·

My hart huil vir die arme kind wat uit hierdie ongunstige omstandighede gebore gaan word…

Jack ·

Is vroue gevangenes nie veronderstel om deur vroulike bewaarders in vroue tronke in bewaring gehou te word nie. Hoe het ‘n manlike polisie beampte toegang tot haar verkry. Alhoewel ‘n vrou reeds die eerste keer wat sy gemeenskap het kan swanger raak gebeur dit nie sommer nie, dit verg dat versskeie faktore gelyktydig moet plaasvind. Sy is dalk as seksslaaf in die Stlfonteid aanhoudingselle aangehou? Hier steek meer agter as wat in die berig staan. Dit is alles tekenend van die totale verswakking in bestuur wat onder ANC regering ingetree het.

Willem ·

Hierdie cele clowns verras ons elke dag meer en meer!!!Mooi so hoed julle is puik voorbeeld vir landsburgers!!!!!

Porseleintjie ·

In Okt gebeur en meld dit eers in Mrt aan?? Klink nie vir my na verkragting nie. Eerder asof die gevangene voordele vir “gunsies” kon gekry het en toe sy 5mnde later vind die gunsies loop uit op gevolge, skree sy wolf. Gevolge wat maak dat die oortreder, die gevangene en die kind die belastingbetaler se verantwoordelikheid word.

Vicky ·

Ek was in 2012 vir vier dae in die selle in Stilfontein nadat ek gedrink en bestuur het…(ja ek was stupid en het my dues betaal). Polisiemanne wat net instap terwyl die vrouens stort en dan aanmerkings maak oor hulle geslagsdele. Polisiemanne wat die vrouens uit die selle kom haal om te “help kos maak” en dan ñ uur later ñ gebroke vrou wat terug kom in trane nadat hulle sexueel misbruik was. Ja,ek sè dit want dis waar!! Stilfontein en die hele KOSH area (Potch,Klerksdorp,Orkney) stink na ñ spul gemors polisiemanne. So? Is sy swanger uit vrye wil uit..dis mý vraag?!

Porseleintjie ·

Vickey mens kom tog nie op 5maande eers agter dat jy swanger is nie? My mening is dat sy vrywillig deel gehad het. Toe sy egter vind dat sy swanger is het sy moontlik eise gestel wat nie gerealiseer het nie. Onthou sy moes tog geweet het sy gaan lank in die tronk wees vir moord. Sou dit nie die geval gewees het nie. Hoekom het sy nie toe sy wel in die hof verskyn het vir die regter, haar prok, adv of verteenwoordiger van die verkragting dan vertel nie?? Sy was verhoorafwagtend?? Dit maak mos nie sin dat sy wel geleenthede tot haar beskikking gehad het en dan na 5mnde eers praat nie.

Vicky ·

Dis nie my punt nie. Ek was dààr,ek het dit self beleef hoe daai polisiemanne die vrouens teister. Hulle is te bang om by die mans in te gaan,maar frequent die EEN vroue sel wat daar is. Ek sal nie verbaas wees as sy wel verkrag was nie,dis al wat ek sè.
Baie vrouens raak swanger deur hulle verkragters en verkies om stil te bly. Dalk hèt sy ingestem,maar dit gaan baie moeilik wees om my te oortuig.

JAN ·

Verkragting tydens aanhouding is die gunsteling tydverdryf en dit geld veral onder mans. Kondome word openlik beskikbaar gestel deur Korrektiewe Dienste. Dit is soos die tronke van die Donkereeue.

Peach ·

Volgens my behoort die polisie beampte ‘n medalje vir uitstekende gemeenskap diens te ontvang.

Genis ·

Liewe aarde, het die SAPS geen skaamte nie? Soos die Ingesman se: “on the job”… Maar in SA is dit nie ongewoon nie….

Swerwer ·

Genade, wat nog! Wys jou net jakkels verander van hare maar nie van streke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.