Begroting: Meer geld vir maatskaplike toelae

Tito Mboweni, minister van finansies, lewer sy begrotingsrede in die parlement. (Foto: Verskaf)

Die minister van finansies, Tito Mboweni, het gedurende Woensdag se begrotingsrede ’n verhoging in maatskaplike toelae aangekondig.

Volgens die minister sal ouderdomstoelae, ongeskiktheidstoelae en sorgafhanklikheidstoelae met R80 tot R1 860 per maand styg. Oorlogsveterane sal dieselfde maandelikse verhoging geniet.

Pleegsorgtoelae styg met R40 tot R1 040 per maand, terwyl kindertoelae met R20 tot R445 per maand styg.

Mboweni het verduidelik dat veranderinge aan die manier waarop maatskaplike toelae aan die land se 18 miljoen begunstigdes voorsien word, ’n jaarlikse besparing van R1 miljard opgelewer het. Dié geld dra by om die verhogings te kan befonds.

Maroela Media het vroeër berig salaristrekkers kan ook effense verligting verwag in die persentasie belasting wat in die komende boekjaar op hul inkomste gehef sal word.

“Hardwerkende Suid-Afrikaners kan werklik ʼn verligting in inkomstebelasting verwag,” sê Mboweni. “ʼn Onderwyser wat ongeveer R460 000 ʼn jaar verdien, sal byvoorbeeld R3 400 ʼn jaar minder aan belasting betaal. Belastingbetalers wat gemiddeld R265 000 ʼn jaar verdien, sal jaarliks ongeveer R1 300 minder belasting betaal. As jy R10 000 ʼn maand verdien, sal jou belasting met 10% afneem en as jy R100 000 ʼn maand verdien, sal jy 1,5% minder inkomstebelasting betaal,” sê Mboweni.

Dié bepalings geld vanaf 1 Maart 2020 tot 28 Februarie 2021.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Leeuwyfie ·

Dis werklik ‘n kommunistiese land. Daar is meer mense op toelaes as wat daar belastingbetalers is, en tog, hoe meer geld jy maak hoe meer belasting betaal jy. Dit verseker dat mense nie meer wil verdien nie. Die mense wat meer betaal word se geld word byna met die helfte gesny. Hierdie mense is in meeste gevalle ook die werkskeppers, dit beteken die helfte van hul besigheidsgeld word ook gevat. Hoekom dan werk skep? Alles in die land werk daaraan om mense te beperk om meer te wil verdien.

marius ·

Hy weet presies in wat se haglike situasie die land verkeer . Sy opdrag van sy heersers is om toffies uit te deel sodat hulle nie gestenig word nie . Dis die waarheid .

Dries ·

Hoe meer mense, hoe meer toelae. Spreek bevolkingsgroei en gesinsbeplanning aan!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.